Verborgenheid Die Seun Van Die Verderf

Rev 13:11  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.

Die godsdienstige kant van die antichris dier.

Rev 13:12  En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.

Rev 13:13  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.

Rev 13:14  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.

Rev 13:15  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

Rev 13:16  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

Rev 13:17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Die dier wat die swaard wond ontvang het die prins van Satan die princepality demoon Apollion die koning oor die aarde in die vierde koningkryk neem sy finalle heerskappy gedurende die verdrukking in n eenwereld regering. Lees ook die verborgenheid van die Antichris dier wat ek nie nou hier gaan behandel nie, en ook die vierde koningkryk. The fourth kingdom. Kom ons gaan aan.

2Th2;1 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,

2Th 2:2  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.

2Th 2:3  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.

Die  mens van sonde die teestander die seun van die verderf wat in die liggaam van Christus sit in die Christendom. Die Pous is die seun van die verderf  die tweede dier met al die leiers van die verskillende gelowe in n kooperatiewe liggaam in die wereld The United Religious Of the World met almal wat sy merk aanvaar het as sy volgelinge en liggaam. Slegs die in Christus wat die merk die nuwe wereld indentiteit weier behoort nie aan hom nie en word deur hom vervolg en dood gemaak in die verdrukking. Daar is nou ook huidiglik n kooperatiewe liggaam van seuns van die verderf wat in die liggaam van Christus tussen ons sit in die kerk, met sy geaardheid en gesintheid.

Die twee komponente van Die seun van die verderf. Soos ons aan gaan sal u dit beter verstaan.

2Th 2:4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

2Th 2:5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

2Th 2:6  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Hierdie tempel is nie die Joodse Tempel in Israel nie, Paulus gebruik die woord Naos wat beteken Geestelike Tempel. Ons is die  geestelike Tempel, die burgers van die Heilige Stad van God, as n kooperatiewe liggaam van Christus, is  ons almal die Tempel van God. DIE Seuns van die Verderf, is weg gesteek en sit in die liggaam (tempel) van God in die kerk in die hele wereld waar hulle voorgee om aan Christus te behoort. (Apostate christene) Net soos Judas Iscariot. Paulus van alle mense weet dat die Tempel van God nie n gebou is nie, maar die liggaam (Kerk) van Christus. Die Pous John paul het die United Religions Of The World gestig in 2000 wat die nuwe wereld godsdiens sal word gedurende die eientyd  hierdie dier uit die aarde is nou geopenbaar hy was tee gehou totdat sy tyd aangebreek het wat nou gekom het. Hierdie nuwe Verenigde Godsdienste Van Die Wereld word nou deur die wereld aanvaar en is alreeds in baie lande gevestig en sal uit eiendelik ook die christendom  insluit die ontsetende gruwel wanneer hulle saam met alle vals gelowe aanbid, in een liggaam daar is alreeds sommige christene wat nou al reeds niks daarmee verkeerd sien nie.

Die pous as die leier en stigter van hierdie ontsettende gruwel is die seun van die verderf, wat nou al voorgee dat hy namens God op aarde praat, die laaste pous sal die uiteindelike een wees in die verdrukking, wanneer hy in die tempel die liggaam van Christus sal sit en voorgee dat hy God is. Hierdie tempel is nie met die hand gemaak nie maar is die geestelike tempel van God die kerk. Hy het die getal van n mens en sy getal is 666. Die leier van die godsdienstige kant van die antichris dier die vals profeet. Die Verenigde Gelowe van die Wereld waar die christendom ook alreeds ingesluit is Hulle web page is The Millennium World Peace summit 2000 of Religious and Spiritual (of) The World Council of Religious leaders.

Rev 13:11  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.

Rev 13:12  En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.

Die liggaam van Christus (kerk) is die tempel van God waarin hy sit. Hy regeer uit die vatikaanstad. Die Seun van die verderf het ook n kooperatiewe liggaam van seuns van die verderf wat nou huidiglik in die kerk die liggaam van Christus sit. Die  groot afval wat gedurende die verdrukking gebeur in die kerk deur die christene wat die merk van die antichris aanvaar.

Rev 13:16  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

Rev 13:17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Rev 13:15  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. Die beeld van die dier Apollion n demoon princepality prins van satan.

