Rev 17;1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
Rev 17:2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
Rev 17:3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
Rev 17:4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;
Rev 17:5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
Rev 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Rev 17:7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.
Hierdie vrou is n metafoor en is nie regtig n vrou nie, die rede dat sy as n vrou beskryf word is omdat dit na godsdiens verwys wat altyd n vrou is enige godsdiens gee geboorte aan dissipels wat slegs n vrou kan doen, ook die liggaam van Christus is n vrou. Hierdie Openbaring is n misterie en ek gaan dit op die manier vir duidelik wat ek hoop verstaanbaar is. Sien n prent van die vrou; haar hoof is die vatikaanstad waar uit sy regeer en waar haar godsdienstige invloed en besluite vir die grootste christendom in die wereld geneem word. Haar een arm is die Christendom en die ander arm is alle ander gelowe op aarde die United religeouns of the world, niks is uit gesluit nie. Haar twee bene is alle godsdienstige geboue kerke, katedrale moskees tempels kloosters ens. Haar een voet is die dissipels van die apostate Christendom en die ander voet die dissipels van alle ander gelowe op aarde. Haar hande en vingers is die verskillende godsdienste. Haar hele liggaam van godsdiens is die grootstad nie net die vatikaanstad nie. Al die godsdienstige geboue in die hele wereld vorm haar stad daarom word dit die grootstad genoem met al die prag en praal wat in hulle gevind word.
Rev 17:18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
Al die rykdom in die vatikaanstad en moskees tempels kerke is in haar gevind. Die vrou se godsdiens sit op alle volke menigtes nasies en tale.
Rev 17:4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;
Rev 17:5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
Hierdie vrou is vir onderstel om die Christendom te verteenwoordig maar sy hoereer met alle ander gelowe en verteenwoordig hulle, sy is n groot gruwel. Die moeder van die hoere in die christendom en ander vals gelowe. Ek verduidelik verder.
Om die openbaring te verstaan moet jy kyk na die geestes dimensie waarin die vrou sit. As n gods-dienstige vrou met alle gelowe in die wereld onder haar beheer. Sy kom so ver terug as by Kain en Abel. Haar doel is om God se regte diensknegte te verlei en dood te maak. Met haar valse profete valse godsdienste en leerstellings. Sy haat die christene die heiliges die opregte getuies van Christus. Net soos wat die liggaam van Christus n vrou is Bekleed met die son, net so is sy ook n godsdienstige vrou wat ook alle valse gelowe onder haar beheer het asook die Apostate Christendom. Sy beinvloed (sit) ook saam met die Antichris. Die Verenigde Nasies nou in n regering van die federasie van die wereld die nuwe orde, en die Verenigde Gelowe Van Die Wereld. Daar is twee vroue in die wereld.”Die kerk” die vrou van Christus en die Hoer van Babilon van die wereld. Die een die waare kerk in die christendom; en die ander vals godsdienste en n apostate christendom met hulle eie leerstellings.
Die valse leraars van die Hoer en haar dissipels. Die Apostate Christene.
Mat 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie
Mat 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Mat 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
pasop vir die laaste pous n valse jesus wat wonders en tekens doen moontlik n valse christen moslem
2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
2Pe 2:10 en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,
2Pe 2:12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan
2Pe 2:13 en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;
Hulle sit in die liggaam van Christus.
2Pe 2:14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
Mat 23:23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
Mat 23:25 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
Mat 23:27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.
Haar volgelinge (dissipels) wat in die christendom sit. Die Apostate Christendom is vandag presies die selfde, het n gedaante van godsaligheid.
Mat 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
Mat 7:16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
Mat 7:17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
Luk 6:26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
Roofsugtige wolwe sal enige iets doen vir geld. Hulle vaders het net so gedoen. Die wedergeborenes word gewaarsku vir die dissipels van die hoer.
