1Ti 4:9 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;
2Ti 2:11 Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
1Ti 1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
Die hemel en die aarde sal verby gaan maar U woord bly vir ewig. Die bevestig van die woord in getal waarde. Dr Panin, se ondekking en werk in getalle van die bevestiging van die geinspereerde woord van God is verstommend. Die getal sewe in die bevestiging van die volgende vers van die skepping.
Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Die getal in Hebreeus van die presiese woorde is presies 7.
Die getal van al die letters in die vers is 28 = 4 x 7 = 28.
Die eerste 3 van die Hebreeuse woorde is 14, reg vertaal sal dit lees in die begin het God geskep.
Die laaste 4 woorde die hemel en die aarde is ook 14 of twee x 7.
Die woord God het die hemel en die aarde is ook 14.
Die woord; Het (God) het is ook 7.
Elke woord lings of regs van n woord in die vers is 7. Die kans vir so iets is een uit 191,581,231,380,566,414,401 dit is kortliks een kans in 191triljoen. Daar is die getal soos 8, 11, 13, 17, 19, 23, 37, 43, bo op die 7 in die hele woord. Waar die getal sewe in n vers beskryf word die vers bokant sal in die bogenoemde getal bevestig word. In hierdie opsomming moet gekyk word na die Hebreeuse vertaling van die woord en nie die afrikaanse vertaling nie. Die beste ou engelse vertaling is die American Standard Version. Soos wat God ook in n getal bevestig oor die dier.
Rev 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Hier bevestig God die getal 666 vas gevang vir die dier deur die woord. Die getal ses is ook die menslike getal. Die name Jesus en of Here God se getal waardes in bevestiging van Sy woord.
Die getal van die woord ; Here God; in Gen 3:9 is 111
Die woord Jesus se getal is 888 deel dit deur 111. Maak dit Jesus deel van God in die woord.
Jesus = 888 of x 111 x 8 = 888. Dit maak Jesus Here God = 888 of 111 x 8 Open 15:3
Here Jesus = 111 x 11 Openb 22:20
Die Woord se getal = 111 x 2 Die woord Naserener = 111 x 2, My geliefde seun 111 x 14
Die getal 144 verbind Die Manseuns (First fruits) en die bruid in God en Jesus se koninkryk.
Openb.14:1 en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Se getal waarde = 144
Openb.14:4 dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.= 144 x 10
Rom.9:11 dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep = 144 x 10
Rom.11:7 maar die uitverkorenes het dit verkry = 144
Lk.12:37 Gelukkig is daardie diensknegte = 144 x 7
Openb. 14:12 hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar = 144 x 7
Openb.14;3 en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is = 144 x 7
Openb.1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien = 144 x 10
Openb.22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom = 144 x 7
Die getal 144 verbind God se koninkryk en die geroepe heiliges.
Die getal 144 indentifiseer die wat die geaartheid en karakter van Jesus en God openbaar.
Getalle bevestig God se soewereine woord.
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Psa 119:57 Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
Die Manseuns Openb 7 uit Israel en die Manseuns uit die christelike kerk Openb 14 is verbind deur sewe. Die Satan en sy koninkryk se getal waarde. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Die dier Open.13:1 se getal is 666 weg gesteek in die getal.
1 Pet.5:8 want julle teëstander, die duiwel = 666
Jn.1:9 in die wêreld = 666
Open.12:12 want die duiwel het na julle neergedaal met groot woed ,= 666
Open.17;5 Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde = 666
Open.18:3 die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid = 666
Open.13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.= 666 x 3
Open.16;13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom = 666 x 3
Open.13.3 En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan = 666 x 5
Open.11:18 en om die verderwers van die aarde te verderf = 666 x 5
Die getal 666 indentifiseer almal wat die geaartheid en gesintheid van satan en is verseel met sy getal 666 op die voorhoof. Die getal 666 verbind die Satan die dier en die valse profeet die hoer van babilon, en sy wereld koninkryk. Die al teenwoordige wil van God oor alles. Alles wat gebeur op aarde gebeur in die wil van God.
Act 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
Is Sy geslag want ons bestaan deur sy wil en is deur Hom wedergebore.
Act 17:25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
As God Sy lewens gees so ontrek sterf alle vlees. Ons wil God nie so sien of ken in die volgende skrifte nie.
Deu 32:39 Aanskou nou dat dit Ek is; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
Ons wil nie graag God so sien nie tog wie kan SY wil weerstaan. Ook het God die Satan geskep vir sy doel en wil. Die Satan voer God se wil uit oor die ongerede mensdom, deur sy sondige natuur word ons bewus van ons eie swakheid en so word ons dan bewus van die behoefde vir die reddende genade van God. Die Satan kan niks doen buite die wil van GOD nie en slegs dit wat aan hom gegee is kan hy oor die mensdom uitvoer dit wat binne sy natuur in die natuur van die mens is. Dit is hoekom dit so belangrik is om die ou mens en sy natuur dood te maak hy kan jou slegs aanval in die gebied waar sy natuur in die ou mens nog bestaan. Om die mens wat God geskape het so in sonde te laat verval dat die mens kan besef van sy verlore toestand is en vir redding na God kan terug keer. Die onkruit en die goeie saad kom saam op en die onkruit verdruk die goeie saad om die beste in die goeie saad te laat voor kom. Dit gebeur nou en ook in die verdrukking. Die Satan is geskep om God se wil uit tevoer en kan jou slegs in jou vleeslike natuur aanval wat in sy geaartheid is.
