Die Wat Verlore Gaan Sonder Vrugte – en die heerlikheid waarmee ons hemelse liggaam bekleed sal word

Die oes van die regverdiges in die eiendtyd. The harvest of the righteous.

Rev 14:14  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel.

Rev 14:15  En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.

Mat 24:44  Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. 

Rev 14:16  En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai,

Op die laaste dag met die laaste basuin met die aankondiging van die wederkoms.

1Co 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

Die dode word eerste opgewek op die laaste dag, daarna word ons opgeneem ook op die selfde dag.

Joh 6:39  En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. 

Joh 6:40  En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Die vroe’e oes wat voor die oes van die kerk gebeur op die laaste dag.

1Th 4:14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

Openbaring 14:1, –  7:4, – 11: 7

Ook die twee getuies.

Die wat deur die dier dood gemaak is sodra hulle getuienis afgehandel is (die Antichris die dier genoem in die verdrukking Apollion of Abaddon. Those killed by the beast the Antichrist. The first fruits die eerstelinge, die manseuns die 144000 uit die kerk en die 144000 uit die twaalf stamme van Israel, kom  uit onder die altaar en kom ook saam met Christus.

1Th 4:15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

Met die wederkoms met die laaste basuin word al die dode eerste opgewek almal wat ontslaap het in Christus, en ons wat lewe word verander alles op die laaste dag. Maar daar is die vroee oes wat ontslaap voor die wederkoms, die Manseuns, the first fruits, die 144000.

Rev 11:3  En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.

Rev 11:4  Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

Die twee getuies getuig gedurende die verdrukking, eerste die twee olyfbome die twee getuies die 144000, uit die vrou bekleed met die son en die 144000 uit die twaalf stamme van Israel daarna getuig die twee kandelare die ou en nuwe kerk in Christus. Die eerstelinge the first fruits die manseuns die 144000, hulle is ook die eerste in die opstanding in die verdrukking.

Rev 14:4  ; These are they that follow the Lamb whithersoever he goeth. These were purchased from among men, to be the firstfruits unto God and unto the Lamb.

Rev 11:7  En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak. (Apollion die prinsepality)

Rev 11:11  En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.

Rev 11:12  En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

Die eerste opstanding van die dode die twee olyfbome. The first fruits, hierdie is nie die oes van die kerk op die laaste dag wanneer die oes oorryp geword het nie. Na die oes van die regverdiges die twee getuies, kom die oes van die liggaam van Christus die kerk op die laaste dag. Paulus gee vir ons die volg orde van gebeure.

1Co 15:23  But each in his own order: first Christ then the firstfruits; then they that are Christ’s, at his coming.

Daar bestaan nie iets soos n wegraping nie. Eers Jesus daarna die twee getuies  2 x 144000 daarna die liggaam van Christus die kerk. Die wegraping leerstelling is vals. Daarna kom die oes van die goddelosse , (die aarde bewoners) in die dag van die Here die dag van Wraak in die oorlog van Armageddon en die plae.

Die Plae.

REV14;17 En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad;

Rev 14:18  en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, engesê:

Slaan jou skerp sekel in en samel diE trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword op die veertigste dag wanneer die wederkoms afgehandel is en die kerk veilig in die ark is by Christus.

Rev 14:19  En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.

Zep 3:8  Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word! 

Die oorlog op die dag van die Here wanneer hy kom met sy leers om die goddelose te vernietig, ook op die laaste dag.

Rev 19:11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

Rev 19:14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

Rev 19:15  En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

Rev 14:20  En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.

Zec 14:15  En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.

Zec 14:1  Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!

Zec 14:2  Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.

Zep 3:8  Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word! VERWAG MY OP DIE LAASTE DAG  DIE DAG VAN OORLOG.

Jer 25:33  En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.

Isa 63:3  Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.

Isa 63:4  Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.

Zec 14:3  En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.

Zec 14:16  En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.

