Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die predeking van die groot doop aan die gelowige was in die vyftig en sestige jare n prominente deel van predeking, en gelowiges is in groot getalle deur onderdompling gedoop. Die gevolg van die gehoorsaamheid aan die woord deur jou na bekeering te laat doop, het vervolging deur die drie susters kerke die lewe van gedoopte gelowiges hel gemaak en is skel name soos die wederdopers, die Apostolies is jy toe gevoeg en was jy gebrandmerk op jou werk soek CV, en die kans om in diens geneem teword feitlik nul. In die tyd tot in die laat tagtigs is die doping van die heiligegees deur baie in die gemeentes ontvang spreking in tale was algemeen. Vandag het die Christen groot doop geleidelik sy plek in die kerk en wereld verloor en het nie meer daar die promenensie van vroee’r in die kerk nie. Die doop was eens die krag van die kerk met die doping van die Heiligegees wat daarop gevolg het. Die Heiliggegees wat besit geneem het van die gelowige. Hierdie werklikheid van die belangrikheid van die doop het verlore gegaan.
Gedurende die groot vervolging van die Romeinse Ryk, wanneer n gelowige hom as n Christen sou ontbloot deur hom openlik te laat doop as n getuienis van sy Christenskap, is hy van al sy besittings ontneem en gebrandmerk hy het geen reg meer besit nie, en ook burgerskap is jou ontneem. In die vroeere kerk was die vraag oor die doop so diep in die Christen hart, dat dit n voorreg was om voor die wereld sy getuienis van sy Christenskap in die doop, as kind van God te bewys. Dit is hierdie innige begeerte wat verlore gegaan het in die kerk, hulle was vervolg gemartel mishandel, moes teen wilde diere veg soos die skrif se die wereld was hulle nie werd nie het skaap velle gedra in spelonke gewoon, nie teenstande dit alles steeds bereid was om alles te verdra as kind van God, selfs die dood. Daar word gese dat in die eerste vier honderd jaar na Christus soveel as dertig miljoen gelowiges hulle lewe vir God afgele het. Die Christen Fondasie is in bloed gele. Daar is n bewussyn van God, Sy teenwoordigheid, Sy krag, Sy lewe wat so besit van die mens neem dat niks anders meer saak maak nie selfs nie die dood nie. Vandag bring ons babas om besprinkel te word (gedoop) te word wat nooit so was in die begin nie, en word jy deur die gereformeerde kerke verwerp as jy jou laat grootdoop. Christenskap besit n sterk karakter, om n Christen te wees in die begin het beteken om alles tegee, om alles te verdra wat ook al sou kom, gereed om te ly en ook te sterf as dit moet, dit was hulle karakter, die kwaliteit van hulle Christenskap, hulle het die wereld verander. Hulle het n God bewussyn besit wat die kerk verloor het.
Die belangrikheid van die regte groot doop en die regte onderdompeling.
Ons begin by die doop van Johannes om dit te verstaan.
Mat 3:1 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
Mat 3:2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Mat 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
Mat 3:4 En hy, Johannes, het ‘n kleed gedra van kameelhare en ‘n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
Mat 3:5 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
Mat 3:6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
Om deur Johannes gedoop teword was belydenis van sonde noodsaaklik.
Mat 3:7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
Mat 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Na belydenis en die doop was vrug dra n vereiste.
Mat 3:9 En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
Mat 3:10 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Mat 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Mat 3:12 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
Johannes die doper het in die vorige era n dispensasie afgesluit. Hy het die offer gawe vir sonde tot n eiende gebring, en die deur oop gemaak van n nuwe dispensasie met groter en dieper kennis in God soos wat die een dispensasie oorgaan na n ander dispensasie, in die openbaar maaking van God. Die Jode het in sonde verval en af gewyk van die wet. Johannes se bediening was die predeking van die terugkeer na God met bekeering van die hart, instede van Godsdienstige verordeninge. Johannes die doper was die laaste profeet in sy dispensasie en die enigste oor wie geprofeteer was deur die profeet Jesaja.
Mat 11:13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
Hy kondig die nuwe dispensasie aan.
Sy boodskap was n boodskap van bekeering.
Mat 3:1 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
Mat 3:2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Mat 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
Isa 62:10 Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek ‘n banier op oor die volke!