Isa 54:16; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.
Die Satan die verderwer verniel en maak dood verwoes mense lewens en maak siek dit alles gebeur binne in God se wil en laat Hy Hom toe.
Job 2:6 En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
Job 2:7 En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
Job 2:9 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
Job 2:10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Job 5:18 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
Die Satan begeer om die disipels te sif en die Here gaan hom nie tee nie.
Luk 22:31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
Luk 22:32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
As kinders van God sal hy ons altyd in jou swak plek versoek. Weerstaan die duiwel en hy sal van jou af wegvlug.
DIE SOEWEREINE WIL VAN GOD ONS VADER.
Wat weet ons eiendelik van die soewereinne wil van God? Ons weet dat Hy die Skepper is , die Onsienlike die Almagtige en dat Hy alles geskep niks het onstaan wat nie deur Hom ontstaan het nie.
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Isa 45:5 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
Buiten God is daar niks anders nie, alles is deur Hom gemaak.
Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Gen 1 : 2En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Terloops tussen die aarde was woes en leeg het die aarde bestaan wat dit miljoene jare oud kon maak, voordat God op die aarde begin skep het.
Jer 51:15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand—
Isa 48:13 Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
Act 15:18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.
God is die enigste wat die eiende kan verkondig voordat enige iets begin het.
Psa 93:2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.
1Ti 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
Isa 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
Alles wat bestaan is in Hom.
1Ch 29:12 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
1Ch 29:11 Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die self verhoging as Hoof oor alles.
God se wil is soewerein oor alles in die hemel en op die aarde. God se soewereniteit in bevestiging van sy woord en Sy wil word in en deur Sy woord geopenbaar aan die mens.
Psa 119:89 Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
2Pe 1:20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;
2Pe 1:21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
Luk 1:70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af—
Joh 12:48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Joh 12:49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
Joh 12:50 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
Om God te mag ken is die ewige lewe.
1Co 14:37 As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.
Die som van U woorde is waarheid. Wat God ookal gese het sal so wees.
1Ti 4:9 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;
2Ti 2:11 Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
As jy die lewe wat jy gehad het af gele het vir Hom sal jy saam met Hom lewe, daarom leef ek nie meer nie maar die lewe wat ek nou leef ek vir Hom. Dit is ontmoontlik dat God sy woord nie sal bevestig nie.or die mens en alles.
Pro 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
Selfs die goddelose het God geskep vir sy doel om sy kinders tot heiligmaking te bring in die verdrukking en gebruik God hulle om die kerk te vervolg om te kom tot volwassenheid suiwer, rein en heilig sonder rimpel en sonder vlek, en julle sal deur al die nasies gehaat word terwille van my naam. Die goddelosse is daar soos onkruit om die goeie saad teverdruk. God het alles geskape vir sy wil en doel. Die goddelose bestaan deur God se wil en hy gebruik hulle vir sy doel. Selfs die Satan is geskep vir God se doel en Hy voer God se wil uit oor die goddelosse wat God verwerp, hulle word aan hom oorgelewer vir vernietiging so voer hy ook God se wil uit. Niks is buite God. Absoluit alles gebeur in God se wil.
Isa 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Rom 9:18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil ; ons het Hom nie uit verkies nie maar Hy vir ons.
Isa 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
God is die enigste wat die toekoms kan verklaar nog voordat dit gebeur of bestaan. Hy het ons uit verkies voordat enige iets geskep was deur Hom , moeilik om te begryp tog God sien die eiende alreeds en laat Sy wil daar in toe ken en weet alles. Hy skep alles in Hom self. Paulus se die volgende oor God se soewereinne wil.
Rom 9:21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie
Rom 9:19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?
Rom 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
Dit is God wat alles op aarde en ook in ons en oor ons bewerk in Sy wil.
1Sa 2:6 Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.
1Sa 2:7 Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.
Hy maak siek en Hy maak gesond.
Deu 28:59 ; groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
Act 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
In Hom leef ons is ons en beweeg ons. As God die see was en ons die visse leef ons en beweeg ons in Hom. Alles gebeur in die soewereinne wil van God op aarde. Die wil van God oor volke.
Dan 4:17 The sentence is by the decree of the watchers, and the demand by the word of the holy ones; to the intent that the living may know that the Most High ruleth in the kingdom of men, and giveth it to whomsoever he will, and setteth up over it the lowest of men.
Dan 4:17 Op ‘n besluit van die bodes ( wagters die oppassers ) berus die bevel, en ‘n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.
Dan 4:1 Koning Nebukadnésar aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon: Mag julle vrede groot wees!
Dan 2:27 Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning tekenne gee nie.
Dan 2:28 Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.
Dan 4:2 Dit behaag my om die tekens en wonders wat die allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig.