1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
Hulle verkondig valse Evangelies en nuwe leerstelings , en hardloop agter elke vreemde lering aan, hulle bly nie by Christus as die gekruisigde nie, en die enigste evangelie.Waar van Paulus ook se, ek wil niks anders onder julle weet nie, as Christus die gekruisigde, of as enige iemand n ander evangelie aan julle verkondig as Christus laat hom n ver-vloeking wees. Wat beteken die oordeel van sonde het op die persoon teruggekeer, hy het sy weder geboorte verloor. Haar nuwe leersteling in die wereld. Pasop vir die wat se dat alle gelowe reg is, en dit nie verkeerd is om saam te aanbid nie, dat dit maar net n verskillende manier van hulle godsdiens is om by God uit tekom.As jy sulke dinge doen gaan jy uitval en dit deur jou self. (Verlore Gaan). Wat het Christus met afgode of duiwel aanbidding te doen wees ernstig gewaarsku.
Die hoer van Babilon met haar leerstellings.
Rev 17:3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings
Die sewe koppe en tien horings is konings en hulle is die gesag liggaam in die nuwe wereld regering..
Godslasterlike name al die verskillende name van vals gelowe. Sy sit saam met die Verenigde Nasies (Die Dier). Die sewe koppe ( is die gsewe nasies) en die tien horings is tien konings wat later sal kom wat op die oomblik ook binne in die Verenigde Nasies is.
Rev 17:7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra. Lees die verborgenheid van die Antichris waar ek dit meer verduidelik.
Haar Apostate christendom.
Sy beklee haar met uitspattige rykdom, vol gruwels, en vertoon haar rykdom in haar kerke katedrale tempels ens. Sy verkondig vals leerstellings, en hoereer met valse gelowe.
Rev 17:18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
Hierdie stad is haar hoofstad die Vatikaanstad waar ook haar rykdom gesien kan word.
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
Die verborgenheid van die hoer is al die nasies in die hele wereld woon in haar geestelike gods-dienstige stad Babilon.Wat die aarde vul. Die verskillende godsdienste(gelowe) in alle lande is onder haar beheer, en is in haar geestelike stad. Ook die hele apostate christendom. Sy sit daarop. Van die begin af was haar geestelike stad daar, en het sy die natuurlike Israel deur godsdiens laat afdwaal van God na afgode toe deur haar dissipels. Sy haat die heiliges, die wat werklik aan Christus behoort, die het sy nog altyd laat dood maak, ook die ou profete in die ou testament.
Rev 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Sy sit ook vandag in die gemeentes van Christus sy liggaam (Die kerk). Haar dissipels is; Seuns van die verderf, valse broeders, en susters wat haar liggaam is en wie haar wil uitvoer. Baie van hulle sal mede broers skaamteloos uitbuit, en bedrieg, hulle kan goed voorgee en gebruik hulle Christen skap om ander te oortuig, is gewetenloos, en, geldgierig, adders wat die swakkes in Christus laat struikel, hulle is kinders van die vervloeking. Gewetenloos met n gedaante van christenskap. Lees die verborgenheid van die seuns van die verderf.
n Skadubeeld van die hoer, Christus noem haar Isebel haar dissipel wat n ander godsdiens verkondig.
Rev 2:20 Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet, waar sy vandag begin om christene aantemoedig deur haar predekers om ander vals gelowe te aanvaar en saam te aanbid.
Haar liggaam dissipels sit in die gemeentes, in die kerk van Christus. Daar is baie Isebels in die kerk. Valse christene , valse leeraars, valse profete, valse Apostels.
Rev 2:23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
En al die gemeentes sal weet. Aan die bogenoemde vers kan haar invloed duidelik gesien word. Sy sit in die gemeentes. Christus haat valse predekers met leerstelings, en godsdienstigheid. Moet nie saam gesleep word nie bly by Christus. Haar kinders sal dood gemaak word in die verdrukking. Die wat afwyk van die Evangelie wat aan ons oor gedra is. Kom ons kyk, waar kom sy vandaan, en haar ontstaan het die begin van n nuwe godsdiens op aarde.
Gen 10:8 Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees.
