1Jn 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
1Jn 5:18 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
My wedergeboorte het my buite bereik van Sonde gesit.
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
Rom 8:3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
Rom 8:4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
As die Christen nie kan sondig nie wat se vryheid gee dit my kan ek nou sonde doen met die vryspraak dat ek nie kan sondig nie.
Wat se Paulus in hierdie verband.
Rom 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon
Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Rom 6:13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Rom 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
Sou ek dan nou weer moedswillig sonde gaan doen met die wete dat ek nie kan sondig nie, wil ek Christus nou vir n tweedekeer vir my laat kruisig omdat ek aanneem ek kan nie sondig nie. So vir my het sonde weg geval, wat dit ook beteken kan nie sondig nie, dit beteken ook dat ek die sonde oorwin het en dat sonde nie meer oor my heers nie, ek weerstaan sonde. Ek vlug van Sonde af weg Paulus verwys dat die sonde vir ons le en loer, ons word weggevoer deur ons eie begeertes en gedagtes ons moet elke verkeerde gedagte gevange neem en terug bring na die woord. Maar dit gaan ook dieper as dit ons geestelike liggaam is wedergebore uit God in n nuwe skepsel daarom dit wat uit God gebore is kan nie sondig nie omdat daar niks sonde in God en my weder geboorte is nie.
Die weder gebore liggaam is dus nou sondeloos en as ek tog n oortreding so doen en op daardie oomblik so sterf nadat ek God gedien het is ek dan nou verlore nee my geestelike liggaam uit God gebore is nog steeds sondeloos. Die sonde leef in die vlees en in sy geaartheid daarom se Paulus maak dan dood die werke van die vlees met sy hartstogte.
Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
Rom 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Rom 6:19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
2Co 7:1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
2Co 10:3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
Rom 7:5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
Rom 7:16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.
Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
Rom 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
Rom 7:19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
Rom 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
Rom 7:21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.
Rom 7:25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.
Ek verstaan dus dat my vlees onder die wet van die sonde val wat God nie kan behaag nie en dat my wedergeboorte my geestelike liggaam buite die bereik van sonde bring terwyl my vlees onder die wet vas gevang is die wyse wat ek die sonde in die vlees oorwin is om in die gees telewe en die vleeslike sondige natuur en sy werke te kruisig.
Gal 5:13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
1Jn 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Daar is dus die wet van die gees en die wet van die vlees wat albei in my werk. Maar dank God jy is meer as n oorwinnaar.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.