Die doop was die inkom van die Christen in die koninkryk van God die ontvangs van n hemelse burgerskap n nuwe skepsel met die wete dat wat ook al sou kom watter verdrukking ookal sou gebeur, een ding te doen, n openlike getuienis voor die wereld voor mense, Demone en Engelle voor God, deur n publieke handeling van hom self te bewys dat hy n dissipel van Jesus Christus is, sy getuienis daarvan openlik gedoen deur die grootdoop van onderdompeling, die begeerte vas gebrand in sy Hart.
Die doop van Johannes luister mooi.
God het Johannes die doper beveel om te doop en almal wat na hom toe gekom het om gedoop te word is gedoop deur onder dompeling in die naam van Die vader, net in die een naam tot vergifnis van Sonde, hierdie doop was slegs een handeling een onderdompeling gedoop in God. Die messaia Jesus het toe nog nie op die toneel verskyn nie.
Mat 3:7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
Mat 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Paulus verwys na die doop.
Act 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
Act 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
Johannes se doop van bekeering het hulle verbind in geloof in God maar wanneer die Christus sou kom hulle In Hom ook sal glo en Hom aan neem. Johannes se doop was dus n eenmalige onderdompeling in die naam van die Vader na bekering. Al die gedoopte Dissipels van Johannes is in God in gedoop.
Met die koms van Jesus bring Hy n nuwe doop, en stel dit in.
Met die verskyning van Jesus Christus het Johannes bevestig dat Hy die Een is in wie hulle nou moes glo.
Joh 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
Joh 4:1 Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes—
Joh 4:2 alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels—
Geloof word nou n vereiste.
Jesus het nie self gedoop nie, hier is n nuwe doop wat ons moet sien, dit is nie die selfde as die doop van Johannes nie hier het geloof ter sprake gekom. Daar is n verskil, die doop van Jesus was tweeledig in twee name in die naam van die Vader en in die naam van die Seun Jesus die verlosser, daar was twee aksies twee onderdompelings. Die doop van Johannes tot bekeering en die doop van geloof in die naam van Jesus. Die Apostels het n duidelike verskil in die doop van Johannes en die doop van Jesus uitgewys die doop van Jesus was n twee malige handeling van onderdompeling in die water nie een maal nie maar twee maal.
Act 8:29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
Act 8:30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
Act 8:35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Act 8:36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
Act 8:37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
Act 8:38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
Die verskyning van die Christen doop.
Hierdie twee gebeure is nie die Christen doop nie, die Christen doop is baie meer as dit dit was die voorloper van die Christen doop die Christen doop is meer as geloof in God die Vader, meer as geloof in die Seun van God. Die doop van Jesus het gevolg op die doop van Johannes en was gedoen tot op die dag van die uit storting van die heiligegees. Net voor die hemel vaart van Jesus het hy die volgende vir Sy dissipels gese.
Die instelling van die Christen doop.
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Nou vir die erste keer verskyn n nuwe naam deur wie niemand nog ooit gedoop was nie. Vir die eerste keer verskyn die Drie eenheid aan die mens in wie hy moes glo.
God die Vader, God die Seun, en God die Heiligegees.
En die Christen doop in water is ingestel deur onder dompeling in die naam van die Vader, die Seun, en Die heiligegees die onderdompeling geskied in elke naam en is nie n eenmalige gebeurtenis nie. Sonde belydenis is n vereiste en geloof in God die Vader, die seun Jesus Christus, en die Heiligegees om gedoop te word.
Die regte Christen doop.
Die vroeere kerk het die dissipels gedoop nie met een onderdompeling in een naam nie maar met drie onderdompelings in die drie name God die vader, God die Seun en God die Heiligegees, in die drie verskillende name van die drie eenheid. Enige ander manier van doop sou on bybels wees, en indien jy nie so gedoop is nie laat jou oor doop.
Ek sluit af.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Om jou telaat doop is die getuienis van jou geloof en wedergeboorte om burgerskap te verkry van die Koninkryk van God. Eers die doop van Johannes, een onderdompeling, toe die doop van Jesus twee onderdompelings, en uiteiendelik die ingestelde Christendoop in drie name, God die Vader, Jesus die seun en die Heiligegees. Die regte Christen doop. As jy jou nog nie met die regte doop laat onder dompel het nie, volg die woord en nie kerk leerstelling nie.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty Van Vuuren M.S.