Toe Nimrod dood is het sy vrou Semiramis wat die afgod Asherah geword het, wat aanbid was in tempels swanger geraak, en sy het verklaar dat Nimrod die songod geword het. En hy is later Baal genoem. Semiramis het swanger geraak en sy het haar swangerskap as n maagdelike geboorte voorgegee van haar seun Tammuz wat toe gebore is. En hy was toe genoem: die seun van god: Die Babeloniers het almal hierdie valse vader, seun, en maagd aanbid. Met die verwarring by die toring van Babel wat God veroorsaak het is die nasies oor die hele wereld versprei. En sodoende is haar saad (Hierdie Valse leerstelling) ook die hele wereld vol versprei.
M.A.W. sy vul nou die hele wereld met haar valse leerstelings (saad) wat oorgedra is in al die geslagte wat nou woon in n geestelike stad genoem Babilon waarin sy alle godsdienste verenig het, Babilon die misterie. So is hierdie godsdienstige legende van Semiramis dan versprei oor die hele wereld na verskillende kulture toe, en geglo. Die goue kalf van Egipte (was n simbool) van die vader (Baal in die seun) Die Farao in Egipte was so genoem. Die tempel van die groot songod wat vandag ook in baie kerke in die wereld verskyn. Die seun met die son omring. Die Israeliete het met die goue kalf baal aanbid. Hulle was een oomblik by God, die volgende oomblik aanbid hulle die songod baal die Dier (Die kalf). Maar wat dit eiendelik dieper geestelik beteken. Het hulle die Antichris. Die Dier (Die kalf) aanbid En God het hulle laat sterf. Wat weer aanbid gaan word gedurende die verdrukking. Dit wat was sal weer wees.
Haar drie stede wat sigbaar was genoem. Babel, Babilon, Verborge Babilon. Altwee haar eerste stede het God klaar vernietig. Die laaste Stad Babilon word vernietig in die Verdrukking. Haar sigbare godsdiens stad die vatikaan kan verstaan word as haar siel, van waar sy heers en haar leerstellings versprei na die res van haar liggaam, met al haar dissipels in alle gelowe as haar vleeslike liggaam. Sy is dus in n sigbare stad vlees en in haar geestelike stad gees. Haar dissipels vorm deel van haar liggaam dwars oor die wereld in elke nasie volk stam en taal, die baie waters waarop sy sit. Dit is slegs die waare wedergebore volk van God wat in elke nasie volk stam en taal is wat nie aan haar behoort nie, wat behoort aan die heilige hemelse stad Jerusalem. God het haar eerste stad vernietig.
Gen 11:7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
Die toring van Babel. En hulle is oor die wereld versprei,en haar stad is vernietig. En so ook haar tweede stad Babilon van Nebukadneser waar alle gelowe saam aanvaar was. Kom ons kyk verder: Die verborgenheid van die hoer.
Net weer.
Rev 17:1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit.
Ons behandel die oordeel oor die wereld godsdiens later.
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
M.A.W. sy sit op alle nasies oor die hele wereld geestelik, die nasies woon ook in haar geestelike stad Babilon. In die nasies is haar dissipels wat haar liggaam uit maak van alle gelowe. Behalwe die wat aan God en Christus behoort.
Rev 17:5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
Let op, die aarde.
Kom ons kyk na skadubeelde van die hoer. Agap en Isébel is n skadubeeld van die dier. Agap versinnebeeld die antichris die Dier en Isébel is die profetes. (die hoer van Babilon) met haar valse profete en valse gelowe. Sy het die selfde gesindheid en geaartheid gehad as die hoer om GOD se kinders te vervolg en dood temaak. Herodes en Herodias, is nog n skadubeeld van die dier, en die hoer van Babilon, Herodias het Johannes die Doper laat onthoof. Met die toestemming van Herodes. Kom ons kyk na Elia as n profeet.
1Ki 18:13 Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van die HERE gedood het nie: dat ek van die profete van die HERE honderd man, vyftig by vyftig, in ‘n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
Wat weer sal gebeur wanneer die kerk vlug na die plek wat God voorberei het.
1Ki 18:19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.
1Ki 18:21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na!
Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
1Ki 18:22 Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.
1Ki 18:24 Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
1Ki 18:26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl,gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.
