God het nog altyd n inwoning in die mens gesoek, hierdie inwoning het Hy in Jesus Christus gevind. Hy het die plek van Inwoning vir God geword. Christus se doel was nog altyd dat die christendom, net soos Hy die plek van God se inwoning sou word. Dit was nog nooit die bedoeling dat Jesus Christus die enigste of die spesialle woonplek van God, in Hom sou wees nie. Die eindlike eiendoel was dat die christendom die kerk, net soos Hy ,n Heilige woonplek van God sou wees. Die verkondiging van die evangelie was, sodat deur God en Jesus Christus, baie kinders wedergebore sal word. Die bediening van Christus was dan ook om die mens van Sonde te bevry, en net soos Hy self as Seun van God, hulle ook seuns van God temaak. gebore uit God gebore, uit Christus. Dit was die werk en volmaakte doel van ons verlosser en redder Jesus Christus.
1Co 15:28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Soos wat God alles aan Hom onderwerp het, sal Hy ook Homself na alles aan God onderwerp vir die finalle doel. Sodat God alles in almal sal wees, en wanneer die wil van God vervul is, dan sal ook die redende genade van God eiendig en sal Jesus Christus se redding en die Evangelie vir die wereld eiendig. Ons is bewus van die christen stryd, wat ook in ons natuur is, maar is nie bewus daarvan dat daar n tyd sal kom wanneer die oorwinning van Jesus Christus as redder van die wereld, ook tot eiende sal kom nie, sy bediening sal afgehandel en voltooi wees.
Daar sal ook n tyd kom wanneer die hele wereld, Christus sal herken en in Christus verlos sal wees, sodat God alles in almal sal wees. En die verlosende genade van Christus sal ook tot eiende kom,dit sal afgehandel wees en sal nie meer nodig wees nie, dan het Hy Sy bediening vooltooi en afgesluit. Tog God sal nie alles in almal wees nie, daar is n heiligmakende proses, tot dat die wil van God eers heers in elke hart en siel van die mens. God is heilig en soek n heilige woonplek. Jesus het in alles die wil van die Vader voltooi, en tot Sy dood, die opstanding hemelvaart en verheerliking het die krag van God in Hom gewoon as die Seun van die mens, en het Hy ontvang alle mag in die hemel en op Aarde.
Eph 1:21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
Eph 1:22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
Eph 1:23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Net soos wat Jesus gesterf het vir die sonde , net so is die wereld dood in sonde,en ongeregtigheid en in die skeiding in God. En net soos wat Jesus opgewek is uit die dood , het hy die band van sonde vernietig of opgehef, en die natuur van die mens herskep in n nuwe skepsel en sodoende die mens weer verenig in eenheid met God. En Jesus het in Homself die twee verenig en vrede gebring God in die mens en die mens in God. Dit bring die vrede en geregtigheid wat die siel van die gelowige ontvang, en dit bring hom uit die hou van sekere self godsdienstige opgelegte beginsels en wette ook van raak nie smaak nie roer nie, die wie Hy vry gemaak het is waarlik vry. Dit bring die siel van die gelowige in eenheid met Christus gebind in heiligheid en liefde, Christus in my en ek in Hom, dit bring die volkome transformasie van die nuwe skepsel, al die emosies gevoel en gemoed het verander en die menslike aardse natuur se heerskappy het opgehou, ek leef nie meer nie, en hom uit eiendelik n nuwe skeping van God gemaak. Waarin God kan woon. Dit is die wonder van die reinigings krag van Christus in die hart en natuur van die mens, hierdeur wil Hy jou hart en myne net so reinig en heilig maak soos Sy eie, sonder rimpel en sonder vlek, sodat Hy ons rein en heilig voor God kan stel, waarin ons kom ook as sy bruid bekleed met fyn rein linne. Hy het ons ook konings en priesters van onse God gemaak en mede erfgename.
Die doel van die gawe van lering is om die gelowige op tebring tot op die selfde diepte en platform as wat die leerder besit. Om die gelowige te laat groei in sy eie ontwaking na die soeke van kennis en waarheid. Dit is presies wat Jesus wil bereik in elke wedergeborene. As n verlosde gelowige wat is die standard,van ons verlossing, is dit nie maar wat Hy ons Van Homself gegee het nie, Sy natuur ,geaartheid karakter en gesintheid.
1Jn 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Die toetalle reinging is ook vir hierdie.
Eph 5:27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
En die mens die tempel en woonplek van God kon word., waardeur Sy heiligheid vertoon kan word. Die reiniging van die kerk deur Hom is die bewys aan die wereld van sy reininging, sonder rimpel en sonder vlek, heilig van binne en heilig van buite Jesus Christus in die mens en die mens in Hom,in n nuwe skepping wedergebore in n nuwe skepsel na Sy beeld waarin Hy die wonder van Sy liefde bewys, dat Hy ons reinig en red om in Sy teenwoordigheid te mag kom ,deur die werking van die Heiligegees waarin Hy ons ook bring in n verhouding van lewe met God. Paulus bevestig dit wanneer hy se –
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Die Heiligegees se doel en werk is om ons tebring in die natuur geaartheid en gesintheid van Jesus. Dit het die Apostels en die eerste kerk se leef wyse geword. Dit is ook die doel van God deur die inwoning van Sy gees ,die beginsel van heiligmaking om elke christen te herskep na die beeld van Sy Seun waardeur of waarin God Homsel kan vertoon in elke gelowige. Die werkende krag van die Heiligegees van God , het deur Hom die woord van liefde, die woord van oortuiging geloof krag en hoop gebring na elke gelowige wat glo. Daarom die Heiligegees ondersoek alles binne ons, ook ons lewens wyse.en word n eenheid met ons.en berei ons voor vir die inwoning van God.
Ek maak klaar.
Dit is die wonder van die natuur van die mens dat in n eenheid met Jesus, ons herskep hervorm kan word as die tempel die plek van inwooning van God. God in die mens en die mens in God. Laat ons ons lewens so instel en voorberei, en kom na Hom Heilig en sonder gebrek. Soos God gese het, Wees heilig want ek is Heilig. Amen
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.