Nie almal sterf nie die wat nou oorbly gaan in die duisend jarige vrede ryk in die Manseuns  die (first fruits) regeer nou oor hulle as konings saam met Christus.

Rev 20:4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

Die konings.

Rev 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; (die 144000 uit die kerk en 144000 uit die twaalf stamme van Israel)

Die oes van die vrugtelooses.

Die sesde seel word oop gemaak voor die dag van die Here en baie van die kerk gaan verlore deur onkunde.

Rev 6:12  En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;

Act 2:20  Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

Rev 6:13  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

Hierdie is nie regte sterre nie as die op die aarde sou val sal daar niks van die aarde oorbly nie. Die sterre is die liggaam van Christus wat nou  bekeerde Jode in sluit die navye is die wat geen vrugte gedra het nie, 30 ,60 , en 100 voudig en was daarom nie geoes nie, en het in die dag van wraak in gegaan.

The fig tree is Gods New Covenant people jews and gentiles, the unripe figs are the people of God who have not born fruit  30 ,60 and 100 fold and were therefore not picket but entered the day of the lords wrath.

Luk 13:25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.

Mat 13:23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.

Om skrifte te ken alleenlik dra nie vrug nie, om vrug te dra is om die vlees met sy natuur dood temaak om die gestalte van Christus te verkry sy natuur en geaartheid en gesintheid hoe meer Jesus hoe meer vrug. Hoe meer van die lewe van Christus in jou (liggaam) hoe meer vrug. Want eiendelik wat help dit om die skrifte te ken en jy leef hulle nie. Skrif kennis bring geloof en nie vrug nie, en aarbeid bring loon en ook nie vrug nie, slegs die geaartheid van Christus Sy natuur en gesindheid in jou liggaam lewer vrug. Om vrug te dra is om die vlees met sy hartstogte te kruisig, sodat die geaatheid van Christus in jou vrug kan dra. Die parskuip word getrap op die aard bewoners en die sterre wat uit die hemel geval het.

Luk 21:36  Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. 

Rev 6:14  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;

Rev 6:15  en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

Rev 6:16  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

Rev 6:17  want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Die wat geen vrug gedra het nie word verbrand vernietig in die wraak net soos die Jode die ou kerk wat geen vrug gedra het nie en vernietig was 70 na Christus.

Mat 21:18  En vroeg in die môre toe Hy teruggaan na die stad, het Hy honger gehad;

Mat 21:19  en Hy sien ‘n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ‘nvrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog.

 Die vye boom verteenwoordig christene sonder vrugte, en sal ontwortel word om die wraak in tegaan, die paasfees is wanneer die Here sy regte vrugte draende oes in bring in die ark om die parskuip van die onryp vrugte wat op die aarde neer gegooi is in God se wraak te trap. Sterre wat hulle plek in die hemel verloor het, sit nie meer saam in hemelse plekke in Christus nie, is neergegooi op die aarde en het hulle hemelse burgerskap verloor. Hulle het hul talent wat ontvang was verloor en terug gekeer na die aardse burgerskap. Weer een met die aarde geword.

Dan is daar twee op n land een word aangeneem die ander verlaat, twee op n dak een word aangeneem die ander word verlaat, een dra vrug word aangeneem die ander was slegs godsdienstig sonder vrugte en word verlaat en gaan die wraak in soos die vyf maagde. Die gevaar van geen vrug dra nie.

Luk 17:33  Elkeen wat probeer om sy lewe te red,( in die vlees lewe) sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor,(die vlees met sy geaartheid dood maak) sal sy lewe behou.

Rom 8 ,1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is.

Die wat vrug dra is veilig opgeneem in die ark by Christus, en die wat geen vrug gedra het nie bly agter. Die wat vrug gedra het word geoes die wat nie het nie gaan die wraak in en sterf op die laaste dag. Hy sal kom soos n dief in die nag vir die ongelowiges die Goddelose en aard bewoners.

1Th 5:4  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. 

1Th 5:5  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

Mat 25:1  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. 

