1Jn 5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
1Jn 5:15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
Daar is niks wat soveel vertroue kan voortbring, as om slegs n lewe teleef wat Christus welgevalig is in jou verhouding met Hom. Daniel se verhouding was so voor God, dat dit sy vertroue so versterk het dat hy onbevrees in die leeu kuil kon verkeer. Die soort verhouding wat die vertroue kan voort bring, is soos in die verhouding tussen Jesus en God. Jy kan slegs met die soort self vertroue vra as daar n perfekte eenheid is met God.
Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Die fondasie van my vertroue is die al gehele vermoe van God dat wat ek ookal vra.
Joh 11:11 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.
Joh 11:21 En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.
Joh 11:22 Maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee.
Hulle ongeloof het Hom bedroef. Dit is hierdie vertroue en gebed wat God laat reageer. Wat jou hierdie self vertroue laat verloor is ongehoorsaamheid aan God die beginsels en wet. Jesus het terwille van die wat om Hom gestaan het gese Ek weet dat U my altyd verhoor. Is dit nie verhouding nie die algehele vertroue die sekerheid ek weet dat U my altyd verhoor.
Joh 11:41 Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;
Joh 11:42 en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U my gestuur het.
Die algehele oortuiging ek weet maar ek se dit terwille van die wat hier staan. Is dit moontlik in jou verhouding ja dit is maar nie in godsdienstigheid nie maar in n volle oorgawe in siel gees en liggaam. Wat moet ek bekom geregtigheid in die siel, geregtigheid in die gees, en geregtigheid in die liggaam.
Somtyds is jy in die posisie daar niks anders oor as vertroue in God. Daar is geen gevoel nie dit is as of jy nie verhoor word nie. Die werklikheid wat ons nodig het is die volle vertroue dat God ons nooit sal faal nie, ons sal nerens kom met n gevoel nie. Die krag le in die onveilbare woord van God. Dit is n betroubare woord en werd om tenvolle aangeneem te word. Daar is n werklike openbaring van n kragtige geloof werksaam binne elkeen van ons wat wedergebore van bo af is. Dit is gevestig in die werklikheid van jou geboorte in die Koninkryk van God. Ook gelee in die volle kennis van die toekomstige Koningkryk van God en die funksioneering van Sy Koningkryk, Koning, Koningin, wette en beginsels. Ek verstaan my Koninkryk en die krag waarin ek gebore is.
Daar is twee groepe Christene die wat groei in verhouding en geloof en die wat stagneer en daar is ook die gehoorsaames en die wat ongehoorsaam is. Die wat God gehoorsaam is die wat God in geregtigheid in die gees en geloof dien. Dit word bevestig daarin, die regverdige sal deur die geloof lewe. Jou verhouding is n werklikheid en jy kan slegs praat uit jou ondervinding van opleiding. Jy kan slegs mense invat in jou eie ondervinding en gebrokenheid voor God in kennis en insig. In jou gebrokenis besef jy hoe nodig en afhanklik jy van God is. Gebrokenis is die erkenning van jou eie hulpeloosheid en soekke om die dieptes van God te leer ken. Die Here het hierdie waarheid met trane en gebed op gesoek. Dit is n wet soek en jy sal vind.
Daar is n geloof wat verder strek tot die werklike eenheid tussen jou en God. die soort geloof waarin jy rus in die werklikheid van jou God bewussyn. Wat begin het deur die gehoor en gehoor deur die woord van God, n geloof wat met volle vertroue onveilbaar is en wat nooit ophou nie, dit is n ondekking, uit die onuitputlike bron van God. Wat ook bevestig word deur die gawe van geloof, en ook dat as jy geloof kort kom bid en vra. Genesing gebeur in hierdie onveilbare vertroue gevestig in die eenheid van vertroue. Dit kom nie deur baie woorde nie, maar is gebore uit jou verhouding. Daar is n gemeenskap met Jesus, wanneer die twee snydende swaard vir jou kom verhard dan nie jou hart nie, laat toe dat die swaard die woord in jou hart bereik. Dit bewerk liefde en kloof die bewuswoording van my eie swakheid. Wanneer ek swak is ek eiendelik sterk dit bring my volharding na voor’e. Dit maak van my n sagmoedige afhanklike mens. met empetie.
2Co 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
Dit is in hierdie sagmoedige verhouding dat as ek my broer verstoot of seermaak dat ek nie sal rus totdat ek dit reg gemaak het nie. In jou swakheid word n harde hart vervang met n gebroke een om in gehoorsaamheid jou liefde en verlange na God te bevestig. Wanneer ons vir iemand die gebed van geloof bid kyk nie na die persoon of toestand nie maar na die een met wie jy n verhouding het.
1Jn 5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
1Jn 5:15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
Soek die Koningkryk van God en Sy geregtigheid en alles sal vir jou bygevoeg word. Soek en vind. Geregtigheid in my siel geregtigheid in my gees en geregtigheid in my liggaam, dan sal alles vir my by gevoeg word. Laat geloof en die vaste weete dat as ons iets vra volgens sy wil ons dit sal verkry in die verhouding wat ek besit. Is my verhouding dertig sestig of honderdvoudig en as ek vra, ek iets volgens Sy wil in die vaste geloof dat ek sal verkry wat ek vra.
Soos alttyd liefde in Christus.
Shorty van VuurenM.S.