Die evolusie leer kom nerens in die skrif voor nie, wat wel waar is dat God n sekere mate van intelegensie in die geskepte natuur gesit het om oorlewing te verseker.
Die natuur reageer op hierdie intellegensie, so by voorbeeld sal diere vlug as n veld brand ontstaan of jag vir kos,plante sal die beste plek uit soek om te groei, alles wat geskep is deur God gebruik hierdie intelegensie vir oorlewing. Die sogenaamde evolusie is niks anders as God se intellegensie in die natuur nie. Hierdie intellegensie kan hom self aanpas en vir beter, maar die oorspronklike genetieka bly die selfde, n bobbejaan sal in n miljoen jaar nog steeds n bobbejaan bly, al het hy geleer om regop te loop. Jop:39,40,41 praat God oor sy skepping, in Jop:39 -16 tot20 praat God oor die volstruis. In vers 16 staan hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs–sy is nie bekommerd nie. Vers 17 Want God het haar die wysheid ontse en haar geen deel gegee aan die verstand nie. Die volstruis het die minste van hierdie Godelike intellegensie ontvang. Die skepping van die mens is wel anders, al het ons ontwikkel bly selfs ons genetieka die selfde.
God se persona vul die hele wereld.
Act 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
J van Heerden se vraag : Kan mense wat anders glo van ander gelowe gered word. Die antwoord is onomwonde nee, hulle kan nie gered word nie. Dit is baie duidelik dat daar net een naam gegee is onder die son {op aarde} waardeur die mens gered kan word en dit is die naam; Jesus Christus. Hy wat die seun het het die lewe hy wat die seun nie het nie het nie die lewe nie. Hier in het God dit bewys deur hom uit die dood optewek. Of anders gestel so lief het God die wereld gehad dat hy sy eniggebore seun gegee het sodat almal die wat n hom glo die ewige lewe mag ontvang. Daar bestaan net twee groepe mense op aardedie wat aan Christus behoort; of die wat aan die antichris behoort; wat anti christus is,wat nie in hom glo nie. Almal buite Christus het nie n keuse nie en behoort klaar aan die Antichris, daar bestaan nie iets soos n goeie mens nie, dit is slegs die een of die ander. Selfs die natuurlike Israel {Jode} behoort huidiglik aan die antichris, omdat hulle Christus verwerp het;s o kan hulle gered word; ja slegs as hulle Christus aangeneem het.
Daar is geen ander redingsplan van God nie. Dit maak die Verenigde godsdienste van die wereld so gevaarlik waarby ons nie betrokke mag raak nie.
Liefde in Christus
S. Van Vuuren M.S.