Satan Se Verminderde Krag En Beperkings

Isa 14:12  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! 

Isa 14:6  wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met ‘n agtervolging sonder verskoning.

Isa 14:9  Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.  

Isa 14:10  Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. 

Isa 14:11  Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking. 

Isa 14:7  Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel. 

Isa 14:8  Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die Líbanon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie. 

Isa 14:13  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 

Isa 14:14  Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! 

Isa 14:15  Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! 

Isa 14:16  Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? 

Isa 14:17  Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie? 

Eze 28:13  Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 

Eze 28:14  Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 

Eze 28:15  Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 

Eze 28:16  Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! 

Eze 28:17  Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings,(manseuns) dat hulle op jou neer kan sien. 

Eze 28:18  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

Satan en die val van die mens Adam.

Gen 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 

Gen 1:28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. 

Gen 2:8  Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.

Gen 2:18  Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.

Gen 2:19  En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

Gen 3:1  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? 

Gen 3:2  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, 

Gen 3:3  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. 

Gen 3:4  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; 

Gen 3:5  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. 

Gen 3:6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 

Gen 3:7  Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. 

Gen 3:17  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. 

Gen 3:23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is

God het die mens nie vergeet nie.

Psa 8:4  As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— 

Psa 8:5  wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 

Psa 8:6  U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. 

Psa 8:7  U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: 

Psa 8:8  skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, 

Psa 8:9  die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. 

Psa 8:10  o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!   

God het die mens aangestel oor die werk van Sy hande, as God se koning op Aarde, die mens was net onderhewig aan God en die wet van liefde. Satan het geen mag oor die skeping besit nie en ook nie oor die mens in Eden nie, Satan was slegs n bystander. Satan het die moontlikheid ingesien dat die skepping van God dit wat Hy die mens gegee het vir hom self kan verkry, as hy die mens sover kan kry om teen God te rebelleer. Hy was bewus van Adam se gesag, en dat hy die keuse besit om aan God gehoorsaam te wees of nie. Daarom het hy hom na die vrou gewend en haar oortuig om die vebode vrug te begeer.

Gen 3:6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 

Sonder n begeerte, is daar geen versoeking nie. Eva was mislei deur Satan, maar Adam was heeltemal bewus van die gevolge.

1Ti 2:14  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. 

Die oomblik wat Adam geeet het van die verbode vrug. het satan die god van hierdie wereld geword, op daardie oomblik het Satan die prins van die lug geword.

Eph 2:2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 

2Co 4:4  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie. 

Joh 14:30  Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.

Al die gesag en heerskapy wat God die mens gegee het, hy wettig oorgegee aan die duiwel. God is n regverdige God, en het die heerskappy en gesag herken wat die mens oorgegee het aan die duiwel. Alhoewel God magtiger is, sou Hy nie met geweld weer die Aardse Koningkryk terug kon neem nie dit sou onwettig wees.

Luk 4:5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 

Luk 4:6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 

Luk 4:7  As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. 

Luk 4:8  En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

Wanneer sal die heerskappy en gesag waarmee die Satan oor die skepping regeer op n eiende kom. Daar is nou n tyd verbonde daaraan en word deur die demonne herken.

Mat 8:29  En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig? 

Die mens het aan Satan die mag gegee, God het hom nooit krag of gesag gegee nie. Die mens wat die skepping aan Satan oorgegee het bevind hom nou in n hopelose en hulpelose posisie. Hy het beheer oor homself verloor en het n redder nodig. hy het geen beheer meer oor sy eiend bestemming nie. Wat se die woord

Psa 8:5  wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 

Heb 2:9  maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 

God het aan die tweede Adam die selfde  heerskappy gegee wat Hy aan die eerste Adam gegee het. Die bewys is Hy het gesag oor die elemente gehad en mag oor elke siekte.en die dood.

Mat 8:17  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. 

Joh 6:37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. 

Joh 6:38  Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. 

Joh 6:39  En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. 

Joh 6:40  En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Joh 6:41  Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het. 

Joh 6:42  En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal? 

Joh 6:43  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie. 

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Joh 6:45  Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. 

Joh 6:46  Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien. 

Joh 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. 

Joh 6:48  Ek is die brood van die lewe.

Jesus het alle mag ontvang om dit wat die mens oor homself gebring het te vernietig. Dit was Jesus se doel om die mag van Satan tebreek, en in die proses ook om die hele skepping vry temaak.die hele wereld wag daarvoor.

Rom 8:22  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 

Rom 8:23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Jesus het mag en gesag oor al die krag van die vyand verkry. Deur die reddings plan van God het die mens nou weer toegang verkry, na sy eiend bestemming en die ewigelewe. Adam se onderwerping aan Satan. Dit is n beperkte oorheersing,wat die mens oorgegee het aan Satan. Die Satan kan slegs binne in daardie beperking beweeg en doen, hy mag en kan nie buite dit beweeg nie, as hy dit sou doen beweeg hy in God se ruimte van Heerskappy in. God gee aan hom geen plek nie.,en daarom kan ons nie bokant ons kragte versoek word nie.

1Co 10:13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 

Satan kan nie bonatuurlike magte gebruik nie, enige versoeking moet binne die realm van die mens val. God het n plaasvervanger vir ons gegee in versoeking.

1Jn 4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. 

Php 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. 

God het vir ons n weg uit gegee uit versoeking.,die twee dinge die skuld van geloof, en die swaard van die gees.

Eph 6:16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie

Mar 16:18  slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. 