Mat 25:2  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. 

Mat 25:3  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. 

Mat 25:4  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. 

Mat 25:5  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. 

Mat 25:6  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! 

Mat 25:7  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. 

Mat 25:8  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. 

Mat 25:9  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. 

Mat 25:10  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. 

Mat 25:11  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! 

Mat 25:12  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. 

Mat 25:13  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.  

Om in hemelse plekke te sit saam met Christus is om in Hom te leef en te bly die wat nie in Hom leef en bly nie verloor hulle plek in die hemele.

Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Col 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 

Col 3:2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 

Col 3:3  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 

Dit is ook om hier uit die liggaam te leef en by Christus daarbo in te leef.

Joh 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

Joh 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Joh 15:6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

Luk 13:8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.

Luk 13:9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.

Die wat nie vrug dra nie word deur sommige predekers se neem net Jesus aan evangelie en alles is reg, leuen verlei en word glad nie geleer om die ou lewe af te le en die vlees dood temaak  nie, maar preek eerder n lekker Evangelie sonder werke , sonder vrugte.

Col 3:5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, 

Col 3:6  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, 

Col 3:7  waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. 

Die neem net Jesus aan Evangelie gaan dit nie maak nie.

2Th 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

2Th 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

In die eiendtyd word die kerk gesuiwer om rein en heilig sonder rimpel en sonder vlek tewees volwasse in Christus. Dit gebeur wanneer die vrugteloose, van die wat vrug dra geskei word.

Mat 13: 8 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

Die onkruid is nie sondaars nie, maar die wat geen vrug gedra het nie hulle word geskei van die wat vrug dra soos die skappe en bokke geskei word en is saam met die sondaars in die parskuip gedrap. Die vrugteloses verloor hulle sitplek in Christus

Rev 12:3  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;

Rev 12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi

Die derde is die wat  hulle plek in Christus verloor het word nou bymekaar gemaak  reg vir verbranding. Net soos Judas die seun van die verderf weg gegaan het en gesterf het. Die Manseuns kom te voorskyn en bring die vrou in volwassenskap.

Rev 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre; 

Rev 12:2  en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood. 

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. 

En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. Dit gebeur in die begin van die verdrukking wanneer hulle die vrugteloses uit ons midde weg geneem is. Die liggaam van Christus die kerk die vrou word nou volwasse in Christus rein heilig en gesuiwer en het geboorte gegee aan die 144000 eerstelinge, the first fruits die Manseuns.

Die draak Satan en sy valse profeet laat baie sterre hulle plek in die hemel verloor n derde van die liggaam van Christus verloor hulle plek in die hemel en word op die aarde gegooi val af word ontwortel sonder vrugte en deur ongehoorsaamheid, gaan die wraak in en word verbrand die wat oorbly is die regverdiges die heiliges. Die draak (satan) se stert werp die sterre op die aarde.

Isa 9:15  (9:14) Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert; Let op Die Satan die kop, die Antichris en die vals profeet die stert.

Isa 9:16  (9:15) en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op ‘n dwaalweg gebring.

Die wat verlore gaan verloor hulle plek in die hemele deur die vals profeet die stert.

Rev 12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.

Let op n derde van die Christen sterre verloor hulle plek in Christus en in die hemel hulle word ontwortel en gaan verlore en val nou onder die tweede oes die wraak van Christus. Hulle aanvaar die merk van die dier.

Die vals profeet

Rev 13:16  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

Rev 14:9  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

Re 14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

Die vals profeet gooi nie duiwels of regte sterre uit die hemel nie maar die christene wat sy leuens glo die word op die aarde gegooi. Hulle het ook geen vrug gedra nie word ontwortel en verwerp en word nou getrap onder die oes van die parskuip in die dag van wraak op die aard bewoners en die wat afgeval het.

Isa 63:3  Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.

Mat 13:23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, in die grond gesaai is wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd, die ander sestig, die ander dertigvoudig.