1Ki 18:36 En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.
1Ki 18:38 Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
God se volk wou weer van Hom af weggaan en die valse godsdiens van Baal aanbid. Mislei deur Isebel. In die eiendtyd word haar mag versterk. Sy het nog altyd op elke Koninkryk in die wereld gesit. Babilon, Egipte, Mede en Perse, Griekeland, Romeineryk, ens. Soos wat nou gebeur, Haar mag is nou versterk. Sy sit nou saam en word deur die Verenigde nasies aanvaar in die United Religions Of The World.
Die Antichris die Dier van die eiendtyd.
Rev 17:3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
Die sewe koppe is.
Rev 17:10 En hulle is sewe konings: (presidente)
Die sewe koppe is die Gsewe Lande binne in die Verenigde nasies wat haar dra en aanvaar die Verenigde Nasies. Die Verenigde Nasies sal verander na die nuwe wereld regering genoem The Federation of Earth gedurende die verdrukking en die godsdiens kant van die hoer na, The United Religions Of The World. En die laaste Pous as haar valse Profeet, en is haar mondstuk en hoof en word deur volke en nasies aanvaar as christus op aarde. En die tien horings.
Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
Die tien presidente is ook huidglik in die Verenigde Nasies en kom in die verdrukking na vore. Die United Nations (Verenigde Nasies ) versorg die United Religions Of The World. Die (Verenigde Godsdienste Van Die wereld) huidiglik adviseer die United Religions Of The World die Verenigde Nasies oor godsdienstige aspekte en vrede in die wereld. Ook deur Rome was haar mag versterk en alle godsdienste was beoefen. Die Romeinse keiser konstantyn het haar mag versterk en het die kerk (Die Christendom) en staat vir die eerste keer saamgevoeg en die Rooms katolieke kerk het sy ontstaan. Kom ons kyk waar is haar troon vandag in die hele wereld.
Die verborgenheid.
Geestelik is sy die stad Babilon wat die hele wereld vul, alle gelowe en geboue saam word die geestelike stad Babilon genoem. In die natuurlike realm het sy ook n stad haar troon van waar sy heers as koningin. Die Vatikaanstad n godsdiens stad(Babilon) met die pous as haar vals christus. Haar liggaam is haar dissipels in alle gelowe, soos wat ons die liggaam van Christus ook is, in alle nasies. Die verborgenheid van Babilon die hoer moet verstaan word dat sy uit drie kompenente bestaan; Geestelik is sy n stad wat die hele wereld vul, en sy het ook n Natuurlike stad Babilon, die vatikanstad wat verborge is van waar sy Heers en haar leerstelings versprei na haar geestelike stad wat die wereld vul. Sy het ook n vleeslike liggaam (dissipels en priesters) wat in die natuurlike, en geestelike realm in die stad Babilon woon. In ale gelowe in elke volk stam taal en nasie kry jy van haar dissipels en hulle vorm haar liggaam Bly net by my soos ons aan gaan sal u dit wel beter verstaan. Sy bestaan uit vlees die vatikanstad en gees alle rooms katolieke kerke in elke stad in die wereld en alle ander godsdienstige geboue’ en uiteiendelik die demokratiese wereld gods diens)( DIE UNITED RELIGIONS Of THE WORLD) saam met al haar kooperatiewe valse godsdiens leiers en profeet die Pous as (christus) haar mondstuk en apostate christene en alle valse gelowe se disipels as haar liggaam. Net soos wat Christus die hoof is en ons sy liggaam is, so is ons ook.Die Geestelike ( Heilige stad Jerusalem) net so het sy haar valse christus (die Pous as hoof oor die christendom en alle gelowe ) en is haar liggaam dan in alle gelowe in die nasies in die geestelike stad Babilon. Almal; behalwe die wat wedergebore is en aan die stad. Die Heilige Jerusalem Behoort. Aan Christus Jesus sy liggaam die kerk. Christus se kerk.