Daar is twee koninkryke op Aarde. Elke een besit sy eie weermag, daar is die Koningkryk van God, met Jesus as leidsman en daar is die koninkryk van die duisternis waar in Satan heers. God het die Satan oorwin deur Sy Seun Jesus Christus,, daardie oorwinnig is aan die weermag van God oorgegee die liggaam (kerk) van Jesus.christus.

1Pe 2:9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 

Dit is die verantwoordlikheid van daar die liggaam die kerk om die oorwinning te bevestig., elke christen in die liggaam  behoort die wapenrusting aan te trek wat gegee is, elkeen is veraanwoordelik om die oorwinning in sy eie lewe toe te pas, en ander tehelp om dit ook tedoen.

Eph 6:10  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 

Eph 6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 

Eph 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 

Eph 6:13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 

In oorlog ihet die weermag wat eerste aanval die voordeel, Jesus het die innisatief geneem toe Hy die vyand ontmoet het in die wildernis. Hy is ons oorwinning, ons het die voordeel verkry.

Rom 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 

Ons het die voordeel Satan is op die verdediging. Die wapenrusting van God beskerm my wanneer ek sy koninkryk binne gaan om sielle vir Jesus te wen. Dit weerstaan Satan se aanval.

Eph 6:16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 

Die skild van die geloof is onsigbaar en dit maak ons gedugtig., ons is n magtige weermag. Ons ken sy werke.

2Co 2:11  want ons is met sy planne nie onbekend nie. 

1Pe 5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 

1Pe 5:9  Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof,

Hy is net n groot geraas ,om bang temaak, hy is n verslane vyand wat God se volk probeur intimideer, hy soek die wat hom n plek sal gee in hulle lewens wat voor versoeking swig die wat die wet van liefde ignoreer.en vrees omhels. die,gebed en die woord verwaarloos.wat geen getuienis van die natuur geaardtheid en karakter van Jesus in hulle vlees vertoon nie. Die Satan kan nie oorwin oor die wat stand vastig is nie. hulle is waaksaam teen sonde en ongeregtigheid.

1Jn 5:18  Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.

Wanneer versoeking kom, weier die een wat God lief het en stap weg.

Jas 1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. 

Jas 1:13  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. 

Jas 1:14  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

Vir God om versoeking toe te laat , maak Hom n deel van die versoeking wat Hy nie sal doen nie. Die ander strategie van Satan is om te kom soos n engel van die lig.

2Co 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 

As hy so kom as n engel van die lig dan gebruik hy die skrifte om te bedrieg. Hy het ook diensknegye wat die woord valslik preek. Daar is ook die opregtes.

2Co 4:2  Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan. 

Die gelowige behoort te ondersoek in die skrif om seker te maak dat wat gepreek word korrek is.

Act 17:11  En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was

Die gelowige kan homself rein hou,as hy verstaan om die vyand niks  toe te laat in sy lewe nie.

 1Jn 5:18  Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie. 

As hy aangeval word gebruik hy die wapen rusting,,hy is ook nie alleen nie,en weet dat God hom nie bokant sy kragte sal laat versoek nie. God versoek niemand nie, en kan self nie versoek word nie.

Jas 1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. 

Jas 1:13  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. 

Die Satan kom ook soms, as n engel van die lig.

2Co 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 

2Co 11:15  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke. 

In hierdie manier gebruik hy die skrifte om te mislei, en bring leerstelligs in die kerk.,deur die wat hy gebruik omt die skrif te verdraai. Ons moet altyd die skrifte noukeurig ondersoek.

Act 17:11  hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. 

Die Satan is desperaat hy weet dat hy min tyd het om soveel mense as wat hy kan saam met hom tesleep.

Rev 12:12  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. 

Hy kan slegs aanval deur dit wat die mens aan hom gegee, hy sal weer probeur om dit wat die Seun van God vermag en bevry het terug te kry. Hy het nie God se permissie nodig om dit te mag doen nie, as God dit so gee sou Hy n deelgenoot word van die mens se val. God beveg hom deur die liggaam van Sy seun die kerk.Ons is die sout van die Aarde,sout vernietig bederflikheid.

Mat 5:13  Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. 

Ons is die lig van die wereld, lig verdryf die donkerde in  die lewens van mense so dat hulle vry kan kom., Mat 5:14  Julle is die lig van die wêreld. Die gelowige van God is een met die gees van Jesus             

1Co 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. 

Die bestanddeel van God woon in hom

Joh 14:20  In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. 

Die gelowige is n nuwe skepsel

2Co 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 

Hy het n volle deelgenoot geword van Jesus.

Eph 5:30  Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. 

Ons het van Hom ontvang al die krag en gesag oor die vyand, as deelgenoot van Sy liggaam. 

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. 

As n soldaat van God is ons volkome toegerus teen die Satan.

Eph 6:10  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 

Eph 6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Eph 6:16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

Die swaard van God die woord is so kragtig die vyand kan niks daarteen doen nie, hy vlug daarvan.

Jas 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Die gelowige van God regeer in hierdie lewe nou deur Jesus Christus.

Rom 5:17  Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, (Adam) veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Uit eiendelik word sterk.

Eph 6:10  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

Word sterk in die genade van God.

2Ti 2:1  Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is; 

Die duiwel se krag is beperk.Sy mag is verbreek deur die Here. Ons is saam met Hom om die werk van die duiwel teverbreek.

1Jn 3:8 Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek

Hoe verbreek ons dit.

Mat 10:7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 

Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 

Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M,S       

Leave a comment