Om vrug te dra is die geaartheid en natuur van  Jesus Christus in jou lewe, honderd voudig ,sestig en dertig enige iets minder as dertig en jy gaan dit nie maak nie.

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

Die wat oorwin sal alles beeerwe.

1Co 15:44  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.

Die natuurlike liggaam dra die saad wat die geestelike liggaam opwek.

1Co 15:46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 

1Co 15:49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.  

Ons hemelse liggaam wat ons eendag sal besit is soos die sterre in die hemel.

1Co 15:41  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster. 

God se belofte aan Abraham was dat sy nageslag sal wees soos die sterre.

Gen 22:17  dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

Gal 3:7  Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. ( Soos die sterre in die hemel)

Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.

Dit maak ons geestelik sterre wat in die hemel sit saam met Christus. Net soos die sterre in die hemel saam met die son sit, is die kerk bekleed met die son Christus.

Rev 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

Die vrou sit ook in die hemel bekleed met Christus die son, het ster status. niks met die Jode te doen nie. Sy is n hemel se wese. Ons hemelse liggaam en ons indentifikasie met die skeping. Die hele liggaam van Christus die kerk word identifiseer deur God, as die son ,maan ,en sterre. Dit weerspieel ook die glorie van jou geestelike liggaam wat jy  sal ontvang. Son, maan of n ster status glorie liggaam.

Josef en sy broers. Sy droom is aards gebonde, en nie hemel gebonde nie.

Gen 37 ; 7  Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.

Gen 37:10  Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek (son) en jou moeder (maan) en jou broers, (sterre) om ons voor jou na die aarde neer te buig?

Gen 37:11  En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou.

Die wat in die volle gestalte van Christus staan die woord hoor en verstaan dra honderd voudig vrug en word erken as die son, Die Manseuns, die wat die saad ontvang opgroei en vrug dra sestig voudig is die maan, die wat die minste vrug dra is die sterre dertigvoudig, enige iets minder as dit en jy word uitgekap en jy val af  jou godsdiens is vrugteloos, dit is hulle vir wie Christus sal se gaan weg ek ken jou nie en word verbrand.

Die drie staduims.

Jakop die een wat die saad saai word geken as die son, die moeder wat die saad ontvang en voort bring as die maan, en die kinders wat die minste volwasse is as die sterre, dit is die drie staduims van groei wat Jesus verduidelik in die gelykenis van die saaier.

Jesus verduidelik dit in hierdie gelykenis.

Mat 13:23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.

Hoe meer vrug jy dra in geregtigheid na die beeld van Christus sy geaartheid sy gesintheid en natuur in jou lewe sigbaar word hoe meer vrug dra jy, die wat in die vlees lewe en nog steeds hulle ou geaartheid besit dra geen vrug van Hom nie, die onverganklike saad wat ons van Hom ontvang het kan net Hom voortbring, saad kan net sy eie soort voortbring die dertig voudig  saad wat ons van Hom ontvang (saad)is jou talent (verhouding) wat jy ontvang om daarmee te woeker om die geaartheid van Christus te bekom en die ou natuur en sy geaartheid die vlees dood te maak, saad wat nie op vrugbare grond geval het nie sal verouder en uiteindelik muf en nutteloos word jou talent sal van jou weg geneem word n talent is nie n gawe nie, en loon is nie vrug nie. Groei in gees en in gestalte, die geaartheid en natuur en gesindheid van Christus in jou is die enigste vrug wat jy kan dra niks anders nie, n gawe dra nie vrug nie ook nie godsdiens of bybel kennis nie.

Die vrou die liggaam van Christus bring ook voort Son seuns, Maan volwassenes in Christus, en Ster kinders.

Gal 4:1  Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles;

Son seuns.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Dan 12:3  En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

Pro 4:18  Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

Mat 13:43  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

Die wat 100 voudig vrug gedra het sal skyn soos die son.

