Die Realiteit Van Die Kroon Skepping

Psa 8:5  wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 

Psa 8:6  U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

Ek het n begeerte dat ander gelowiges die waarhede en lerings wat die Heiligegees al vir ons gebring het, ook kan hoor en die kennis kan ontvang in Christus Jesus. Sodat God se geestelike waarhede  vir altyd gevestig kan word in die siel, en in die gedagtes van die groeiende Christen. In die verduideliking wie is die mens, het Jesus dit duidelik gemaak aan die Apostel Paulus. Hierdie waarheid is dat die mens die kroon skepping van God is, en dat God hom toegerus het met kwaliteite en n natuur, wat meer van God kan besit as enige van die ander skeppings en dat God deur die Heiligegees die verlossing in Jesus Christus, so n werklikheid in die natuur van die mens kan maak, dat Hy wat vry maak en Hy wat vry gemaak word een kan word, en deur Hom word ons een in natuur, een in karakter, een in die lewe, een in geregtigheid. een in Sy dood, en een in die heerskappy van Sy opstandings krag.

Heb 2:11  Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie.

Paulus verwys hier na die Manseuns, maar ook na die liggaam van Christus wat geheilig word. Ons word in n eenheid gebring met die Here, Hy het ons medegenote van die selfde familie gemaak gebore uit die selfde Vader, en ons word deur die selfde gees gevul met die selfde wedergebore geheiligde lewe, dit het deel van ons geword, as jy dit nie beleef nie is daar fout met jou wedergeboorte. Dit wat ons was is ons nie meer nie. Ons word gevul met die Heiliggegees wat jou help, om jou eie Christen roeping en bediening te vervul. Die Here het gekom om ons te red, Hy het  nie die natuur van engele opgeneem nie, maar Hy het dit vir ons bewerk deur die geaartheid, natuur en gesintheid van die mens aan teneem. Hy het soos ons geword. Hy het vlees geword. Dit maak ons redding so wonderbaarlik.

God se bekommernis oor ons.

Heb 2:16  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Heb 2:17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

Eerstens om ons te red en n volk vir God voor teberei en om uit eiendelik ook vir vir ons in tetree. 

Heb 2:18  Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word. 

Ons ken God as ons redder en verlosser van sonde, en die krag van Christus wat ons weerhou van ongeregtigheid en ons n oorwinnaar maak oor elke versoeking en Hy versterk ons en maak ons oorwinnaars, om n heilige lewe te leef, in heiligmaking. Die doel van God in ons lewe is niks minder as wat Sy doel in Jesus was nie. Hy het ook vir ons die selfde doel. Ons sien en verstaan God se doel met die mensdom, en ons ken Jesus se liefde en begeerte om ons na Hom toe tetrek. Hierdie begeerte in Hom was so oorheersend dat Hy sy eie heerlikheid op geoffer het en aarde toe gekom het, om as n mens gebore te word soos ons, sodat Hy ons kon ophef en herstel in die selfde lewe wat HY voorheen besit het. Sodat ons ook Sy natuur geaartheid en gesintheid deelagtig kan word, en dit in besit kan verkry. Jesus het ook ons lewe geword wat al ons swakhede en behoeftes verstaan en vervul, wat ook soos ons onder moes begin om ons uit eiendelik na Hom toe te trek. Dit is Bewys deur Sy liefde vir ons, en deur die werkende krag van die Heiligegees,deur Sy woorde wat HY gespreek het het hy ons verlos van Siekte en die sonde wat ons gebind het, Hy het ons vry gemaak in siel gees en liggaam. Hy het ons opgehef in Hom en deur Hom,  het HY ons gebring in die eenheid met God die Vader. Hierin het Hy dit bevestig.

Joh 17:22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. 

Joh 17:23  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

Die hele doel van God is  om ons die ewige lewe teskenk en Sy liefde vir ons te bewys en Hy het dit bewys, deur vir ons die Heiligegees te gee om in die mens te woon.

Christus se doel is om die mens die lewe tegee van Sy eie bestaan, en  het ons  n lewe gegee deur die Heiligegees, en die gawes sodat ons ook vir mekaar en n verlore gaande wereld kan vertel van Sy redding en hulle met die gawes te kan bedien soos HY gegee het. Jesaja se die volgende.

Isa 35:4  Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, Hy self sal kom en julle verlos. 

Isa 35:5  Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. 

Isa 35:6  Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel;

En Dawid se die volgende.

Psa 103:2  Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! 

Psa 103:3  Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, 

Psa 103:4  wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, 

Psa 103:5  wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.