Sy het die liggaam van Christus verdeel in verskillende denominasies, wat mekaar nie kan verdra nie, en daar is geen eenheid onder hulle nie, elkeen het sy eie (koningkryk) (kerk) en leerstellings, en sy hou hulle so verdeeld teenoor mekaar. Deur die predekers. Paulus se hiervan: is Christus dan verdeeld, of kan die liggaam van Christus verdeel wees? Daar is slegs een Here, een geloof, een doop.
1Co 1:10 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
Dit is waarom daar n verdrukking moet kom, om weg te doen met die verdeeldheid. Aan die opregte christene (getuies) Ons behoort geen ander leerstelling te he nie, as Christus die gekruisigde in een Liggaam . Een Here, Een geloof , Een doop. En aan een stad te behoort die Heilige Stad Jerusalem . En absoluut niks anders by Christus by tevoeg nie. Kom ons kyk na hierdie hoer onthou sy is net n metafoor.
Rev 17:1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit.
Die oordeel oor die wereld godsdiens. The United Religiouns Of The World.
Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings (presidente) wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
Die vernietiging van die hoer van Babilon die wereld godsdiens en die vatikaanstad.
Rev 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.
Die tien Konings volbring God se woorde en vernietig die wereld godsdiens. Hulle sal haar natuurlike liggaam, die geestelike Vatikaanstad wat sigbaar is, waar haar troon is met vuur verbrand, en haar geestelike liggaam die stad Babilon wat die hele wereld vul in wie sy woon dood maak, deur die apostate kerke geboue en valse godsdiens tempels te verbrand en haar Apostate christendom en gods-dienstiges dood te maak. Deur die tien Konings. Moet nie sleg voel nie God woon nie in geboue wat met die hand gemaak is nie. Ons is sy tempel. Na die wederkoms van Christus is kerk geboue en tempels nie meer nodig nie. God neem wraak op haar en alle gelowe.
Rev 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.
Rev 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie, christene wat deur haar verlei is moet na God terug keer.
Let op die kerk is nog steeds hier op aarde in die verdrukking. Die oordeel oor die rooms katolieke kerk en die vatikaanstad in die selfde uur word alle godsdienstige tempels en katedraalle verwoes en verbrand.
Rev 18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
Rev 18:6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.
Rev 18:7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie
Rev 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
Rev 18:9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,
Rev 18:10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
Rev 18:11 En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,
Rev 18:14 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.
Rev 18:15 Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe en sê:
Rev 18:16 Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!
Rev 18:17 En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan
Rev 18:18 en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê: Watter stad is soos die groot stad?
Rev 18:19 want dit is in een uur verwoes!
Die tien horings die tien konings voer God se bevel uit en verbrand die Vatikanstad en elke godsdiens gebou op aarde, kerke is ook in gesluit ons het nie meer kerke nodig in God se koningkryk nie, die nasies sal in die nuwe tempel in Jerusalem kom aanbid.
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
Rev 17:18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
Rev 17:2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
Haar wyn is n ander vals christen evangelie, en n verdraaing van die woord van God, Haar leerstelings. En afgode diens, n vals godsdiens is haar wyn.Konings deur die euwe het haar heerskappy aanvaar, en het aan haar Die Rooms Katolieke Kerk belastings betaal, en almal gedood wat nie haar leerstelling aanvaar het nie, op brand stapels, hulle is onthoof gemartel en vermoor, deur haar dissipels, priesters biskoppe cardinale keisers en Konings. Hierdie 10 konings sal ,die natuurlike Babilon Die Vatikaanstad met vuur verbrand, haar vlees eet,en haar verlate maak en naak Haar verbrand saam met alle godsdiens geboue in die wereld. God oordeel die hoer in die vlees en gees.Net soos wat God die mens ook oordeel in die vlees en in die gees.
Rev 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
Rev 18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
Rev 18:9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,
Rev 18:10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
Selfs die kerk sal afdwaal.
2Ti 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
2Ti 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Alle gelowe is in haar ook die apostate Christendom, baie apostate christene openbaar haar gesindheid en geaartheid, in die vervolging van mede christene. En Regerings met n gedaante van godsaligheid hoereer met haar, alles word in n christelike gedaante gedoen, so aanvaar hulle ander gelowe terwille van vrede. En sien niks daarmee verkeerd nie. Die wyn wat hulle van haar drink is n vals godsdiens sy sal vernietig word.
