Die Beker Selfs Tot Die Dood

1Co 11:24  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

Mat 26:26  En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

Mat 26:27  Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.

Drink almal daaruit.

Mat 26:28  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Om te verstaan wat dit werklik beteken is die feit dat Sy hele lewe n toe wyding was aan die wil van God. Jesus Christus het voor die hele vergadering bevestig toe Hy gese het op God se vraag wie sal vir my gaan geantwoord het hier is Ek stuur my. Hier in het Hy bevestig ek kom om U wil tedoen o God. Dit is hierdie belofte wat Hy gedoen het wat Sy volharding bevestig dat niks Hom sal keer nie selfs nie die dood om die wereld en mens tered nie. Hy was getrou tot die dood toe, net soos wat Hy was in die lewe wat Hy gelei het in die bewussyn van lewe tot die dood in elke begeerte van Sy siel gees en liggaam. Sy eie lewe het nie bestaan nie. Soos wat Hy bevestig ek doen niks wat die vader my nie wys en se nie.

Nou gaan Hy een stap verder Hy sal getrou wees en bly tot die dood toe. Daarom se hy neem eet dit is my liggaam wat gebreek word en daarna neem Hy die beker en se dit is my bloed van die nuwe testament. Christene het nog altyd hulle self vereenselwig met die beker, maar Jesus het die gebruik verbind met God en die kerk vir ewig vas gemaak in n belofte. Jesus het die wyn in die beker gegooi, en gese dit is my bloed vir die nuwe testament en eers self gedrink. Dit was die onderneming van Jesus Christus.

Nadat hy die evangelie verkondig het vir drie jaar was Hy nou bereid on tot die uiterste tegaan, dit is my bloed van die nuwe testament. Bedoelend dat Hy sy bloed sy lewe sal gee vir die wereld en Sy kerk. Dit is ook nie al nie Sy  onderneming vir die kerk gaan baie dieper, daarna gee Hy die beker aan hulle en se Drink julle almal daarvan. En toe hulle drink het hulle deel genote geword van  daardie onderneming, hulle het deel genote geword van daardie nuwe verbindtenis tot die dood toe. My bloed vir die nuwe testament is nou ook my as christen se belofte as ek uit die beker drink. Christenskap het karakter Jesus het karakter daarin gesit.

Hippolytus een van die vroeere skrywers beweer dat vyf van die twaalf Apostels gekruisig is net soos Jesus, drie van die ander het deur die swaard gesterf, en die ander het deur mishandeling gesterf. Die liefde en getrouheid van die Apostels vir Jesus waaraan hulle vebind is  het hulle bewys deur te ly en te sterf my bloed vir die nuwe testament. Baie van die eerste christene het gesterf as martelare en baie is dood in die oorlog om christenskap uit tewis. Die bloed van die martelare was die saad van die kerk. Hoe baie kere neem ons die beker en drink daaruit sonder om te besef waarin jy jou self verbind, my bloed vir die nuwe testement, as ons dit besef as christene dan behoort ons te verstaan waaraan ek my verbind aan die selfde belofte en getrouheid tot die dood toe. Daar is geen plek vir sonde in die christen lewe nie, daar is geen plek vir ontrouheid nie, daar is geen plek vir swakheid nie. Paulus bevestig dit wanneer hy se.

2Co 6:4  maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;

2Co 6:5  in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;

2Co 6:6  in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

as n voorbeeld vir ons wat sal volg. Daarom is daar ook die verwysing na ons.

Heb 12:3  Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

Heb 12:4  Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

Ons het hierdie belofte.

Rev 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

Jesus het sy liggaam die kerk, onder die selfde toewyding van eenheid met Hom gebring, dat hulle ook sal soos Hy tot die dood getrou sal wees. Wanneer ek die beker neem en drink verbind ek my tot die selfde wil as dienskneg en kind tot die dood toe. My bloed vir die nuwe testament. Om n christen te wees is nie net om hemel toe te gaan nie, maar om te word soos Hy in hierdie wereld in Sy geaartheid natuur en gesintheid. Om voor die wereld testaan in hierdie eenheid tot die uit eiendelike dood toe. Om sondeloos te word in siel gees en liggaam en Hom nooit teleur te stel nie. As die geaartheid van Christus deur jou manifisteer het jy geword soos Hy. Dan het jy deur Sy gees God se doel in jou christenskap in Jou lewe bereik. Met die eienddoel selfs tot die dood toe. Wanneer ek dan deur die beker sy bloed inneem verbind ek my en word dit ook my bloed. My bloed vir die nuwe testament.

Rev 12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

As ons die beker neem laat ons dit onthou.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren. M S

Leave a comment