Rev 1:16 en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Soos wat ons wandel in hierdie die liggaam in geloof, sal ons ontvang , son , maan of ster status, daar is ook verskil in ster status soos daar verskil is in ster planete, kry jy die hoogste ster status die more ster status.

Rev 2:28  En Ek sal hom die môrester gee.

Paulus  en die Apostels dra 100 voudig vrug.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Rom 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Let op; geen veroordeling vir die wat nie na die vlees lewe nie, as jy nog in jou vlees lewe is jy onder veroordeling.

2Co 3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na die selfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is van dertig voudig,tot sestig voudig, tot honderd voudig  die laaste heerlikheid die volle beeld die volle gestalte van Christus in ons en in die spieel.

Gaan staan voor n spieel en kyk na jou self hoeveel van Jesus Christus sien jy in jou self. Van heerlikheid 30, na heerlikheid 60, tot 100 voudig tot die volle beeld tot heerlikheid , tot die volle gestalte van Christus.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

2Co 4:7  Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid daarvan uit die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

Ons het die ingeplante woord ontvang die onverganklike saad naamlik Christus die saad van God.

Col 1:27  aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus in julle, die hoop van die heerlikheid. 

Heb 6,1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God.

Van 30  ster na 60 maan tot 100 son sodat die natuur en geaartheid van Christus, en Sy gesintheid in ons liggaam deur ons lewe werspieel word. Die enigste bewys van vrug dra, waar sonder jy uit gekap sal word en die koningkryk van God sal mis. Paulus verduidelik die verskillende liggame wat ons as heiliges sal besit.

1Co 15:35  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?

1Co 15:40  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.

1Co 15:41  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

1Co 15:42  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;

Paulus se ons sal almal n son ,maan, of ster verheerlikte liggaam besit. Namate van hoeveel vrug jy gedra het in hierdie liggaam na die beeld van Christus, tot sy volle gestalte sal bepaal watter verheerlike liggaam jy sal verkry, 30, 60, 100 voudig.

2Co 5:10  Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

Let op ons ontvang loon deur die werke van die liggaam sy natuur dood te maak met goed of kwaad ontvang ons, ster, maan, of son heerlikheid.

1Jn 2:6  Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. Hoe meer van hom hoe groter die beloning. Ons sit saam met Christus in hemelse plekke in Hom en deur Hom as sterre. Ons burgerskap kom van bo.

2Co 5:1  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

2Co 5:4  Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

Die lewe wat ons leef van Christus moet die sterflike (vlees) verslind. Sodat ons oorklee kan word deur die lewe. Nie een van die werke van die vlees was in Jesus teenwoordig nie, as jy dit dood maak word jy soos Hy.

Col 3:5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

Col 3:6  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,

Col 3:7  waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

Col 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

Col 3:9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het.

Col 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Enige gedagte in jou emosie wereld, gaan die gedagte vooruit en kyk wat is die uiteinde van die gedagte as dit God nie verheerlik nie sny dit dadelik af, moet nie voed nie. Onthou die fondasie van ons geloof is die liefde.

Joh 13:34  ‘n Nuwe gebod (wet) gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Gal 5:14  Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Col 3:14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Die skrif vir volwassenheid.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;  30, 60, tot die volle grootte van Christus 100 voudig.

Ons groei van 30 voudig ster na 60 voudig maan tot 100 voudig son.

Rom 13:12  Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.

Rom 13:13  Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.

Rom 13:14  Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Jud 1:23  maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.

Rev 19:7  Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.

Rev 19:8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

Wat alleenlik bekom kan word deur jou vlees se natuur dood te maak, soos Christus sy vlees gekruisig het, kruisig jy jou liggaam ook sodat jou geestelike liggaam beklee en oor klee kan word. Glo nie die Evangelie van neem  net Jesus aan en alles sal reg wees nie, sonder vrugte sal jy verlore gaan.

Rev 2:23  En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

Jas 2:14  Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?

Jas 2:17  Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Jas 2:18  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.

Deur jou werke toets God jou geloof. In al die verse waar sterre val is daar nerens, waar die in n maan status val nie.

