Eerste Dier.
Rev 13:1 En ek het op die sand van die see gaan staan. En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy, koppe ‘n naam van godslastering.
Rev 13 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
Almal diere wat verskeur
Rev 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
Rev 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die, Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
Rev 13:3 En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Rev 13:9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.
Let op; hierdie dier kom uit die see, en voer oorlog teen die hele Christendom en oorwin hulle in die verdrukking, en kry mag oor die hele wereld deur n wereld regering. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wat nie Christus aangeneem het nie, almal buite Christus word bewoners van die aarde genoem, hulle is nie wedergebore van bo af nie en behoort nie aan God se koningkryk nie, behoort aan die aarde dus bewoners van die aarde bestem tot wraak. Hierdie dier is die liggaam van die werklike Antichris n demoon wat die wereld gaan regeer deur n een wereld Regering, wat genoem sal word; THE FEDERATION OF EARTH. Wat jy kan Google. Wat al die nasies van die wereld verenig in n een Wereld Regering en weermag. En al die bewoners van die aarde sal hom deur sy beeld aanbid. En die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. Die draak is satan.
Rev 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
die draak is satan.
Die koms van die werklike antichris die demoon genoem die dier, die prins van satan. Soos Christus die seun van God is, Vorm die antichris deel uit van die satan se drie eenheid. Hy word net soos Christus vooruit gestuur as koning in die satan, se koningkryk as die dier en neem sy plek as koning in wanneer satan se koningkryk op aarde finaal gevestig is voor die verdrukking.
Rev 9:1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
Die ster is n gevalle engel en nie n mens nie en word die engel van die afgrond genoem n sleutel om die afgrond oop temaak is aan hom gegee, hy neem beheer van die Wereld Regering en Wereld Weermag. Christus het ook n sleutel die sleutel van die dood en doderyk. Hy word die engel van die afgrond genoem , en laat sy militere weermag demone optree’genoem die sprinkane . Johannes se beskrywing van wat hy sien en beleef in die tyd waarin hy geleef het, is die beskrywing van sprinkane baie goed.
Rev 9:2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die, put verduister.
Rev 9:3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
Rev 9:4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël, van God nie op hulle voorhoofde het nie. (geen wegraping nie)
Die nuwe wereld ID word in gestel op die hand of voorhoof op alle aard bewoners. God se volk weier die merk, en vlug in die begin van die verdrukking en kom niks oor nie nie.
Rev 9:5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van, n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.
Die merk van die dier op die mensedom word deur die liggaam verwerp en veroorsaak, ondraaglike pyn.
Rev 16:2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
Die twee gebeurtenisse gebeur saam.
Rev 9:6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
Rev 9:7 En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.
Die soldate en vlieeniers dra kommunikasie toestelle en gevegs mondering. Die sprinkane gevegs Helikopters.
Rev 9:8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.
Dra gas maskers en suurstof pype wat soos hare lyk.
Rev 9:9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.
Borsharnasse gevegs mondering en Helikopters en tenks.
Rev 9:10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.
Tenks en gewere saai verwoestig neem besit van die wereld en alle nasies in n een wereld regering, en maak oorlog met enige nasie wat weier. Hy word koning oor die hele wereld kry sy groot mag, met al die ander demone, Die werklike antichris.
Rev 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
HIERDIE DIER IS N VERBORGENHEID, wat ek nou openbaar.
Luk 8:17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
Rev 9:11 En hulle het as koning oor hulle DIE ENGEL VAN DIE AFGROND; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Hierdie engel is nie n mens nie maar n gevalle engel n demoon prins van satan. Die werklike Antichris. Christus is die Koning van geregtigheid die lewe en vrede, en die antichris is die koning van ongeregtigheid die dood verwoesting en vrees. Hy het ook oor die Roemeinse ryk regeer en was aanbid as Apollo god van oorlog, en haat die christene. Let op; hierdie dier antichris het klaar n naam sy naam is nie verborge nie en het persoonlik self niks tedoen met die getal 666 in sy naam nie hoewel sy liggaam, die nasies wel die getal 666 behels as n kooperatiewe liggaam van mense, die aard bewoners AL DIE NASIES IS sy volk, net soos ons die volk van Christus is.
Rev 8:13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
Luk 21:11 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
Rev 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
Rev 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
Rev 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Dit is nou die tyd van wee die aard bewoners n ongekende tyd van boosheid oorlog en die dood. Die groot verdrukking op God se volk gaan begin.
Rev 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal, met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Ek herhaal dit net weer as daar nie n verdrukking oor die vrou die kerk gebeur nie kan God nie sy koningkryk op aarde vestig nie dit gee Hom die rede vir wraak en oordeel oor die nasies met al die plae en uit eiendelik n direkte konfrontasie tusen Christus en die antichris met die , oorlog van Armageddon, dan neem Christus die wereld in besit. Dit gebeur alles in die eiendtyd in die verdrukking wanneer die satan sy aardse koningkryk finaal gevestig het en besit geneem het deur The Federation of Earth, in die begin van die sewe jaar van verdrukking. Met n verbond met al die nasies vir sewe jaar. Ons is nou in die vierde koningkryk van die vierde dier besig om sy koningkryk te vestig, deur die Verenigde Nasies, sy liggaam. Wat sal verander na The Federation Of Earth. Die drie eenheid is dan gevestig op aarde in sy wereld koningkryk. Die Satan, Die dier demoon die antichris Apollion en die valse profeet, die drie eenheid.