Babilon die vrou.
Rev 17:3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
Die vrou sit op die dier (Die Antichris) met haar vals gelowe en godslasterlike name met sewe koppe en tien horings M.A.W. Die vrou sit op die Verenigde nasies, deur die Verenigde Gelowe Van Die Wereld, Die wereld raad van kerke vorm deel daarvan Die Sewe koppe is die G Sewe lande en die Tien horings is die Tien konings wat die wereld sal regeer in die eiendtyd wat alreeds binne in die Verenigde nasies is. Lees die verborgenheid van die Antichris wat ek nie nou gaan behandel nie.
Haar troon: DIE VATIKAANSTAD van waar sy ook oor die United Religiouns Of The World regeer.
Rev 18:7 Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie
Die verborge Babilon (Die Hoer) is die Vatikaanstad, in Rome wat op sewe berge le. Haar natuurlike stad (En ook haar siel) wat sigbaar is. Waar sy sit as Koningin en van waar haar besluite uitgevoer word. Sy regeer vandag vanuit die Apostate Christendom.Oor alle gelowe.
Rev 17:9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.
Dit is die eerste verborgenheid. Die Vatikaanstad met sy rykdom is haar troon, Dit is haar natuurlike stad wat sigbaar is, en gebou is op sewe berge. (heuwels) Met sy Apostate christendom, haar geestelike stad Babilon is egter nog groter en vul die hele wereld. Die tweede Verborgenheid. (Geestelik) Sit sy op die Sewe koppe en tien horings. Deur die United Religions Of The World. Van waar sy gesag uitoefen oor alle lande en nasies in haar geestelike stad Babilon in die wereld en van waar sy die een wereld geld stelsel sal implementeer en die merk van die dier, waarop almal gedood word wat nie die merk van die dier aanvaar nie, en die nuwe wereld godsdiens, wat die dier se beeld sal aanbid.Sy sal die heiliges en die getuies van Jesus laat dood maak soos altyd. Almal sal vervolg word wat nie deel van haar is nie. Nie deel is van die nuwe wereld godsdiens nie.
Die eientyd Pous.
Rev 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
Rev 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
Rev 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Die Vatikaanstad is die grootste Godsdiens stad in die wereld. Gaan na haar webwerf The Vatican city. Die stad het sy eie geld stelsel, banke en finansiele instellings en landerye waar wyn gemaak word hy is self onderhoudend, en betaal geen belasting nie. Die Pous word gesien as die grootste Godsdiens leier in die wereld en hy is onder haar beheer as haar ( christus) in die wereld, leiers kniel en gee eer aan hom, hy het n verhouding van God-saligheid met alle wereld leiers. Pous John Paul het die United Religions Of The World gestig in 2000, wat nou as die godsdiens liggaam van die United Nations optree. Om hulle te adviseer vir vrede op aarde.
DIE VATIKAANSTAD.
Haar uitspatige vertoon van rykdom en haar glorie, in die stad, beelde en skilder kuns goud marmer, diamante edelgesteentes die rykdom van die stad kan nie in geld bepaal word nie, en ook nie in van haar ander katedrale regoor die wereld nie. Derduisende christene besoek die stad jaarliks en moet betaal om in tegaan. Sy is die bewaker van alle christen relics. Alles gaan oor geld en n valse evangelie. ens Die stad het die meeste apostate christendom volgelinge in die wereld. Die Rooms Katolieke kerk.
