Mar 4:19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
Mat 13:22 En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
Luk 8:14 En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
Mat 6:25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
Mat 6:26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Kwellinge en bekommernisse is so in ons natuur dat dit ons verwoes, en dit moeilik maak om te laat los, bekommernis oor more is dit my finansies gebrek aan geld of vriende of die te kort aan die, ons is soos n vis aan n hoek spartel heen en weer instede van om net die hoek uit te spoeg. Die waarheid is dit maak jou siek, en ontneem jou van jou vrede, spanning verwoes en maak jou oud. Werp julle sorge op Hom, as jy dit doen breek jy die las wat jy dra, maar dit is absurd, ek moet dink hoe ek gaan lewe en wat ek gaan eet en drink. Maar Jesus se jy moet nie, want jy dink Hy ken nie jou omstandighede nie.
Mat 6:27 Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
Mat 6:28 En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
Mat 6:29 en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
Mat 6:30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
Ja ons is kleingelowig ons vertrou moeilik, ek moet self probeer om my eie heil uit tewerk.
Mat 6:31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
Mat 6:32 ; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
Hy se ons moet nie toelaat dat die dinge die primere denke van ons lewe word nie, plaas altyd jou verhouding met God eerste.
Mat 6:34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Het jy al n mossie moedeloos gesien vol bekommernis en stress ; nee hy staan op met n lied vlieg en spring oorals rond hy weet God sal vandag vir hom voorsien in alles wat hy nodig het en hy vrees nie more nie, hy weet God sal more ook daar wees. Wat is jou plan vir die sorge en bekommernisse vir die toekoms of volgende maand dit bly altyd n moeitevolle geswoeg wat jou gaan aftakel en moedeloos maak. Werp dan jou sorge op Hom en hou jou gedagtes gevestig op die hoeveel te meer sal jou hemelse Vader, vertrou op hom en laat los. Kry jou blydskap terug en sy vrede. Hy is getrou wag op Hom en vertrou Hom. Wanneer jy alles gedoen het staan en wag vir die verlossing.
Wanneer ek nie meer leef nie en Christus my lewe geword het weet ek een ding en dit is dat hy my nooit sal verlaat nie en wanneer ek bid vertrou ek dat alles wat ek van God vra Hy my sal gee. Maar ek doen eending ek maak seker dat dit wat ek vra in lyn is met Sy woord. Ook as ek in benoudheid is sal Hy my uit red.
1Pe 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
1Pe 5:10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.