Rev 6:13  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

Minder as dertig voudig vrug sal jy jou plek in die hemel verloor en afval.

1Co 15:41  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

Selfs met ons ster liggaam sal ons van mekaar verskil , soos een ster verskil in heerlikheid van n ander ster. Die nuwe wedergebore Christene ontvang almal 30 voudig ster status van waar hulle moet opgroei en vrug dra.

Rev 2:5  Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

Hulle was weder gebore en het weer gesterf.

Jud 1:12   waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

Jud 1:13  woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 

Rev 3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Vanaf wedergeboorte van ons geestelike liggaam 30 voudig , moet ons opgroei en ons siel ons beloofde land(ons gemoed) in besit neem en die reuse  in ons vlees verslaan wat ons sal neem na die geaartheid en natuur van Christus 60 voudig, maan status tot die volle beeld van Christus 100 voudig todat niks van die ou lewe oor is nie.

Mat 13:33  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk (gees, siel, en liggaam) totdat dit heeltemal ingesuur is. 

Sommige leef so in die vlees dat selfs hulle geestelike liggaam nie bewaar word nie, hulle het n talent ontvang en dit in die grond weggesteek en was uit gewerp in die buitenste duisternis.

Mat 25:29  want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

1Th 5:23  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Die wat maan status bereik 60 voudig val nie af nie, son status is almal 100 voudig en het almal op gegroei na die volle beeld die volle gestalte van Christus en wandel soos Hy. Die wat ster status onvang 30 voudig verskil ook van mekaar soos die sterre se heerlikheid ook verskil van mekaar, daardie verskil le in geregtigheid. Die wat nog kinders in Christus is sonder hulle af van ander en wandel in n denominasie en is ook sektaries of erger net Godsdienstig.

Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Eph 4:15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Ek herhaal net weer.

2Co 3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Tot heerlikheid 30 voudig na heerlikheid 60 voudig, tot die selfde beeld 100 voudig.

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

Die tweede opgroei na volwassenheid is die maan glorie.

Rom 6:5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

Die derde is volwasse seunskap, 100 voudig wanneer ek in my lewe die volle grootte van Christus besit.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

In die derde status van die opstandings lewe het elkeen hulle eie heerlikheid van die son( 100 voudig) hierdie is die manifistasie van volwasse seunskap. Die heerlikheid van die hoop in ons.

Col 1:26  even the mystery which hath been hid for ages and generations: but now hath it been manifested to his saints,

Gal 1;7 to whom God was pleased to make known what is the riches of the glory of this mystery among the Gentiles, which is Christ in you, the hope of glory: Christ in us the hope of glory.

Christus in ons die hoop vir (volwassenheid) glorie.Die volwassenheid van die Manseunskap 100 voudig eers die volwassenheid van die geestelike liggaam die eerste troon ondervinding volwassenheid in die geestelike liggaam, dan kom die vleeslike liggaam die tweede troon ondervinding wanneer die vlees en sy geaartheid heeltemal sterf. Die verheerliking van die volwassenskap die volheid van Jesus in die wat HY uitverkies het voor die verdrukking begin.

2Th 1:10  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind. 

2Th 1:11  Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak, 

God wil dat ons van ster glorie sal opgroei na maan en uit eiendelik son glorie die volle beeld van Christus 100 voudig. Wat gebeur gedurende die verdrukking wanneer die hele kerk maanstatus sal bereik.

Isa 30:26  En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.

Ons word verenig met ons  verheerlike liggame in die konteks van die hemel se liggame son maan en sterre wat ons bring in n eenheid met die hele skepping.

Isa13:10  Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.

Die liggaam van Christus sal hulle lig nie meer met die wereld deel nie, die tyd om gered te word is verby, die hemel liggame deel ook nie meer hulle lig met die wereld nie.Die liggaam van Christus is opgeneem in die ark op die laaste dag voor die groot oordeel. Wanneer die sterre af geval het gee die son en maan en die oorblywende sterre nie meer hulle lig vir die wereld nie, die genade tyd van reddig het verby gegaan en al die heiliges is in die ark by Christus.