Hierdie uitspattige vertoon van rykdom praag en praal van die apostate christendom met haar swierigheid in haar katedrale in die wereld en ook in die Vatikaanstad haar troon. Die rykdom wat ten koste van die eenvoud van geloof in Christus verkies word. Sy is vol gruwels (Vals evangelie) terwyl sy die christendom aanmoedig met vals predeking en beeld aanbidding (hoerery) om ook ander gelowe te aanvaar. Sy versprei altyd deur haar apostate christen predekers in die wereld leuens oor Christus en verdraai die Evangelie, sy probeur gedurig ongeloof saai, in die ware Evangelie. Dit is ook die selfde predekers wat die christendom met ander gelowe wil meng en vals predeking in die liggaam van Christus in bring. Dit is haar predekers wat alles bevraagteken in God se woord, en dit verdraai. Sy gebruik haar ander gelowe ook om Christene dood temaak. Almal wat nie deel van haar liggaam uit maak nie, haat sy en het sy nog altyd laat dood maak in haar geestelike stad Babilon. In die geskiedenis van die wereld. Die Rooms katolieke kerk het by beraming 100 miljoen Christene laat dood maak, almal wat nie haar leerstellings gevolg het nie reg oor die wereld.
Rev 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
Let op die aarde gedood is. Hierdie vrou het n gedaante van God-saligheid, terwyl sy met alle ander gelowe hoereer, in die jaar 2ooo het sy deur die Pous John Paul. Die United Religions Of The World gestig waarin alle gelowe opgeneem is. Sy praat dwallinge goed. En laat aborsie toe deur Regerings en vermoor die babas en bring deur haar christen predekers on-reinheid in die kerk die liggaam van Christus in en verdeeldheid. En Vals leerstellings wat niks met Christus te doen het nie.Die aanbidding van Jesus se moeder. Die hoer regeer deur die apostate christendom, Die Rooms katolieke kerk, en die griekse ortodokse kerk ( In Die Vatikaanstad) Haar troon.
Die twee stede op aarde.
Daar is net twee stede op aarde en albei is geestelik die stad Babilon —- En die Heilige Stad Jerusalem, waarin die ware heiliges van Christus eendag sal woon.Ongelukkig woon baie van die christendom binne in die stad Babilon, onder verskillende sektariese gelowe en name met elkeen sy eie koninkryk en geloof. Terwyl ons slegs een in Christus kan wees, een Geloof , een Here ,een Doop, een liggaam met net Christus as Koning die gekruisigde, niks anders nie. Die Babiloniese hoer het die liggaam van Christus verdeel, en vermeng die christendom nou ook met ander gelowe en die christendom aanvaar dit in die Verenigde gelowe van die wereld. Sy aanvaar die Apostate Christene maar nie die bloed gewaste wedergebore christene nie, die werklike getuies van Jesus. Die wat in Christus is. Sy het nog altyd die heiliges vervolg in haar geestelike stad, en laat dood maak van die begin af, selfs nog voor die Rooms Katolieke kerk. Die gods-dienstige vrou bestaan van die begin af. En het haar dissipel Kain gebruik om die regverdige Abel dood temaak oor godsdiens. Die waare kerk sal en mag nooit deel vorm van die verenigde godsdienste nie dit is n gruwel.
Heb 11:4 Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.
Mat 23:35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
Israel het nog nie bestaan in die tyd van Abel nie. Hulle Profete en Rabies was egter altyd gereed om deur die vrou gebruik te word, en het altyd God se ware profete vervolg en dood gemaak, hulle was deel van die hoer se liggaam haar dissipels, en hulle het soms haar valse godsdiens verkies en God verwerp. Daarom se Jesus hulle is verantwoodelik vir al die profete se bloed. Hulle vaders. As haar dissipels.
Rev 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
Rev 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Deur die geskiedenis het die Babiloniese hoer met ander godsdiens die werklike volgelinge van Christus vervolg en gedood. Pontuis pilates wat die dier verteenwoordig (die antichris) wou Christus nie dood maak nie, alhoewel hy die mag gehad het om Christus los te laat het hy dit nie gedoen nie.Die Jode (Die sanhedrin) Die Gods dienstiges van die Hoer, het Christus vervolg en aan die dier oorgelewer om hulle posisie en aansien te beskerm, en uiteindelik het hulle hom laat dood maak.
Mat 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Wat het haar predekers (dissipels) besluit.
Joh 11:48 As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.
