Eerste Adam.
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Gen 2:16 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
Gen 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Gen 2:18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.
Gen 2:21 Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
Gen 2:22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.
Gen 2:25 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
Die oortreding deur ongehoorsaamheid.
Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Gen 3:11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
Gen 3:13 Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen?
Deur die vrou het die val begin, en deur n vrou het die redding van die mens weer begin. Adam en Eva was volmaak in siel gees en liggaam, daar was geen verskil tussen hulle en n hemelse wese nie hulle kon in God se teenwoordigheid wees en met Hom praat, die dood en siekte het oor hulle nie bestaan nie. Die gees van lewe wat God in Adam geblaas het toe hy geformeer was in sy geestelike liggaam is van die selfde bestand deel waarvan engele ook gemaak is dit besit ontsterflikheid ons is presies die selfde. Adam se vlees was uit die stof van die aarde gemaak en dit is verganklik soos die wereld ook verganklik is. Die aarde is geheel en al verganklik en verouder en is bestem om te vergaan.
Die keuse wat Adam gemaak het in ongehoorsaamheid was om die verganklike te kies die lewe in die vlees wat uit die stof van die aarde geformeer is en dit besit die verganklike dit verouder en sterf net soos alles op aarde. Adam het die geestelike wat die hemel se genetieka bevat die onsterflike gees van lewe verwerp, die mens se gees besit onsterflikheid daar is geen dood in God se lewensgees nie. Daarom het die verganklikheid oor Adam die oorhand gekry en was hy bestem om te vergaan, deur sonde siekte en om oud te word en te sterf. God het Adam gewaarsku jy sal sterf nogtans het Adam die vergankliheid van die vlees verkies en in ongehoorsaamheid in sonde verval en die dood in werking gestel. Adam het presies geweet wat die gevolge van sy keuse sou wees, hy het sy heerskappy oor die skepping weg gegee en satan het dit verkry. Tot vandag verkies die mens die vleeslike lewe en verganklikheid bokant die ewige lewe in die geestelike en bly hy in sonde verval en sal uit eiendelik oud word en sterf.
Daar is net twee van Alles op die aarde God en Satan, Christus en die Antichris, die Heiligestad Jerusalem en die groot stad Babilon, die gerede mens en ngerede mens, daar is die mens wat in die vlees lewe met die aardse natuur en gesintheid behoord aan die aarde is aards leef in sonde en verkies die verganklikheid word oud en sterf sonder die wedergeboorte sonder God ongehoorsaam aan die nuwe waarskuwing
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Joh 12:48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
1Pe 2:7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: n Steen des aanstoots en ‘n rots van truikeling—
1Pe 2:8 vir dié wat hulle daarteen stamp, ( dit verwerp) omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.
Almal wat die selfde keuse van die vlees as Adam maak die is sy nageslag. Die geestelike mens het God geglo die lewe in Christus verkies is wedergebore met God versoen sonde is uit gewis en het die ewige lewe ontvang, die mens is nou gees siel en liggaam weer herstel soos die eerste Adam was voor die val.
Die geslag van die tweede Adam.
Die twee geslagte op aarde die wat in die vlees wandel en die wat in die gees wandel. Die geestelike mens besit alreeds die ewige lewe ook die sondaars die aardse mens besit ook alreeds on sterflikheid. Die lewe in die verganklike vlees bring die skeiding tussen God en die mens wat deur Adam verooraak is en deel van die mens se geaartheid geword het. Die mens was nou sonder God. Die geestelike liggaam van die mens is geskep deur God en is tot vandag onsterflik dit besit die selfde hemelse genetieka wat engele besit en van gemaak is. Dit is verkeerd om te dink dat n mens sterf die lewens gees wat God in geblaas het in die geestelike liggaam van die mens maak die mens alreeds ontsterflik net soos wat Adam en Eva was voor die val. Jesus het nooit ooit gese dat die mens dood is nie dit is in werklikheid ontmoontlik.
Joh 11:11 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.
Mar 5:39 En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.
Eph 5:14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Die skeiding tussen die geestelike liggaam van die mens en God word die geestelike dood genoem. Christus sal ons uit die slaap uit opwek wanneer ons volgens ons dood is’ Ons begrip van die dood is verkeerd.
Joh 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Joh 6:40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Wanneer n persoon slaap wek jy hom op.
Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het
Wanneer n sondaar sterf sonder Christus is daar nerens skrif dat hulle opgewek sal word nie.
Eph 4:8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
Eph 4:9 Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Al hierdie gevangenise was in die doderyk en is deur Christus gevange geneem. Die gevangenes was nie dood nie maar het gelewe in die doderyk. Hy self se.
Act 2:27 Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
Rev 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
Rev 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Wat gebeur met n sondaar wanneer hy sterf word hy na die doderyk geneem. Egbreek is n pad na die doderyk.
Pro 7:26 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
Pro 7:27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
Pro 15:24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
Ons verstaan bitter min van die doderyk alhoewel die gelykenis van die rykman en lazarus dit duidelik maak die rykman leef.
Luk 16:23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. n Sondaar wat sterf sonder Christus se geestelike liggaam daal af na die kamers van die dood en wag vir die oordeel.
En die finalle skeiding weg van God word die tweede dood genoem. Die mens het in sy aardse bestaan verval, en uit sy hemel se bestaan, sy val was finaaL
Die tweede Adam Jesus Christus.
Jesus Christus kon ons net red as n gewone mens. Deur die eerste mens Adam het die mens verval in gees siel en liggaam en die tweede Adam net as n gewone mens kon ons weer herstel in gees siel en liggaam, verval deur n mens en gered deur n mens dit is die enigste versoening wat God sou aanvaar, daar was geen ander manier nie. Enige ander manier sou betwis kon word.
Mat 18:11 Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.
HY kon niks van Sy Godheid gebruik in die redding en herstel van die mens nie. Hy kon egter in die versoeking in die woestyn sy Godheid bevestig maar het dit daar ook nie gedoen nie. Die wonder plan van God vir die herstel en redding van die verlore mens in die vlees en gees.
1Co 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
Joh 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Deur hierdie gevalle toestand van die mens en die skeiding van God het hy n verlosser nodig en God moes n weg maak waardeur die mens weer in sy oorspronklike staat herstel kon word met Hom. Die mens moes weer gebore word sodat hy volkome kan herstel in die selfde toestand waarin die eerste Adam was voor die val. Daarom was die tweede Adam Jesus gebore uit God net soos Adam uit God geformeer was. Albei Adams het n nageslag verkry die een aards die ander hemels. In hierdie proses van redding het Jesus sy vleeslike liggaam van sy moeder verkry.
Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Hierdie is vir my die grooste wonder werk van God dat hy Christus wat bestaan het kon vat en Hom weer in sperm kon verander net een enkele sperm en dan deur maria te oorskadu daar die een sperm in haar eier sel te plaas Christus in die liggaam Jesus n mens. Net soos wat die regte jy binne in jou liggaam geplaas is wat jy van jou moeder ontvang het wat God vir jou gegee het dit is mind Bockeling en binne in jou geestelike liggaam Christus. Hy het al die voordele van die eerste Adam verkry was soos Adam in die begin en kon sondig as HY wou was in alle opsigte net so n mens soos ek en jy. Maar Hy het verkies om nie die geaartheid van engele op teneem nie maar het verkies om die saad van Abraham op Hom te neem en so Sy nageslag te verkry deur die belofte. Hy het ook in die versoeking nie die hemelse geaartheid opgeneem nie maar die gevalle toestand van die vlees die aardmens en het die naam verkry die Seun van die mens.
Isa 9:6 (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Mat 18:11 Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.
Mar 2:10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe—sê Hy vir die verlamde man:
Jesus was bewus en het geweet die kruisiging is onvermydelik.
Mar 9:31 Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.
Jesus kon ons nie as die seun van God red nie as Hy dit so doen sou daar n dispuut onstaan deur Satan oor die geldigheid daarvan Adam het as mens dit verloor en slegs n mens kon dit weer terug neem en dit wat verlore is weer versoen met God en dit herstel.
Php 2:7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
Om hierdie rede het Hy as die seun van die mens gekom om die mens weer volkome te herstel in Sy verhouding met God.
Col 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,
Col 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
Col 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
Terwyl Hy rein onbesmet en onskuldig in alle opsigte was het Hy die wat Hom bekuldig in die openbaar ontbloot vir wat hulle regtig is.
Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Heb 2:18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Jesus as mens het ons in alles weer met God versoen gees siel en liggaam. Die bediening van Jesus die seun van die mens was om ons die Vader te toon en dat ons Hom mag ken. Die woord die seun van die mens verskyn 86 keer in die bybel.
8 + 6 = 14 = 2 x 7 = 14 die getal van die Seuns van God.
Die bediening van Jesus begin om alle geregtigheid in die mens te herstel in gees in siel en in liggaam. Dit begin met Sy doop.
Mat 3:15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.
En met Sy doop het Hy openlik belei om alle geregtigheid te vervul. Om ons vlees siel en gees uit die gevalle toestand weer volkome in alle geregtigheid voor God te stel, in n nuwe skepsel dit wat Adam ook gehad het om met God te wandel. Hy in die aand windjie ons is nou soveel meer God in ons, Christ in us ,The Holy spirit in us the spirit of Jesus. Sy bediening was ook om openlik te belei om die wil van God uit tevoer en nie sy eie wil nie.
Joh 6:38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
Wanneer iemand wedergebore is word hy n Christen mens n nuwe skepsel, as die wereld n Jesus wil sien moet hulle na n werklike wedergebore christen kyk. Ons word n reinkarnasie van Christus soos HY is is ons ook in hierdie wereld. Alles wat Jesus gedoen het was die wil en woord van Sy Vader. Net so behoort n Christen die wil en woord van Jesus op hom te neem en dit te doen. Jesus het ons gewys wat die een wat Sy lewe wil leef moet doen
Mat 10:39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
En wanneer jy jou lewe verloor het getuig die gees.
Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
Moet nie in die vlees wandel nie dit is die eerste Adamic natuur en keuse wat Adam gekies het.
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
Tot van Dag verstaan baie kinders van die Here nie ons bestaan uit gees siel en liggaam nie net soos God bestaan uit die Vader die Seun en die heiligegees nie. Om volkomme in Christus te wees moet die siel ook gered word van Sonde. Al die komponente van Gees siel en liggaam moet gered word.
Jas 1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
Wanneer die twee in harmonie met God is word die vleeslike geaardheid vernietig en die vlees onderwerp hom aan die gees.
Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
Gal 5:20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
Gal 5:21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
Jesus Christus is die redder van die volkome mens en redding van die geestelike mens kan net deur Jesus Christus gebeur deur Sy bloed, deur sy gees en die natuurlike siel moet gered word deur die ingeplante woord tot dat dit the mind of Christ bereik. Die Christus mens is in alle opsigte siel gees en liggaam afgesny van sy aardse natuur. Om hierdie rede kan die christen slegs na God gaan vir hulp redding en genesing. As ons in enige van hierdie departemente ons vertrou in n mens sit neem ons dit uit die hande van God. Die redding van die mens deur Jesus die seun van die mens is die volkome redding van sonde in die gees , sonde in die siel en sonde in die vlees. AS ons dan volkome in Christus Jesus is moet die werk van sonde verdwyn en siekte deur geloof in God uit die liggaam verdwyn en vernietig word. So n oorgawe aan God bring gesond making in siel gees en liggaam deur die Heiligegees. Die salwing en teenwoordigheid van die heiligegees dring deur en neem beheer oor die mens se gees wat enige krankheid in die siel en liggaam vernietig. Siekte veroorsaak die dood en dood is die oorsaak van sonde.
1Co 15:55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
1Co 15:56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
Dank God ons is vry gemaak van die wet en word nou deur die gees gelei. Daar is geen siekte in God nie was nie sal ook nooit wees nie. Toe die mens val in sy aardse gebondenheid het sonde begin en het siekte sy onstaan verkry, as daar nie sonde was nie sou daar ook nie siekte wees nie.
Pro 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
n gesonde gees huisves n gesonde liggaam. Die volheid van die heiligegees in die liggaam neem besit van elke weefsel van die liggaam en pennetreer selfs die klere van die draer, dit kan van binne die liggaam uit skyn na buite. Ons is die liggaam van Christus deur wie die volledige bediening van Jesus deur die gawes funksuoneer. In Jesus se bediening het Hy al nege gawes van die heiligegees bedien. Almal wat hierdie gawes in die liggaam van Christus bedien bring Christus se bedienig weer in sy liggaam. Die enigste manier vir n Christen is om volkome die wil van Christus te doen deur die heiligegees die gees van Jesus in ons sodoende ons alle geregtigheid in ons kan volbring. Die evangelie is maklik net soos wat God deur Jesus gemanifsteer het. Manifisteer Christus nou deur sy liggaam die kerk in die wereld Christ in us om sy wil te volbring.