Isa 13:5  Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. 

Die wat agter bly saam met die aard bewoners word gedood.

Rev 9:20  En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.

God se belofte dat ons deelgenoot kan word van die goddelike natuur en vry gemaak van sonde, wanneer ons die verdorwenheid ontvlug het laat ons dan opgroei en vrug dra.

2Pe 1:3  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,

2Pe 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Rom 6:18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

Rom 6:22  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Col 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Rom 6:11  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

Rom 6:12  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

Rom 8:12  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

Mar 8:34  En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Mar 8:35  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

Mar 8.36 Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Joh 12:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. AS jy jou vlees se geaartheid dood maak dra jy veel vrug.

Joh 12:25  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.

Rom 8.1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Luk 17:35  Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

Luk 17:36  Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

Die wat in die vlees gelewe het en geen vrug gedra het nie , en slegs godsdienstig was word verlaat, en die wat in die gees gelewe het word aangeneem. Om vrug te dra is om voor die spieel in n raaisel te staan en te sien hoeveel van Jesus Christus se natuur en geaartheid in jou lewe is, 30, 60, of 100 voudig. Slegs n lewe in gees dra vrugte nie skrif geleerheid of skrif kennis nie.

Joh 5:39  Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

Bybel kennis dra nie vrug nie en ook nie godsdienstigheid nie. Om die ewige lewe te bekom is om vrug te dra in Christus en om in die gees te groei kan alleenlik geskied as jy jou vleeslike natuur dood maak, om dan vrug te dra. Waak tog teen vroomheid die Here haat dit.

Mat 13:23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.

Die  STERRE  wat verlore gaan in die vlees.

Mat 13:21  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.

Mat 13:22  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

Die sterre is christene wat uit die christendom afval.

Rev 6:13  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

Rev 12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.

Christene wat hulle plek in Christus verloor het sit nie meer saam met hom in hemelse plekke nie, en word ook dwaal sterre genoem.

Jud 1:13  woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

Was wedergebore en het weer gesterf is ontwortel, het terug gekeer na sy ou lewe.

Jud 1:12  Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

Mat 3:10  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

Gal 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

Gal 5:17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Gal 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

Gal 5:20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

Gal 5:21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

Dra geen vrug nie hulle godsdiens is tervergeefs.

Rom 12 :1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Gal 5:24  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

2Co 8.1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Rev 2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Rev 3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Mat 7:14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is,

My liewe broer en suster Paulus waarsku oor en oor moet nie in die vlees lewe nie maak die vlees dood, en moet nie die evangelie glo van neem net Jesus Christus aan en alles sal reg wees nie, dit is n vals Evangelie en dit kan jou lewe kos en jy kan jou plek in Hom verloor.

Luk 13:8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.

Luk 13:9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.

As jy minder as 30 voudig vrugte dra omdat jy in die vlees leef is jou Godsdiens tevergeefs en sal jy verwerp word.

Mar 8:35  Want elkeen wat sy lewe wil red, (sy vleeslike geaartheid behou sal die ewige lewe verloor en uiteiendelik verwerp word) sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor,( sy vleeslike geaartheid kruisig en dood maak) hy sal sy lewe red.

2Pe 3:14  Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.

Gedurende die verdrukking dra die hele liggaam (kerk) 60 voudig vrug en verteenwoordig die vrou bekleed met die son en die maan onder haar voete, en hulle  wat uit die groot verdrukking kom was bekleed met wit klere wat die glans van die maan weerspieel.

Rev 21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Rom 13:12  Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.

Laat die goeie saad dan in jou op groei en vrug dra na die volle gestalte die volle beeld van Christus Sy natuur en geaartheid, elke boom dra dan of goeie vrugte of slegte vrugte, bewaak jou plek in Christus waar sonder jy verlore kan gaan.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S

Leave a comment