Die hele skepping is in tyd ruimte en materie geskep, die vraag is nou: Is God ook gebind deur tyd, ruimte, materie en selfs swaarte krag. Die antwoord is nee dit wat Hy geskep die hele skepping, het geen invloed op God nie, Hy is ook glad nie gebind daardeur nie.
Gen 1:1 In die begin ( tyd ) het God die hemel (ruimte)en die aarde (materie)geskape.
God staan heeltemal buite die skeppings proses. In die begin { tyd } het God die Hemel {ruimte} en die aarde geskape {materie}. God staan dus heeltemal buite Sy skeppings proses as skeper en daarom het hierdie faktore geen invloed op Hom nie. En tog is alles volgens die wetenskap vas gevang in hierdie elemente, en wil hulle God ook onderworpe daaraan maak en Hom dus as n ingeperkte God bewys wat die Christene dien,Hy is dus glad nie n God nie.
So in hierdie skeppings proses van God wat sal tyd beteken, as daar nie ruimte is nie, en wat so die betekenis van ruimte wees as daar geen materie is nie, Bv; die Aarde, sterre planete son en maan ens. Dit is soos n ingenieur wat n Boeing vliegtuig ontwerp en bou, die vliegtuig wat bestaan, het op sig self geen invloed op die ingenieur nie, alhoewel die vliegtuig ruimte nodig het om te kan werk of vlieg, en gebonde is aan tyd en uit materie bestaan getuig die vliegtuig van die ingenieur se skeppings vermoe en selfs die binne ruim bewys sy teenwoordigheid en almal wat binne in die skepping of vliegtuig is beweeg eet loop en sit, selfs die skepper se teenwoordigheid is ook orals binne in die vliegtuig teenwoordig en tesien
Soos die skrif se .
Act 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons,
God staan dus buite die skepping en het tyd, ruimte en materie geen invloed op Hom nie, net soos met die ingenieur, tog is God orals teenwoordig en kan Sy vermoe en skeppings krag duidelik gesien word.
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid.
God is gees.
Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Tog het God n Persona en sy gees is n bestandeel van Hom. As tyd ruimte en materie enige invloed op God gehad het kon Hy nie God wees nie, dit sou n invloed op gehad het, maar as God en skepper staan Hy buite dit alhoewel hy ook bo, onder en in dit is, alles maar alles is en bestaan in die Godheid. In Hom is ons leef ons en beweeg ons.
Die hele skepping getuig van die teenwoordigheid en almag van God.Die wetenskap beweer dat dinge soos emosie. haat nyd jaloesie oor duisende jare in die menslike brein ontwikkel het, maar wie weet wat die brein nog mag ontwikkel oor nog n paar duisend jaar, as dit waar sou wees sou ek my brein nooit vertrou nie.
Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Ons is geheel en al presies die selfde as God na Sy beeld na Sy gelykenis is ons geskep en geformeer.Met elke bestande emosie wat ons besit, dit was in ons skeppings proses klaar in die siel geskep as deel van die menslike wese.Selfs God toon emosie soos liefde, hartseer woede ens.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Gen 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
Gen 6:6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
Dit bewys dat God ook emosie besit selfs woede haat liefde ens. Abel het ek lief gehad maar Esau het ek gehaat.
Selfs Woede.
Deu 9:14 Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou ‘n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.
Deu 9:15 Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.
Deu 9:16 Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle ‘n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het.
Deu 9:25 En ek het neergeval voor die aangesig van die HERE, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die HERE gesê het dat Hy julle wou verdelg.
So die vier pilare van die skepping Tyd ruimte swaartekrag en materie het dus geen invloed op God wat as skepper buite dit staan nie. Net soos die skepper van die boeing vliegtuig, het die vliegtuig self geen in vloed op die skepper nie al sou die skepper van diie vliegtuig ook sy teenwoordigheid binne in die vliegtuig plaas in sy persona en getuienis lewer van Sy skepping. So die God wat ons dien is in alle opsigte God.
Soos Hy self getuig . .
Isa 45:5 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.