Die eiende van die wet word deur Christus vervul, om dit te verstaan laat die wonder van God in Christus jou verstom. Sy liefde en genade vir die mens ken geen perke nie, ook hierin het Hy sy Seun vir ons genadiglik geskenk, waarlik U grootheid en goedenterenheid is vir ewig opgeteken in die hemele U is n wonder God.
Rom 1 :17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe
Die belofte aan Abraham dat al die nasies deur hom geseen sal word was n belofte en nie n wet nie. Soos geskryf staan Abraham het God geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken. So glo ons ook en word ons deur geloof gered, en word Abraham ons vader van die geloof genoem. Die wet het eers 430 jaar later gekom. As daar n wet was wat die ewige lewe kon gee so die belofte kon verval. Daar bestaan nie so n wet nie. Die belofte aan Abraham was in sy saad gelee, soos God aan Sara gese het op haar bejaarde ouderdom dat sy n seun so baar deur wie die belofte so kom naamlik Isak, deur wie die belofte dan ook na ons die heidene gekom het. Wat was die doel van die wet dan, dit het ons in bewaring gehou totdat die een uit die saad so kom Jesus Christus wat ons insluit in die belofte dat ons mede erfgename van Christus in God sal wees. Jesus het onder die wet gekom om die wat onder die wet was los te koop en die wet vir ons heidene tot niet te maak. Nie net het Jesus aan die kruis ons van sonde los gekoop , en aan ons die ewigelewe geskenk nie, maar die wet wat vir ons die dood beteken en n vloek vir ons geword het hy vir ons tot niet gemaak. Hy het vir ons die vloek van die wet op hom geneem, soos geskryf staan vervloek is elkeen wat aan n hout hang, deur die wet wat n skeidsmuur tussen ons en God geword het in sy vlees tot niet te maak en vir ons die liefde van God te bewys deur vrede te maak. Hoe het Hy dit gedoen. Hy wat in sy vlees geen sonde gedoen het nie, en die wet vervul het in elke opsig word nou deur die wet aan gekla en veroordeel. As ek die spoed grens van 120 kilometer per uur na kom, en word aan gekla as ek 60 kilometer per uur ry asof ek 120 km oortree het of selfs as ek glad nie ry nie aan gekla asof ek die spoed grens oor tree het, maak dit die wet absurd en nutteloos . Die wet het Jesus dus onskuldig aan gekla asof hy skuldig was en daardeur die wet wat bestaan uit gebooie en insettinge in sy vlees tot niet gemaak, die wet wat ons wou dood maak en ons van God geskei het sy liefde vir ons bewys deur dit wat tussen ons en Hom was weg teneem. Ons wat heidene is het dus geen wet nie, en kan ook nie deur enige wet gered word nie, soos geskryf staan die regverdige sal deur die geloof lewe, God het nou sy wet op die tafels van ons hart geskryf, waar jou gedagtes jou beskuldig of veronskuldig. Dank God die wet wat my wou dood maak is nou tot niet. Soos geskryf staan vervloek is elke een wat nie bly by alles wat in die wet boek geskryf staan nie
Het Christus my van vry gemaak. Ek dien God dus nie deur enige wet, maar omdat ek Hom lief het.
Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;
Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
Ons is dus nie meer onder die wet nie maar onder die genade.
DIE ANGEL VAN DIE SONDE IS DIE DOOD EN DIE KRAG VAN DIE SONDE IS DIE WET.
Soos God aan Adam gese het van al die bome van die tuin mag julle eet, maar van die boom van die kennis van goed of kwaad mag julle nie eet nie, as julle daarvan eet sal julle SEKERLIK STERWE. As die dood dan nou n werklikheid gemaak is deur die eerste Adam se oortreding al wil ons nie graag daaraan dink nie en die dood tot ons almal gekom en ons almal sterwe dit is on vermydelik. Waarom sal die ewige lewe dan nie ook net so n werklikheid wees nie deur die tweede Adam Jesus Christus nie, soos Hy gese het Ek is die weg die Waarheid en die lewe, wie in my glo sal lewe al het hy ook gesterwe, en ook so lief het God die wereld gehad dat Hy Sy enigste seun gegee het sodat almal wat in Hom glo die ewige lewe mag beeerwe waar God eers gese het ons sal sterwe se Hy nou ons sal deur die geloof in Christus ewig lewe dit is net so n werklikheid wat deel van die belofte is. Die wet dus wat vir my die dood werk het Christus tot niet gemaak. Daarom kan die wat uit God gebore is nie sondig nie omdat hulle uit God gebore is die wet wat vir my die dood sou werk is nou kragteloos gemaak daarom se Paulus die sonde sal oor julle nie heers nie ek is vry gemaak van die wet.
Daar is dus net een krag en dit is n nuwe skepsel. Hy wie in Christus Jesus is n nuwe skepsel kyk die ou dinge het verby gegaan alles het nuut geword. Omdat ek nou weet dat ek nie meer onder die wet is nie vry van die wet gebruik ek dit nie nou om moedswillig te sondig nie , ek vrees dan nie die eerste dood nie. Christus het my vry gemaak van die wet wat my wou dood maak. Daarom kan iemand nie kies uit die wette wat hy wil hou nie, maar moet dan almal hou en het van die genade verval.
Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
As jy die wet wil hou moet jy al die wette hou jy kan nie besluit om net sekere wette tehou nie, vervloek is hy wat nie bly by alles wat in die wet boek geskryf staan nie.
Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.