Die Pad Na Oorwinning Is Glo

1Jn 5:5  Who is he that overcometh the world, but he that believeth that Jesus is the Son of God? 

1Jn 5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Joh 6:28  Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? 

Joh 6:29  Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.

Wat is die grootste probleem.  

Die grootste probleem in die wereld is ongeloof, en die sterkste krag is geloof wat werk deur die liefde, liefde vergifnis en genade bind geloof. Daar is geen vrees in die liefde nie en dit bring in jou n innerlike bevestiging dat met die wederkoms van Jesus jy saam opgeneem sal word. Die wereld is vol vrees bekommernis  onsekerheid  en gebrokenis , dit is slegs geloof en liefde wat vertroue en sekerheid kan bewerk. Wie anders is dit wat die wereld met alles kan oorwin, Dit is hy wat in geloof wandel in die Seun van God. God het die wereld gevestig en die mensdom ingestel op geloof. Soos wat jy wandel in geloof kom die woord in werking. Alles van jou Christenskap is vasgevang in Christus Jesus, geloof in Hom, geloof in God. Al die wette en beginsels van Jesus is daar in vasgevang.

Wanneer daar so n eenheid is tussen jou en God vasgevang in die liefde dat jy enige iets sal doen vir Jesus, dan is al die beloftes ja en amen in Hom vir jou wat glo. Ons lewens is altyd verbind in geloof waar deur ons die wereld oorwin. Hy wie die wette en beginsels hou is uit God gebore.

1Jn 4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. 

1Jn 4:5  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle. 

1Jn 4:6  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling. 

Hulle wat glo het ook lief. maar Hy het ons eerste lief gehad, en ons sondes vergewe. Sodat Hy baie kan red en aan hulle die ewigelewe kan gee en hulle kan bring waar Hy is. Die pad van geloof is n weg na n hoe’r roeping en dit is n leerskool van hierdie misterie van liefde.

1Jn 5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Hy wat geglo het het geloof ontvang om te oorwin. God skenk ons groeiende geloof. Hy is die loot in Hom is lewe wanneer ons Hom ontvang het.

Gal 3:26  Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

Gal 3:27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Gal 3:28  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

Gal 3:29  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Ons ontvang die Heiligegees deur geloof, en is erfgename van al die beloftes omdat ons glo. Ek is n erfgenaam en het oorwin omdat ons die waarheid glo, en die waarheid het my vry gemaak.

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 

Dit is die beginsel hy wat glo sal alles ontvang omdat Jesus daarin is.

Heb 13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Hulle wat arm van gees is sal alles be-eerwe, daar is geen tekort aan krag in God, vir almal wat Hom aanroep nie

Joh 1:13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. 

Heb 2:10  Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. 

Dit is alles gebaseer op die beginsel van geloof. Dit maak nie saak met hoeveel onheilige gedagtes satan mee kom nie. Hy wie glo is meer as n oorwinnaar, staan vas in geloof hy wie glo dat Jesus die Seun van God is sal oorwin dit is al wat saak maak. God roep ons sonder voorwaardes, dit is die roeping en wet van geloof, hy wie glo oorkom. As enige iemand die wereld lief het is die liefde van God nie in hom nie.

1Jn 2:5  Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

Die beginsel van liefde gevestig op die rots is Christus in die menslike hart.  

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 

Die geheim wat die wereld oorwin. As God in jou is die beginsel lig dit verwyder die duistenis.

1Jn 4:17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. 

1Jn 4:18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 

1Jn 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Geloof besit die volheid.

1Jn 3:3  En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Ek maak klaar.

1Jn 5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? 

Die plek van self vertroue in God, die plek van gebed ,n plek van selfvertroue en kennis, dat ons sal ontvang wat ons vra omdat Sy wette in ons harte geskryf is en ons die regte dinge doen en wil doen voor sy aangesig. Ons oorwin deur geloof. Die vrees van die God het n beginsel dit bring vrede. Werklike geloof bring werklike vrede en blydskap, dit sien oorwinning en bring dit. Vrede perfekte vrede in hierdie donker wereld van sonde en verdrukking ,maar die geloof in My bring vrede. God het die wereld gevestig en die mensdom ingestel op geloof. Alles van jou Christenskap is vasgevang in Christus Jesus, geloof in Hom, geloof in God. Soos wat jy wandel in geloof kom die woord in werking.

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S. 

Leave a comment