Koning Nebukadnésar se die volgende oor God en Sy wil oor volke.
Dan 5:21 En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.
Ons stem vir iemand maar uiteiendelik is dit God wat aanstel.
Dan 6:25 (6:26) Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees!
Dan 6:26 (6:27) Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.
Dan 6:27 (6:28) Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.
Dan 2:21 Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;
Rom 9:22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,
1Ch 29:12 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
God se wil nou in wereld gebeure en in die toekoms.
Rev 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
Zep 3:8 Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
Jer 23:19 Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ja, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
Zec 12:3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.
God se doel met die Satan en sy duiwel geeste om die volke by mekaar te kry vir sy oorlog en uitwissing in die toekoms op die laaste dag.
Rev 16:13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
Rev 16:14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
Rev 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
Let op die skrif is net voor die oorlog.
Rev 16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Zec 12:4 In dié dag, spreek die HERE, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.
Zec 14:12 En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
Zec 14:13 En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
Zec 14:14 En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.
Zec 14:15 En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
Die Oorlog van Armageddon wanneer ons veilig is in die ark by Christus.
Rev 17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
God se wil oor die tien konings in wereld gebeure in die toekoms.
Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
Rev 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.
Wat is God se bedoeling met eet haar vlees en verbrand haar maak haar verlate en naak.
Rev 17:18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
Die Vatikanstad. van die rooms katolieke kerk.
Rev 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
Rev 18:9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,
Rev 18:10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
Rev 18:16 Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!
God se doel met die tien konings is gedoen. God vestig sy Koningkryk in die toekoms.
Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Dan 7:18 en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
God se wil oor die kerk en sy kinders in die toekoms.
Eph 1:5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,
Eph 1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,
Eph 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—
Eph 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,
Php 2:13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
Mar 3:35 Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.
1Co 8:5 Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is—
1Co 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
2Co 5:18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
1Pe 4:19 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.
Php 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Joh 3:27 Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
11Co 11:12 Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
2Co 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
Die kruis wat ons dra in die wil van God.
Job en Paulus se lyding .
Job 30:26 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.
Job 2:10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Paulus se lyding.
1Pe 4:12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
1Pe 4:13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
1Pe 4:14 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
Php 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Php 4:11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
Php 4:12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
Php 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Php 1:12 En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,
Php 1:13 sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,
Php 1:14 en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.
Rom 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
2Ti 1:1 Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,
Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Eph 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
Joh 19:10 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?
Joh 19:11 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.
Gal 6:7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Luk 13:4 Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
Luk 13:5 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
God se wil in wereld politiek.
Rom 13:1Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,
Pro 16:9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.
Pro 21:1 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Psa 103:19 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
Psa 103:20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
Psa 103:21 Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
Psa 103:22 Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
Joh 18:36 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.
2Ti 2:4 No man that warreth entangleth himself with the affairs of this life; that he may please him who hath chosen him to be a soldier.
Luk 17:20 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
Daar is n verskil tussen die wereld koninkryk en God se Koninkryk. Ons kan nie sondaars polities verander nie, en ook nie n land nie, dit is net die Evangelie wat harte van mense kan verander. Jy sal nooit n land deur wereld politiek verander nie slegs deur n al gehele bekeering na God kan dit laat gebeur. Jesus en die Apostels het n geestelike oorlog gevoer en het nie betrokke geraak in wereld gebeure en vlees en bloed nie. Die wereld sal ons altyd haat en God se wil oor ons volbring.
Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Die wereld koninkryke en God se koninkryk. Die Satan het Jesus al die wereld koningkryke aan gebied Hy het dit geweier baie Christene word deur die Satan mislei om vir die verkeerde koningkryk te werk. Die wereld word deur politiek geregeer, Die evangelie is die enigste manier waarop God sy koninkryk bou al is God se mense orals word hulle nie deur die woord beveel om in wereld gebeure polities betrokke te raak nie. tensy deur God aan gestel. God het selfs geen begeerte om die wereld deur demokrasie te red nie, slegs deur Sy Seun Jesus Cristus. Baie christene dink die natuurlike wereld Koningkryk is God se koninkryk sommige dink selfs hulle land is deel van God se Koninkryk, ons moet egter eers God se Koninkryk soek en nie die wereld dien en die vlees nie. Die beste wat Christene kan doen is om na hulle mening vir die beste kandidaat te stem, maar stig n Christelike party in die hoop dat dit God se beginsels in n Goddelosse wereld stelsel kan in bring in die hoop dat dit die wereld kan verander. Die Sataniese wereld politiek sal Hom nie laat verander nie , maar sal daardie Christene afsleep na die wereld se ongeregtigheid in politiek. In die wil van God gee hy die swakste om te regeer oor die wereld inwoners.
Dan 4:17 The sentence is by the decree of the watchers, and the demand by the word of the holy ones; to the intent that the living may know that the Most High ruleth in the kingdom of men, and giveth it to whomsoever he will, and setteth up over it the lowest of men.
Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Mat 22:44 Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.
God het geen begeerte om wereld koninkryke te red nie maar om hulle uit eiendelik te vernietig om Christus se koningkryk te vestig.
Liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.