Die eiende van die wet word deur Christus vervul, om dit te verstaan laat die wonder van God in Christus jou verstom . Sy liefde en genade vir die mens ken geen perke nie, ook hierin het Hy sy Seun vir ons genadiglik geskenk, waarlik U grootheid en goedenterenheid is vir ewig opgeteken in die hemele U is n wonder God.
Rom 1:17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
Die belofte aan Abraham dat al die nasies deur hom geseen sal word was n belofte en nie n wet nie. Soos geskryf staan Abraham het God geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken. So glo ons ook en word ons deur geloof gered, en word Abraham ons vader van die geloof genoem. Die wet het eers 430 jaar later gekom. As daar n wet was wat die ewige lewe kon gee so die belofte kon verval. Daar bestaan nie so n wet nie. Die belofte aan Abraham was in sy saad gelee, soos God aan Sara gese het op haar bejaarde ouderdom dat sy n seun so baar deur wie die belofte so kom naamlik Isak , deur wie die belofte dan ook na ons die heidene gekom het. Wat was die doel van die wet dan, dit het ons in bewaring gehou totdat die een uit die saad so kom Jesus Christus wat ons insluit in die belofte dat ons mede erfgename van Christus in God sal wees. Jesus het onder die wet gekom om die wat onder die wet was los te koop en die wet vir ons heidene tot niet te maak. Nie net het Jesus aan die kruis ons van sonde los gekoop, en aan ons die ewigelewe geskenk nie, maar die wet wat vir ons die dood beteken en n vloek vir ons geword het hy vir ons tot niet gemaak. Hy het vir ons die vloek van die wet op hom geneem, soos geskryf staan vervloek is elkeen wat aan n hout hang, deur die wet wat n skeidsmuur tussen ons en God geword het in sy vlees tot niet te maak en vir ons die liefde van God te bewys deur vrede te maak .
Hoe het Hy dit gedoen. Hy wat in sy vlees geen sonde gedoen het nie , en die wet vervul het in elke opsig word nou deur die wet aan gekla en veroordeel. As ek die spoed grens van 120 kilometer per uur na kom, en word aan gekla as ek 60 kilometer per uur ry asof ek 120 km oortree het of selfs as ek glad nie ry nie aan gekla asof ek die spoed grens oor tree het, maak dit die wet absurd en nutteloos. Die wet het Jesus dus onskuldig aan gekla asof hy skuldig was en daardeur die wet wat bestaan uit gebooie en insettinge in sy vlees tot niet gemaak, die wet wat ons wou dood maak en ons van God geskei het sy liefde vir ons bewys deur dit wat tussen ons en Hom was weg teneem. Ons wat heidene is het dus geen wet nie, en kan ook nie deur enige wet gered word nie, soos geskryf staan die regverdige sal deur die geloof lewe, God het nou sy wet op die tafels van ons hart geskryf, waar jou gedagtes jou beskuldig of veronskuldig. Dank God die wet wat my wou dood maak is nou tot niet. Soos geskryf staan vervloek is elke een wat nie bly by alles wat in die wet boek geskryf staan nie.
Het Christus my van vry gemaak. Ek dien God dus nie deur enige wet, maar omdat ek Hom lief het. Paulus se die volgende.
Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;
Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
Ons is dus nie meer onder die wet nie maar onder die genade.
DIE ANGEL VAN DIE SONDE IS DIE DOOD EN DIE KRAG VAN DIE SONDE IS DIE WET .
Soos God aan Adam gese het van al die bome van die tuin mag julle eet , maar van die boom van die kennis van goed of kwaad mag julle nie eet nie, as julle daarvan eet sal julle SEKERLIK STERWE. As die dood dan nou n werklikheid gemaak is deur die eerste Adam se oortreding al wil ons nie graag daaraan dink nie en die dood tot ons almal gekom en ons almal sterwe dit is on vermydelik. Waarom sal die ewige lewe dan nie ook net so n werklikheid wees nie deur die tweede Adam Jesus Christus nie, soos Hy gese het Ek is die weg die Waarheid en die lewe, wie in my glo sal lewe al het hy ook gesterwe, en ook so lief het God die wereld gehad dat Hy Sy enigste seun gegee het sodat almal wat in Hom glo die ewige lewe mag beeerwe waar God eers gese het ons sal sterwe se Hy nou ons sal deur die geloof in Christus ewig lewe dit is net so n werklikheid wat deel van die belofte is. Die wet dus wat vir my die dood werk het Christus tot niet gemaak. Daarom kan die wat uit God gebore is nie sondig nie omdat hulle uit God gebore is die wet wat vir my die dood sou werk is nou kragteloos gemaak daarom se Paulus die sonde sal oor julle nie heers nie ek is vry gemaak van die wet.
Daar is dus net een krag en dit is n nuwe skepsel. Hy wie in Christus Jesus is n nuwe skepsel kyk die ou dinge het verby gegaan alles het nuut geword. Omdat ek nou weet dat ek nie meer onder die wet is nie vry van die wet gebruik ek dit nie nou om moedswillig te sondig nie, ek vrees dan nie die eerste dood nie. Christus het my vry gemaak van die wet wat my wou dood maak. Daarom kan iemand nie kies uit die wette wat hy wil hou nie, maar moet dan almal hou en het van die genade verval.
Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;
Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
Vir ons aandui wat is reg en wat is verkeerd.
Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.
Gal 2:21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
Gal 3:2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
Gal 3:11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
Gal 3:19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar.
Gal 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
Gal 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
Gal 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
1Ti 1:8 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik
1Ti 1:9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,
Tit 3:9 Maar vermy dwase strydvrae en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.
Die verbond van God met Abraham, sy gebooie en insettinge, wette.
Gen 26:5 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
Onthou dat Abraham nie die wette ontvang het wat deur Moses van die berg af gebring het nie.
Die belofte
Gen 17:8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Gen 17:9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.
Gen 17:10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—
Gen 17:11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle.
Gen 17:12 ‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie—
Gen 17:13 die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ‘n ewige verbond.
Die Besnydenis
Gen 17:14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie—dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.
Gen 17:24 En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
Die verbond met Abraham was vir Israel en nie vir ons nie. ( Die Besnydenis van die Seuns ) Wat hulle moes hou van geslag tot geslag. Die heidene is nie leterlik uit die nageslag van Abraham nie, die Israelliete is. Ons is wel geestelik ook sy nageslag maar kom nie uit sy bloed lyn uit nie. Ons kom uit die geslag van Dawid deur Christus, uit wie se saad ons kom, daar is twee geslagte die geslag van Jakop (Israelliette) en die geslag van Dawid (die kerk) die geestelike Jode.
Uit die geslag van Dawid val ons dus nie onder die ou verbond met verordenige, van Abraham nie , maar onder die nuwe verbond, waarin Christus vir ons die wet vervul het, sonder wet, alhoewel ons van nature vir ons self n wet geword het geskryf op ons harte deur God.En die gedagtes mekaar beskuldig of vir ontskuldig om die wet van nature binne ons te vervul. Die twee geslagte, Jakop ( Israelliette) en Dawid die Christene. Ons praat dus van die twee geslagte.
Jer 33:26 dan sal Ek ook die NAGESLAG VAN JAKOP en van my KNEG DAWID VERWERP dat Ek NIE UIT SY NAGESLAG heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Die twee nageslagte
Die nageslag van Jakop. Onder die wet. En die nageslag van Dawid. Sonder wet en onder genade. Die ou testament, wat verval het en nutteloos is. Wat daar tog is vir leering om die krag van die nuwe testament te verstaan. En die nuwe testament sonder wet Christus het die wet tot niet gemaak. Behalwe een gebod jy moet jou naaste lief he soos jou self wat Hy in die nuwe testament in gevoeg het.
Mat 26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
Eph 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep.
Soos ek gese het niks het enige krag nie behalwe n nuwe skepsel. Hoe jy wette wat nuteloos geword het, geskrap is weer wil probeur gebruik verstaan die kerk nog steeds na twee duisend jaar nie. Enige ou testament wat vervang is met n nuwe testament, sal die ou testament met al sy bepalings nie eers in ons reg stelsel enige betekenis he nie, tog wil die kerk dit doen en gaan grawe ou wette uit en dreig die liggaam van Christus daarmee. Daarom se Paulus as jy die wet wil hou nie net een wet nie maar almal sal moet hou het jy van die genade verval.
Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Gal 6:13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.
So sal ek dan nou moedwillig sondig omdat ek nie onder die wet is nie, stellig nie se Paulus wil ek Christus weer laat kruisig vir my moedwillige sondes, ek het egter nie wette nodig om my by God te hou nie my liefde vir Hom hou my by Hom en rein. En as ek sondig is dit nie ek nie maar die sonde wat in my woon ek bewaar egter my kosbaarste besitting my verhouding Met hom en laat niks toe om dit beskadig nie.
1Jn 5:1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
1Jn 5:18 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
Ek kan nog baie hieroor se maar dit is nou eers genoeg. God het vir ons die volmaakte reddings plan gemaak.
Die kerk
Jer 33:22 Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid,
Christus uit die geslag van Dawid is ons n ontelbare groot skare die liggaam van Christus (Die kerk)
Rev 22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Joh 7:42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
Ons kom dus uit die geslag van Dawid deur Christus. En het niks tedoen met die besnydenis in die vlees of enige wet nie. Die wet vir Israel, het die dood gewerk.
Rom 9:31 terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.
Gal 3:10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.
Gal 3:17 Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.
Gal 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Die belofte staan dus nog. (Wat is die belofte dan) HY wat die seun het het die ewige lewe, en sal die koningkryk van God beeerwe. Sonder wet. En ook onder die belofte jou nageslag sal wees soos die sterre aan die hemel.
Rom 7:7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
God het nou sy wet binne in ons gesit in die vorm van ons weet wat is reg en wat is verkeerd, terwyl ons gedagtes ons nou beskuldig as ons verkeerd doen of vir ontskuldig, terwyl ons geen wet het nie, en nie die ou wette op ons van toepassing kan maak nie. Ook het genade die wet tot niet gemaak in n nuwe skepsel.
Die kerk
Mat 13:16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
Rom 11:7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.
Rom 9:30 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;
Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren .M.S.