Die bediening van n dissipel van Christus.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
Mar 16:18 ; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Die mens met God in het meer mag as die Satan groter is Hy wat in jou is as hy wat in die wereld is. Die Christen mens is n heerser hy het ontvang mag en gesag in elke opsig. Die vraag is glo jy dit en is jy reg om dit jou eie te maak. Hoe meer n dissipel in Christus Jesus is hoe meer van n dienaar is jy, God is die grootste dienaar in die wereld HY voorsien in al die behoeftes van die mens.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Moet nooit iets toelaat om in jou gees homself te vestig nie sluit enige donker gedagte uit. Jy heers oor sonde oor siekte as jy enige iets in jou gemoed vind sonde ongeregtigheid werp dit uit as kind van God en laat dit nie toe om n siekte in jou liggaam te vestig nie. Dit is duiwels onheilig heers daaroor dit verheerlik nie Christus nie het Hy nie gese ons is gode nie heers daan soos een jy is uit God gebore jy is van bo, en nie van hier onder aards nie. Ons is n nuwe skepsel in Christus Jesus. Die krag van God die heiliggees is jou heerskappy ons is nie onderwerp aan die kragte van die wereld of die vlees of die duiwel nie. Ons is nou seuns van God, af gesny van die wereld. Die skrif se en die satan het aan hom niks nie, en moet ook aan jou niks he nie. Om volkomme te wees het jy net God in jou liggaam nodig maak dan dood die werke van die vlees. Die adamic natuur. Die heiligegees krag in jou weer enige aanval van die vyand af, weerstaan hom en hy sal wegvlug. Hy wie uit God gebore is het die wereld oorwin, laat geen sonde toe om in jou gees in te dring en deur jou siel aanvaar teword nie dit is die deur vir siekte in jou liggaam, die gelowige weerstaan dit deur die naam van Jesus Christus ek weier dit en maak die deur toe.
Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word;
1Th 5:24 Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
Jesus Christus se grootste oorwinning vir die mens. Jesus Christus die Seun van die mens se grootste oorwinning vir die mens was om die heiligegees vir die mens te verkry. Christus se grootste oorwinning en Sy geskenk aan jou is die heiligegees daar is nie n groter geskenk as dit van God aan die mens nie.
Act 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
Dit is die grootse oorwinning vir die mens voordat hy opgevaar het HY gese.
Joh 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
My Vader en Julle vader en my God en Julle God is dit nie wonderlik nie is dit nie mooi nie, volkome herstel.
Heb 9:11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,
Heb 9:12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.
Heb 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.Hy moes in alle opsigte word net soos ek en jy volkome mens.
Heb 7:21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—
Heb 8:1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
Heb 2:18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
En Hy het deur Sy volkome offer van die Vader ontvang die Heiligegees die grootste geskenk aan die mens die gees van Jesus; Christ in us. Die seun van die Mens het gaan sit aan die regter hand van God. Die Seun van die mens het gaan sit langs God. Wat is dit met ons dat God vir ons so omgee en lief het.
Heb 2:6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?
Act 2:34 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
Act 2:35 totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete.
Heb 1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
Heb 1:4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as hulle.
Die Seun van die mens n mens sit nou aan die regter hand van God te groot vir my.
Heb 1:5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees?
Heb 1:13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?
Maar Hy spreek van die Seun.
Heb 1:9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
Het jy geregtigheid lief en haat jy ongeregtigheid as dit dan so is sit dan saam met Christus in hemelse plekke.
Eph 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—
Eph 1:22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
My Here my Christus my Jesus.
Eph 1:23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Heb 2:10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
Act 3:21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete
Ons is volkome deur die laaste Adam in God herstel, en is mede erfgename saam met Hom in alles Christus Jesus onse Here. Wie sal ek stuur en wie sal vir my gaan. Toe se Ek stuur my ek sal gaan. Ons wat verlore was is weer gevind. O God laat U wil in ons geskied.
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.
Tot Hom en deur Hom is alle dinge Amen.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.