Rev 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
Ek verduidelik die was en is nie, alhoewel hy is in die verborgenheid van die antichris.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Rev 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Dit is die eerste dier die werklike antichris n demoon engel van die afgrond wat koning word oor die aarde Apollion die prins van Satan. Die Tweede dier is die valse profeet n mens en sy getal is 666.
Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom,
Rev 13:18 Hier kom die wysheid te pas. wie die verstand het laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Die getal van die tweede dier bereken nie die eerste dier nie, die is n engel en hierdie dier is n mens sy getal is 666. Hierdie dier is die godsdiens kant van die Wereld Regering van die eerste dier. THE UNITED RELIGIONS OF THE WORLD, wat jy kan Google met die Pous, as sy al gehele geestelike leier (priester)
Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
Die christendom en die valse godsdienste.
Die laaste Pous in die eiendtyd in die verdrukking is hierdie dier n mens en nie n engel nie en sy getal is 666. Let op hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oe.
Rev 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
Rev 13:13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
Hierdie pous is baie moontlik n valse christen moslem die valse jesus wat die wereld sal glo.
Rev 13:14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde, te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Ek verduidelik die swaard wond in die verborgenheid van die antichris.
Rev 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
Apollion se beeld sal op TV verskyn en almal sal neer kniel en aanbid almal behalwe die wat aan Christus behoort. Die grootste verdrukking wat nog ooit was op die christene terwille van Jesus Christus se naam
Rev 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
Hierdie is die nuwe aard bewoners indentiteit wat jou inskakel by die nuwe wereld orde in n een wereld regering, die wereld ID.
Rev 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Almal wat die nuwe indentiteit merk van die dier weier en die nuwe wereld godsdiens, sal in hierdie tyd vervolg en beroof word.Die verdrukking het begin.
Rev 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
Rev 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
Rev 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.
Die twee getuies. Lees die verborgenheid van die twee getuies.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Die engel van die afgrond Apollion die antichris maak die manseuns dood.
Rev 14:13 En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
Die eerste groep manseuns die 144000 gebore uit die vrou.
Rev 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Rev 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Was nie weggeraap nie.
Rev 7:10 en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
Dit is hierdie dier die valse profeet wat die waare kerk vervolg in die verdrukking en laat dood maak. Wanneer die ware kerk nie wil aansluit by die nuwe wereld godsdiens THE UNITED RELIGIONS OF THE WORLD nie en die kerk as vyande van die nuwe wereld orde, gesien word, dat die naam van Jesus deur al die nasies gehaat word en enige aanbidding of redding in sy naam verbied word, strafbaar met die dood.
Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Alles met die goed keuring van die eerste dier Apollo wat die christene haat. Die Vatikaanstad sal ook in die tyd verbrand word. Die hoer van Babilon.
Rev 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee, totdat die woorde van God volbring is.
Wat ek verduidelik in die Hoer van Babilon. Let op ek herhaal net weer; Hier word verwys na die dier wie se getal seshonderd ses en sestig is en nie na die eerste dier nie sy naam ken ons, en hy is nie n mens nie maar n gevalle geestelike engel.
Rev 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Die getal van die vals profeet die dier uit die aarde. Die laaste Pous in die eiendtyd is die vals profeet wat ook die christendom sal in sluit in die UNITED RELIGIONS OF THE WORLD wat jy kan Google. Die plae van die basuine en skalle gaan die finalle oorlog vooraf in die verdrukking.
Rev 9:20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.
Rev 9:21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
Die oorlog van Christus teen die antichris Apollion en die vals profeet.
Die oorlog van Armageddon.
Rev 16:13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
Rev 16:14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
Let op hoe strategies die onderstande skrif geplaas is wat die koms van Christus met die oorlog vereenselwig en ons vereniging met Hom.
Rev 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
Zep 3:8 Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
Die wederkoms van Christus en die oorlog vind op die selfde tyd plaas ons vereniging met hom eerste dan die oorlog.
Rev 16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Rev 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
Rev 9:16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.
Rev 9:17 En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde, was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.
Tenks en die gekamofleurde wereld weermag se kleur drag. Dit is Christus se oorlog sy dag van wraak, teen Apollo die antichris en die vernietiging van sy koningkryk deur Christus en die vestiging,van God se koningkryk op aarde.
Rev 19:17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg:
Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God.
Rev 19:18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
Die oorlog word meer verduidelik in die verborgenheid van die Antichris.
Rev 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
let op dit is net die twee.
Rev 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
Satan word vir duisend jaar gebind.
Rev 20:1 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.
Rev 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,
Rev 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.
Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. Die laaste oorlog van God teen Satan. Na die duisend jarige vrederyk.
Die oorlog van Gog en Magog.
Rev 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
Rev 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
Rev 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Die geliefde stad die Heilige Jerusalem wat uit die hemel neer gedaal het die woning van die heiliges gedurende die duisend jarige vrederyk.
Rev 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
N.S. Hierdie tydperk sal die verskriklikste tyd wees en die donkerste vandat God die wereld geskappe het. Die mens wat Hy gemaak het, sal Hom heeltemal verwerp en in goddeloosheid en haat verval. Slegs die wie se name in die boek van die lewe geskryf staan en volhard sal alles beeerwe.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren MS.