Mar 14:55 En die owerpriesters en die hele Raad het getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en hulle het niks gevind nie;
Mar 15:1 En dadelik, vroeg in die môre, het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad ‘n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oor-gelewer.
Wat sal hulle in die eiendtyd se : As ons hierdie Jesus getuies los sal nog meer in hulle glo, hulle moet dood gemaak word.
Joh 19:6 En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.
Hierdie vrou wat godsdiens voorstel het die seuns van die verderf, haar dienaars In Die kerk van daardie tyd die sanhidren, is deur haar gebruik om Christus dood te maak. Lees die verborgenheid van die seuns van die verderf.
Kan u nou sien wie sy almal gebruik. Godsdienstiges is haar moordenaars en bedrieers alles in die naam van godsdiens.
Mar 15:15 En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.
Deur die eeue heen het die hoer godsdienstiges gebruik wat (onder) haar invloed was om die gelowiges te vermoor. Wat se Jesus van haar dienaars.
Mat 23:30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
Mat 23:31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
Mat 23:34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
Let op al die bloed wat vergiet is op aarde , nie net die wat vergiet is in Jerusalem nie, is in haar gevind.
Rev 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
Die Pousedom, die draak (satan) die dier demoon en die valse profeet die pous, wat alles deel is van die antichris en die nuwe godsdiens The United Religions Of The World.
Die twee horings, die christendom en die valse gelowe.
Hierdie hoer het godsdienstige gesag uit geoefen op al die Dier koningkryke dwars deur die geskiedenis van die wereld. Waar oorlog in die naam van godsdienste geveg word en onskuldige mense gedood word, selfs in die naam van God geveg is. The millennuim World Peace Summit at the United Nations from August 28-31; 2000 was to form a permanent council of the religious leaders from all religions, hulle website www.millenniumpeacesummit.org/: Wat deur die Pous John Paul geinisieer is.
The United Religions Of The World.
Rev 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Rev 19 :1En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan Here onse God!
Rev 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloedvan sy diens knegte op haar gewreek.
Rev 19:3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid.
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Sy het die Christendom laat hoereer, met valse leerstellings en afgode godsdiens. En elke kerk en godsdienstige tempel is afgebrand en verwoes. Die wat deur die verdrukking gegaan het by Christus gebly.
Rev 18:21 En een sterk engel het ‘n klip opgetel soos ‘n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ‘n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
Rev 17:5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
My liewe broer en suster ek het die Verborgenheid van die Hoer van Babilon geopenbaar. Dit is n Openbaring groter as wat die kerk ooit besef, en die hemel se blydskap as sy verwoes word is oorweldigend, ek hoop u verstaan nou haar verborgenheid dit is n misterie. Haar vals godsdiens) is baie groter as wat ons ooit besef en God sal dit oordeel. Moet nie met enige vals godsdiens betrokke raak nie. Ek het nie in diepte ingegaan in die gruwels van die Rooms Katolieke kerk nie , daar is uitstekende werk gedoen op die internet van haar, baie beter as wat ek so kon doen, daarom verwys ek u daarna. Sy het na beraming 100 miljoen christene dood gemaak laat kruisig, verbrand, onthoof, in olie gekook, gemartel, in gevangenis laat sterf, sonder klere in koue laat verkluim, hulle eiendom gekonviskeer, kinders weg geneem, en vermoor. Die woord van God weg gehou van die mense, en almal gedood wat dit self wou lees.
Soos altyd in liefde u broer geroep deur Christus.
Shorty van Vuuren M.S.
Baie belangrik
Die Vatikaanstad (Die Rooms Katolieke kerk) met sy gruwels, en ongeregtigheid is verstomend, en om hierdie hoer werklik te sien vir wat sy is moet u na die volgende gaan (Dit is ongelukkig in Engels)
Gaan in op google : soek Vatican and Babilon.
Gaan na whore off Babilon. click en maak oop.
Scroll na Baal vs the catholic God.
Scroll af tot by The Pope Proclaims to be Christs Vicar,
Click en maak oop words of the beast.
Scroll af en begin lees.
Of gaan na
http//www.remnandofgod.org/beastword.htm.