Want eers moet die afval kom wat  dan ook die seuns van die verderf in ons midde ontbloot. Die laaste Pous seun van die verderf word ontbloot en sy kooperatiewe liggaam van seuns in die afval. Sy liggaam wat ek nou eers behandel.

Die gees gegee aan die beeld is n TV beeld

2Th 2:6  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Die Hom en HY wat nou teehou is manlik en het niks met die kerk te doen nie Paulus praat hier van die seun van die verderf en nie van die kerk nie. Die liggaam van Christus is n SY en nie n Hy nie die kerk is vroulik want sy gee geboorte aan disipels, die seuns van die verderf is n hy. Alle godsdienste is n sy vroulik wat geboorte gee aan disipels. Die seuns van die verderf wat hulle tee hou is die afval, eers as die afval in die liggaam die kerk gebeur, dan word hulle geopenbaar. Dit is tog duidelik wat Paulus se. En nie die wegraping soos die kerk leer nie, maar n afval van christene uit die kerk. Wat hom en hulle dan ontbloot wanneer hy namens die dier praat. Daarom moet die afval kom, sodat die seuns van die Verderf geopenbaar kan word. Die woord afval is die griekse woord apostasy wat beteken, weg geval van Christus. Sondaars ; of n verlore persoon kan nie afval nie, dit is net n geredde persoon wat sy verhouding met Christus verloor en afval. Die Seuns van die Verderf sit in n kooperatiewe liggaam (in die Kerk) van Christus, net soos hy was Judas in Jesus se tyd tussen die disipels en Apostels.

2Th 2:7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

Nadat die Seuns van die Verderf ontbloot is word hulle ook dood gemaak en uit die weg geruim. Net soos Judas Iscariot, nadat hy ontbloot was is hy tussen die apostels uit weggeneem en is dood. Die liggaam van Christus moet gereinig en gesuiwer word vir Sy koms , hulle verwydering tussen ons uit reinig die kerk gereed sonder rimpel en sonder vlek vir Christus se wederkoms. Kom voordat ons verder gaan wil ek vir u n sleutel gee wat u sal help.

Ecc 1:9  Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

Ecc 1:10  Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.

Daar was nog altyd deur al die geslagte seuns van die verderf wat in die kerk gesit het. Buiten die Seun van die Verderf (die Pous) en die United Religions Of The World. Is sy liggaam die seuns van die verderf nie n enkel persoon nie maar n Kooperatiewe liggaam wat in die  (kerk) van Christus sit. Waar die afval ook gaan gebeur. Hulle is weggesteek in die hele Christendom waarvan die rooms katolieke kerk die grootste is. Waar kom hy vandaan. Wie is die Stam Vader van die Seuns van die Verderf wat n kooperatiewe liggaam is, van baie  in die wereld wat sit in die liggaam van Christus. Kom ons kyk wat se Christus.

Joh 17:11  En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

Joh 17:12  Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

Die Seun van die Verderf wat tussen die Apostels was. Judas Iscariot is die Stam Vader van die Seuns van die Verderf in die eiendtyd (laaste dae), Hy verteenwoordig n kooperatiewe liggaam van mense sy saad, wat in die liggaam van Christus sit. Hulle gee voor dat hulle Christene is en sal op hulle tyd geopenbaar word. Dit is hulle wat nou tee hou dat die kerk geruinig word totdat die vervolging begin en hulle geopenbaar word.

Hulle dwaling.

2Th 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

2Th 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Hulle het die merk aanvaar die nuwe wereld indentiteit.

Mat 24:10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

Rev 14:9  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy handontvang,

Rev 14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

Rev 14:11  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

2Th 1:9  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,

2Th 1:10  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

2Th 2:3  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

2Th 2:8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

2Th 2:9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

2Th 2:10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

En baie sal die leun glo en die merk aanvaar en dink dat hulle nog steeds aan Christus behoort. Wanneer die afval kom in die liggaam van Christus is die verborgenheid van die Seuns van die Verderf duidelik, dit is hulle wat dan net soos Judas, die ware heiliges verraai en oorgee aan die vervolgers, almal wat nie die merk aanvaar het nie. Judas was as seun van die verderf weggesteek, en is eers op die eiende van Christus se Bediening geopenbaar. Net so sal die Seuns van die Verderf op die eiende geopenbaar word in die laaste sewe jaar van die verdrukking wanneer hulle die merk aanvaar. Judas was  n dissipel ook deur Christus uit gesoek, n (Apostel) Hy was ook uitgestuur om te gaan preek, en was dag vir dag saam met die ander dissipels (Apostels) en niemand het hom erken as die Seun van die Verderf nie.

Die Seun van die Verderf veraai Christus.

Joh 13:21  Toe Jesus dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

Joh 13:22  En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.

Joh 13:23  En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.

Joh 13:24  Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.

Joh 13:25  En hy val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?

Joh 13:26  Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon.

Joh 13:27  En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.

Die Satan vaar in die Seuns van die Verderf en hulle doen sy  werke.

Joh 13:28  Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.

Joh 13:29  Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.

Joh 13:30  Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

Mat 26:24  Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.

Mat 26:25  En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.

Joh 18:4  En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?

Joh 18:5  Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.

Mat 26:48  En sy verraaier het vir hulle ‘n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!

Mat 26:49  En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, Rabbi! en hy het Hom gesoen.

Wat was die doel met Judas Iscariot. Om die vlees van Christus te laat kruisig en sodoende versoening vir die wereld te bring.(Sonde vergifnis) en om die finale oorwining in Christus se lewe te volbring. Net so sal die Seuns van die verderf die liggaam (Kerk) van Christus Verraai beproef en hulle vlees laat kruisig (dood maak) in die verdrukking om sodoende die oorwinning in hulle lewe te volbring, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie lief gehad nie. Hierdie is n Verborgenheid wat ook op ons van toepassing is.

Die Seuns van die Verderf se geaardheid en gesindheid.

Jud 1:12  Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

Wat sonder vrees saam fees hou hulle sit in die liggaam van Christus en hulle self voer, waterlose wolke het geen diepe of standvastigheid nie, word deur elke nuwe leering saam gesleep. Sonder vrugte, het geen gesindheid van Christus nie, twee maal gestorwe. Was gewederbaar n nuwe skepsel in Christus. Het Christus verloen en weer gesterf, hulle het terug gekeer na die vlees en die gees verwerp. Maar sit nog steeds by ons.

Jud 1:13  woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

Dwaalsterre sit nie saam met Christus in Hemelse plekke nie, het hulle posisie in Christus verloor.

Jud 1:14  En Henog, die sewende van Adam af, het   ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,

Hulle was nog altyd daar van die begin af.

Kom ons kyk wie was die Seuns van die verderf in die ou testament, en wat het van hulle geword.

Num 16:1  En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On,

Die seun van Judas was n dissipel wat so goed kon voorgee, hy het die geld sak gedra en is deur sy eie  begeerdes gedryf deur te swig voor versoeking en het die Seun van God verkoop. Hy was geld gierig.

Joh 12:4  Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:

Joh 12:5  Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?

Joh 12:6  En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ‘n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.

Die Seuns van die Verderf in die Kerk van dag is ook altyd betrokke by die geld in die gemeentes, gee soms die meeste tiende en wil altyd domineer en in beheer wees. Hulle jaag die vernaamste posisies in die gemeentes na, en is verskriklik godsdienstig, manipileerend en saai twee-drag. Hulle besluit altyd wat mag en moet in die gemeentes gebeur. Hulle bevraagteken ook altyd alles wat hulle nie verstaan nie. Praat ook baie namens God, Sogenaamde Profete. In die kerk is hy n engel maar by die huis is hy n duiwel.

Kom ons kyk meer na hierdie Seuns van die Verderf wat in die Tempel die liggaam van Christus sit. Judas het in die vlees gelewe, alhoewel hy altyd in die teenwoordigheid van Christus was, en voorgegee het dat hy aan Christus behoort. Die saad van Judas Iscariot. Die Stam-vader van die seuns van die verderf in ons tyd. Judas verteenwoordig n kooperatiewe liggaam van Apostate christene wat as Seuns van die Verderf sit in die liggaam; TEMPEL (kerk van Christus). Dus ook hulle wat die bruid en kerk van Christus sal veraai en dood sal laat maak in die verdrukking. Hulle sit ook  in die Nuwe Wereld Stelsel (New World Order) van die Antichris Dier sy Godsdienstige kant (genoem) The  united religions of the world waar hulle saam met alle ander valse gelowe die Christendom verteenwoordig en laat hoereer, hulle is alreeds daarin. Die United Religions of the World is die nuwe godsdienstige kant van die Antichris Dier; anders genoem die dier wat uit die aarde uit kom, die valse profeet. Openb 13 :11 Hulle sien niks verkeerd daarin om deel te wees van hierdie gruwel nie, en neem saam met vals gelowe besluite  terwille van vrede en veiligheid in die wereld vir die Verenigde Nasies en komprimisieer die Christendom in die besluite van die Valse Profeet en vereenselwig hulle daarmee, en sal ook in die eiendtyd die merk van die Dier aanvaar en hulle broeders veraai en laat dood maak in die verdrukking.

Mat 24:10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

Net soos Judas Iscariot wat weg gesteek was. Het jy die verborgenheid van die laaste valse profeet, en die Seuns van die Verderf is vandag net so weggesteek saam met die aard bewoners, vorm hulle almal deel van die Antichris dier.

Rev 13:11  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.

Die christendom en die valse gelowe .

Die twee horings ; is die Christendom en die valse afgode (godsdienste) van die selfde dier. The united Religions Of The World Die Pous as leier en  valse Profeet is die godsdiens kant van die Antichris dier. Die antichris bestaan uit drie komponente wat ek nie nou gaan behandel nie lees die verborgenheid van die Antichris.

Die seuns van die verderf sal die merk van die Dier ontvang en  in die gemeentes bly asof niks gebeur het nie, en baie mislei. Die gevaar van hierdie Seuns van die verderf se misleiding, sal baie laat verlore gaan, wat die groot afval veroorsaak.

Rev 14:9  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

Rev 14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

1Ti 4:1  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.

2Th 2:10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

2Th 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo.

Dat jy die merk kan ontvang en nog steeds hemel toe kan gaan, en nie verlore sal gaan nie. Wees tog baie versigtig om die merk van die dier te aanvaar is om van Christus af weg te gaan en by die Antichris aan te sluit. Met verkriklike gevolge. Die liggaam van Christus sal gesif word. Hy wat oorwin sal alles beerwe. En hulle die getroues het tot die dood toe hulle lewe nie lief gehad nie, en die merk van die Dier geweier.

Dan 11:33  En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.

2Th 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Deur berowing sal ons verloor wat ons besit, al wat ons oor het is Christus, sonder die merk kan ons nie koop of verkoop nie. Die waarheid is egter dat as jy die merk ontvang is jy verlore .

Die seuns van die verderf in die gemeentes vandag. Die Seuns van die Verderf sit vandag in elke gemeente, menigde keer in n leiers posisie waar hy alles in die gemeente met n ysterhand regeer, met n gedaante van Godsaligheid, hulle is ook baie naby betrokke by die geld sake van n gemeente wat hulle wil beheer. Hulle wil normaalweg die gemeente regeer, probeer almal oortuig van hulle Godsdienstigheid, is uit geslape en slu. ens.

Alhoewel die Seuns van die verderf deel is van die Antichris liggaam is hulle nie die Antichris self nie. Hulle sit in die liggaam van Christus, soos Judas Iscariot in die gemeente van Jesus Christus was in sy tyd. Hulle gesindheid is die selfde as die van Judas Iskariot en word daarom ook seuns van die verderf genoem. Hulle dra die selfde vrugte as hulle stam vader Judas Iskariot (Like father like son). Kom ons kyk meer noukeurig na hierdie Seuns van die verderf.

2Pe 2;1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring.

2Pe 2:2  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

Vandag verskyn hulle op tv, waar hulle die grootste twyfel saai en die grootste klop snert verkondig. Soms as Teoloe.

2Pe 2:3  en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.

Die Seuns van die Verderf het die wereld se gesintheid, maar sit as bekeerde mense in die liggaam van Christus.

Php 3:16  Maar wat ons reeds bereik het—laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees.

Php 3:17  Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.

Php 3:18  Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.

Php 3:19  Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

Want baie; n kooperatiewe liggaam van Seuns van die Verderf, waaroor Paulus dikwels gepraat het, hulle is vol van hul eie self, en is vyande van God. Seuns van die verderf in die gemeente vandag. Wat se Paulus van hulle.

2Th 2:5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

Hulle was Paulus se grootste probleem in die Gemeentes.

Jud 1:3  Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

Jud 1:4  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

Jud 1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.

Jud 1:7  soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.

Jud 1:8  Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.

Jud 1:10  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.

Jud 1:11  Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom.

Hulle sit tussen ons in die kerk. Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem.

Num 16:2  en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met twee honderd en vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volks vergadering, manne van naam.

Hulle beklee belangrike posisies in die kerk, in leierskap.

Num 16:3  En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?

M.A.W. wie het julle oor ons aangestel. Vra hulle vir Moses en Aaron.

Moses antwoord hulle.

Num 16:5  en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.

Num 16:6  Doen dit: Neem vir julle vuurpanne, Korag en sy hele bende, Num 16:7  en gooi daar môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van die HERE; dan sal die man wat die HERE uitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!

Die kinders van Levi was die leiers in die eerste kerk.

Num 16:9  Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,

Wat hulle voor aangestel was is nie genoeg nie. Hulle soek die belangrikste posisie.

Num 16:10  en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou—dat julle nou ook die priesteramp begeer?

Num 16:11  Daarom, jy en jou hele bende is  mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?

Hulle soek die vernaamste posisie. Die Priester amp.

Num 16:12  En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.

Kwaad stekers.

Num 16:13  Is dit nie genoeg dat jy ons uit ‘n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?

Num 16:14  Ook het jy ons nie gebring in ‘n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.

Num 16:15  Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.

Num 16:16  Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die HERE is, jy en hulle en Aäron.

Num 16:17  En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van die HERE elkeen sy vuurpan, twee honderd en vyftig vuurpanne, ook jy en Aäron elkeen sy vuurpan.

Num 16:18  Toe het hulle elkeen sy vuurpan geneem en daar vuur op gegooi en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en Aäron.

Num 16:19  En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering.

Num 16:20  En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:

Num 16:21  Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ‘n oomblik verteer.

Num 16:22  Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

Num 16:23  En die Here het met Moses gespreek en gesê:

Num 16:24  Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!

Num 16:26  Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.

Num 16:27  En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.

Num 16:28  Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:

Num 16:29  as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie.

Num 16:31  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,

Num 16:32  en die aarde het sy mond oop-gemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.

Num 16:33  So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.

Het gesterf net soos Judas Iscariot. Die eiende van Korag as die Stam Vader van die seuns van die verderf. In die ou Testament Wat se Dawid van hierdie Seuns van die Verderf.

Psa 55:13 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;

Psa 55:14 maar jy, ‘n man soos ek, my vriend en my vertroude!

Psa 55:15 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.

Het saam aanbid

Psa 55:16 Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.Boosheid heers in hulle tempel  (liggaam)

Psa 55:17 Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.

Psa 55:18 Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

Psa 55:19 Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my Menigtes teen my (Kooperatiewe liggaam)

Psa 55:20 God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.

Psa 55:21 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.

Veraaiers van Christus.(Ontvang die merk).

Psa 55:22 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.

n Baie goeie beskrywing van die seuns van die verderf,wat in die kerk sit loop met God se woord onder die arm en bedrieg sy mede broeders.

Die Seuns van die Verderf in die Kerk.

2Th 2:7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

Die Seuns van die Verderf(Apostate Christene) vorm deel van Babilon die hoer,en God wis hulle uit deur die Tien Konings.

Rev 17:16  En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.

Die tien Horings is tien Konings .

Al die Apostate Christene (Kerke ) wat van Christus af weg hoereer het. Hulle word dood gemaak sterf net soos Judas Iscariot, nadat hy ontbloot is. En die vervolging op die Dissipels gebeur het (Verdrukking) En net soos wat die sanhidren niks meer met Judas tedoen wou he nie, net so sal die Vals Profeet en (Die tien Konings) ook niks meer met die Seuns van die Verderf te doen wil he nie. En alle kerke en tempels met vuur verbrand. In hierdie tyd is die werklike liggaam van Christus afgeskei van die seuns van die verderf  die apostate christene hulle word dood gemaak deur die tien konings.

Rev 17:17  Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.

Rev 17:16  En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.

Maak hulle dood. Naak en verbrand hulle tempels (Geboue). Die seuns van die verderf vorm deel van die liggaam van die vrou ; die hoer van babilon. Lees die verborgenheid van Babilon die hoer die vrou; wat ek nie nou gaan behandel nie.

2Th 2:8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Rev 19:20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

Sodra die Seuns van die Verderf die wat tee hou uit die weg geruim is sal die dier demoon Apollion en die vals profeet (Die laaste Pous) deur die verskyning van Christus tot niet gemaak word. Hy die Antichris is die laaste wat tot niet gemaak word. Kom ons gaan aan.

Jud 1:17  Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,

Jud 1:18  dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.

Jud 1:19  Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.

1Ti 4:1  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

1Ti 4:2  deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,

Die Seuns van die verderf.

Hulle aanvaar elke nuwe lering wat in stryd is met God se woord. Dis ook hulle wat terwille van goeie naaste verhoudinge en vrede ander gelowe nie aanstoot gee nie en hulle  aanvaar , en selfs ook saam aanbid. Ek wil u waarsku moet niks tedoen he met ander gelowe nie, hy wat die seun het, het die lewe hy wat die seun nie het nie het nie die lewe nie. U naam kan uit die boek van die lewe verwyder word, wees liefde vol vriendelik wees ingetoe maar daar eiendig dit.

2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is

Baie antichriste n kooperatiewe liggaam van die seuns van die verderf. Almal buite Christus behoort aan die antichris.

1Jn 2:19  Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het, maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.

Sou hulle by ons gebly het, word uit ons midde verwyder. Eers moet die afval kom dan word hulle werke geopenbaar, en kan hulle self nie meer weg steek nie.

2TI 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

2Ti 3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

2Ti 3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

2Ti 3:4  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

2Ti 3:5  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

2Ti 3:7  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

Hulle betwyfel alles leer maar verstaan niks, betwyfel baie dinge in God se woord  en verwar mense. 

2Ti 3:8  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

Dit is hulle wat die mede broers besteel lieg en bedrieg pasop om met n seun van die verderf besigheid te doen hulle weet net hoe om jou sag te maak en te mislei, jy sal dit nooit van hom glo voordat dit te laat is nie.

2Ti 3:9  Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.

Ek hoop jy sal hulle nou herken.

2Ti 4:1  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:

2Ti 4:3  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

2Ti 4:4  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Hulle bring ook vreemde leerstellings in die kerk.

B.V. die toronto blessing, The gospel of Judas, the da vinci kode, die Jabes gebed, The prosperity preaching. Dus hulle wat die vrae vra is daar n Hemel , is daar n hel, is daar n Satan, betwyfel alles wat hulle nie in God se woord verstaan nie. Bly BY DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS,  niks anders nie. Enige iets anders is n ander evangelie.

Bly by die skrifte.

Gal 1:7  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

Bly by een Here een geloof een doop

Gal 1:9  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!

Wees waaksaam teen hierdie verleiers.

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Wat is die doel met die Seuns Van Die Verderf, dit is om die bruid ( Die liggaam) van Christus in die vlees te veraai, en haar te kruisig ( vervolg) Ook  in die verdrukking haar te laat dood maak, sodat sy meer as n oorwinnaar vlekloos sonder rimpel sonder vlek voor Christus kan staan. Sonder leerstelings as n oorwinnaar vir Christus.

Rev 19:8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

Rev 12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

En die ware liggaam (kerk) van Christus het die Antichris , die seuns van die Verderf en die hoer van Babilon oorwin.

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Die oordeel moet by die Huis van God begin en dit begin met die afval en as die Seuns van die Verderf geopenbaar is n kooperatiewe liggaam wat sit in die kerk die gemeente van Christus vandag. Wees waak saam dat jy nie saam gesleep word deur die leeringe van die Seuns van die Verderf nie, bly by Christus. Hulle staan altyd alles tee, leer maar kom nooit tot die kennis van die waarheid nie, het geen liefde nie, is harteloos, wreed, ongenaakbaar, en het geen gees nie, is verwand, kwaad stokers  voorstanders van party skappe saai tweedrag, verwoes God se werk en mense. Moenie deur hulle godsdienstigheid mislei word nie. As jy sulke mense ken skei jou van hulle af, wees waaksaam, gee ag op die gawe van onderskeiding.

Broeders luister na jou vrou as sy jou waarsku bly weg. Daarom die Evangelie is net Christus, niks anders nie bly in die geloof en liefde in Christus. Die Pous die leier gedurende die verdrukking is die finale seun van die verderf, met sy liggaam die seuns van die verderf in die kerk, wat sy wil doen en uitvoer.

Rev 19:20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

Die eiende van die seuns van die verderf.

Joh 17:12  Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren.  M.S.

Leave a comment