Die mens as kroon van God se skepping. Dit is deur hierdie selfde visieon as kroon van die skepping, wat ons ook geroep is. Die  werklikheid van die verlossing en redding deur Jesus Christus, kom deur die wil van God om aan die mens redding te gee deur Sy Gees, en deur die wedergeboorte het Hy ons herskep in n nuwe skepsel, en ons in n  eenheid gebring in Christus Jesus. Ons is in gebind en in gebring deur die Heiligegees in Hom, sodat ook Sy natuur geaartheid en gesintheid deur ons geopenbaar kan word aan die wat ons ken en aan die wereld. Die doel van God in die mens, en die mens se doel in God is om die kinderlike karakter van Christenskap op tehef tot volwassenheid in Christus.Totdat ons eiendelik kom en op groei tot die standard van werklike christenskap, tot die volle groote van volwasse seuns van God. Wat ons moet aangryp in geloof, totdat ons kom tot die volle standard van Christus. Sonder geloof is dit onmoontlik die groei proses is deur geloof hierin vas gemaak.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 

Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Jy begin as n kind en is veronderstel om op tegroei na volwassenheid tot die volle mate van Christus. Dit is nie gebaseer op slegs die woorde van Christus in my nie, maar gebaseer op Sy geaartheid natuur en gesintheid in my verhouding en lewe van christenskap en my groei na volwasseskap. Hy het vir ons die prys betaal om Sy geaartheid en natuur en gesintheid te verkry.  

Heb 2:10  Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.

Om ons in die eenheid tebring met God.

Act 17:28  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, 

Heb 2:11  Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 

Rom 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 

Rom 8:30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

Die natuur geaartheid en gesintheid van Christus  behoort te regeer in die hart van die gelowige, in n wedergebore nuwe skepsel. Daar is n leemte vandag in die kerk en in die gelowige wat nie verstaan word nie, en dit is dat die Heiliggegees n lewende krag is wat die natuur van die mens neem, en dan die wil van God daarin werk, en die wil van God was en is nog altyd om die mens te maak soos Hy self wat die mens die kroon van die skepping maak. Wat n mislukking so dit nie wees, as die woord en die redding van die mens in die wereld, nie eers een mens kon voortbring in Sy beeld in Sy geaartheid natuur en gesintheid nie, ek dank God vir die Heilgegees die helper wat ons in hierdie werklikheid kan bring. Daar is ook die 144000 volwassenes die  Man seuns wat gaan kom in Sy volle beeld en gelykenis. Die mens as kroon van die skepping in Christus Jesus deur Hom en in Hom.

Die realiteit vandag is egter die wereld is vol siek kreupeles, liggaamlike kreupeles, en ook geestelike kreupeles, hulle is orals, daarom wonder ek wat dink die wereld van die Goddelikheid van Jesus Christus en van Sy krag en Redding in en deur Sy kerk. Maar daar is hoop, en daar is krag wat die siel van die mens kan herstel en oplig in gemeenskap en lewe in God. Die doel van God is om aan die wereld die waarheid van Hom te openbaar deur die krag en redding van ons Here Jesus, wat Hy vir ons geskenk het. Elke keer as nog n persoon gered word is dit n bewys van die Goddelikheid van die Christus van God, bewys van Sy lewendige krag wat die mens neem en sy natuur verander en die mens herskep in Sy eie gestalte. Dit openbaar die krag van God in die mens om die werke van die duisternis te verwoes, hetsy in die gees vlees of siel, bewys ons Christus se doel is om die mens weer te herstel in sy hemelse posisie as n seun van God. Maar dit wat binne in die mens is, sal ook in sy lewe wat hy leef buite weerspieel word.

Die ge openbarde werklikheid is, dat die gees van die mens en die Gees van God die selfde bestandeel is, dit behoort ook die selfde natuur te besit, en wanneer die mens se siel en sy liggaam  die Heiligegees krag ontvang en inneem, word die beeld geaartheid gesintheid en natuur van Christus binne in die mens gevorm. Nou as kroon van God se skepping is in die geestelike liggaam van die mens, die Goddelike beeld van die lewende God, in wie se beeld en gelykenis ons geskep is.

Gen 1:26  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld na ons gelykenis.

Maar die ander werklikheid is sonde is n vernietiger, en siekte is n indringer in die mens, en slegs deur die krag van God en die Heiliggegees word ons bevry van die mag van die duisternis, sodat die natuur van die mens weer in eenheid met God kan kom.

Ek maak klaar.

Ons moet kom tot volwassenheid.in die karakter ,natuur en geaartheid van Christus en in eenheid met die gedagtes van God, eenheid met die aspirasies van God, en Sy wil, eenheid met die gees van Jesus Christus as redder en verlosser van die mens en die mens as kroon van die skepping word weer daardeur opgelig in God, deur die liefde van die lam van God, wat die sonde van die wereld wegneem en die mens weer volkome herstel in n eenheid met God. God in die mens en die mens in God. 

Amen

Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment