Ons is nou deur burgerskap die stad, die hele Liggaam (kerk) van Christus verteenwoordig nou die Heiligestad Jerusalem al is hy nog nie hier nie.
DIE OU JERUSALEM IS NIE MEER DIE HEILIGE STAD NIE EN DIE NATUURLIKE ISRAEL IS NIE MEER HUIDIGLIK DIE UITVERKORE VOLK NIE.
Hierdie geslag van Israel is die verlore geslag en word slegs deur die bekofte aan Abraham beskerm, dat daar n stomp sal oorbly.
Gal 4:26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal
Sy sal ook genoem word die Here ons geregtigheid.
Heb 12:18 Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie wat met hande aangeraak kan word nie.
Heb 12:22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,
Hoe het ons by n berg gekom wat nie met hande aangeraak kan word nie, en by die stad van God die hemelse Jerusalem. Ons het daar gekom deur burgerskap verkry deur wedergeboorte. Die geestelike berg Sion is nou geestelik binne in die christen. Kom ons begin.
Wat ons moet verstaan is die ou Jerusalem is nie meer die heilige stad nie. Net soos wat die Jode; Die natuurlike Israel,nie meer die uitverkore; heilige; volk van God nou is nie. Jesus se vir hulle julle se dat julle die nageslag van Abraham is, maar ek se julle is nie die nageslag nie en het die satan as vader. Die liggaam van Christus is nou die uitverkore geslag en is die heilige volk.
1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
Ons is die Heilige volk; die Geestelike Israel, die liggaam van Christus, die bruid, die kerk ons is nou die Uitverkore geslag, en die natuurlike Israel die Jode is glad nie meer die Heilige volk nie en ook nie Jerusalem die ou stad nie, n stad word deur sy inwoners heilig of onheilig gemaak, dink aan Sodom en Gemorra.
Rom 2:28 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
Rom 2:29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Die nou afgedwaalde natuurlike Jerusalem, die Jode die Israeliete het eers alles gehad maar dit verloor.
Isa 1:21 Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars!
Isa 1:22 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.
Het nou n afvalige Godsdiens jou wyn is vervals met water. het die ware nuwe wyn Godsdiens verwerp.
Isa 1:23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoop-geskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.
Wat laat die kerk dink hulle Irael is nog die uitverkore volk. Wat Israel nou beskerm is die belofte dat daar n stomp sal wees en n nageslag van Abraham. Wat se Christus oor Israel.
Isa 1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
Isa 1:3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
Isa 1:4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
Tot vandag toe word Christus verwerp, hulle het agtertoe weggedraai.
Rom 9:27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
Rom 9:29 En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
Net die oorblyfsel sal gered word in die verdrukking,die wat Christus sal aanneem.Twee derdes van die Jode sal sterf net een derde sal oorbly die stomp na die verdrukking.
Zec 13:8 En in die ganse land, spreek die HERE—twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
Rom 10:20 En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
Het verskyn aan die heidene en n lig is uitgestuur na elke nasie volk stam en taal.
Rom 10:21 Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n onge-hoorsame en teësprekende volk.
Ek is lief vir die Jode, maar moet herken hulle is n hardkopige nasie. Maar dit is vir my ook onverstaanbaar dat die kerk altyd die Jode nou n plek gee wat hulle nie verdien nie.
Jesus se hartseer oor die verwerping van Jerusalem.
Mat 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
Mat 23:38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
M.A.W. Jerusalem (en die Jode) word deur God verlaat toe die voorhangsel in die tempel skeur het God die tempel verlaat. Jerusalem is in slawerny M.A.W. Sy behoort aan die wereld, en sy is huidiglik in sonde en het Christus verwerp, en word slegs deur die beloftes wat God aan Abraham, Isak en Jakop gemaak het beskerm. Vir een rede sodat dat daar in die eiendtyd n oorblyfsel sal wees. God het n verbond met Abraham Isak en Jakop gemaak en sal dit nie verbreek nie sodat daar n nageslag sal wees. Elke mens behoort of aan die een of aan die ander, of aan Christus, of aan die Antichris. Daar is nie n midde weg nie, slegs die een of die ander. Die wat Christus aangeneem het aan Christus, en die wat Christus nie aangeneem het nie, behoort aan die antichris. Daar bestaan nie iets soos n goeie mens nie, as jy wedergebore is uit God, is jy n nuwe skepsel en behoort jy aan God en Sy koninkryk anders behoord jy aan die wereld.
Die natuurlike Jerusalem is in slawerny.
Gal 4:22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
Gal 4:23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
Gal 4:24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;
Gal 4:25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.
Die Huidige Jerusalem is in slawerny. Wat beteken dat al die Joodse Israeliete wat Christus verwerp nou in slawerny is. Wat nou maak dat die huidige Jerusalem nie meer die heiligestad is nie. Wanneer sal die Joode dan terugkeer en hulle Mesiah weer aanneem. Dit gebeur eers in die verdrukking. Dit bring ons nou by, die Heilige stad die Jerusalem van God.
Gal 4:26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
Gal 4:27 Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. Sara was die eensame kon geen kinders baar nie tot met Isak.
Ons is Abraham se ster geslag.
Gal 4:28 Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;
Gal 4:29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
En sal ons ook in die eiendtyd vervolg.
Gal 4:31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.
Hagar staan vir die berg sinai wat kinders vir die slawerny baar , en sy kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is saam in slawerny. M.A.W. die huidige Jode is soos hagar kinders van die slawerny, wat beteken dat die teenwoordige Jerusalem nie meer die heilige stad is nie, en die Jode is ook nie meer die heilige volk Israel, die volk van God nie, maar is kinders van die slawerny met anderwoorde, en hulle is op die oomblik deur God verlaat, stad en volk. En is vas gevang in slawerny van sonde en het die Satan as vader.
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
Die Jode was uitgenooi en het die uitnodiging verwerp en ook die Seun (Christus)
Mat 22:1 En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
Mat 22:2 Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
Mat 22:3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
Mat 22:4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
Mat 22:5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.
Mat 22:6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
Mat 22:7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. God gebruik die Romein Titus en sy soldate om die stad en die tempel te verwoes.
Herhaalde kere het God die Natuurlike Israel uitgenooi na die bruilof maal van die lam, maar hulle wou nie kom nie, en het hulle ook Christus sy seun verwerp, en dood gemaak. Met die kruisiging het die voorhangsel in die Tempel geskeur en God het die Tempel en die Stad Jerusalem (Israel verlaat). Die stad Jerusalem is 70 jaar na Christus aan die brand gesteek en die tempel is beroof en afgebreek deur Titus die Romein. Slegs die ween muur van die tempel is vir hulle oor gelaat.
Mat 23:38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
Jerusalem is in slawerny M.A.W. Sy behoort aan die wereld, die antichris, en sy is huidiglik in sonde en het Christus verwerp. Sy is sonder God, en word slegs deur die beloftes wat God aan Abraham, Isak en Jakop gemaak het beskerm. En dat daar in die eiendtyd n oorblyfsel sal wees. Elke mens behoort of aan die een of aan die ander, of aan Christus, of aan die Antichris. Daar is nie n midde weg nie, jy kan slegs aan die een of die ander behoort. Die wat Christus aangeneem het aan Christus, en die wat Christus nie aangeneem het nie, behoort aan die antichris. Daar bestaan nie iets soos n goeie mens nie, as jy nie wedergebore is uit God nie, deur Christus aan te neem nie, behoord jy aan die antichris.
Die geestelike Israel die kerk.
1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk,‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
Soos ek gese het;Die Natuurlike Jerusalem is nou net n gewone stad, nie n Heilige stad nie, en word slegs met die beloftes aan Abraham, Isak en Jakop beskerm. By alles wat gese is God sal die Jode nie vir altyd verstoot nie in die tyd van rekonsiliasie wat in die verdrukking gebeur word die stad Jerusalem en die Jode weer herstel en vergewe.
Wie is nou die; Die Heilige Stad Jerusalem. Dit is die liggaam (die kerk) van Christus is die nuwe stad se inwoners; Die burgers van die stad verteenwoordig nou die Heilige stad Jerusalem hier op aarde.
Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. Die werklike stad word hier beskryf is so mooi soos n bruid.
Rev 21:9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
Die bruid en die stad is verbind aan mekaar die bruid verteenwoordig die stad en die stad verteenwoordig die bruid. Rugby spanne verteenwoordig hulle land en hulle land verteenwoordig sy rugby spelers.
Die stad is so mooi soos n bruid en die bruid verteenwoordig die stad.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Johannes het aanskou hoe die Heilige stad die nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal,wat ons later meer sal bevestig. Hoe bestaan die stad en wie is dit nou geestelik totdat die regte stad neerdaal.
En die stad is nou huidiglik nog geestelik en word nou al die Heilige Stad Jerusalem genoem, omdat ons n Heilige volk is maak dit die geestelike stad ook heilig. Ons word geestelik van bo af gered en kom dus van bo af waar ook die werklike Heilige Stad Jerusalem vandaan sal neerdaal. Die bruid ( en kerk) van Christus is nou hier op aarde en is die burgers van die hemelse stad die Geestelike Heilige stad Jerusalem.
Burgerskap verteenwoordig n stad. Die hele kooperatiewe liggaam en die bruid van Christus is burgers van die stad
Ons redding kom van bo af. Ons is dus van bo af wedergebore , en het geestelik van bo af burgerskap ontvang nou hierop aarde, as die bruid (en vrou) van Christus. Gebore uit water en gees, n nuwe skepsel. Ons behoort dus aan n ander koninkryk en aan n ander stad as die aardse Jerusalem, ons iverteenwoordig nou die Heilige stad Jerusalem en nie die aardse stad Jerusalem nie. God het hom verlaat EN WOON NOU in sy nuwe geestelike Heilige stad Jerusalem, in sy volk die liggaam van Christus en ons word nou genoem die HERE ONS GEREGTIGHEID en ook geestelik genoem die Heilige stad Jerusalem tot die regte stad neerdaal.
Die heilige stad Jerusalem.
Rev 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. Hierdie is n geestelike tempel en nie n hand gemaakte tempel nie die is verwoes en bestaan nie meer nie, God woon nie meer en het geen begeerte om weer in n hand gemaakte tempel te woon nie daarom het Hy seker gemaak die ou tempel kan nie weer opgerig word nie deur die Dome op die ou fondasie van die ou tempel te laat oprig. Dit is die Manseuns wat daarin en by die altaar geestelik aanbid wat getel word. En hulle getal is 144000. Ons is nou die tempel van God en as die tempel is die altaar ook binne in die Man Seuns, maar ook in die dissipels die liggaam (kerk) van Christus. Waar jy slegs by kan kom as jy in die gees wandel. In die leerstuk hoe om in die gees te wandel het ek dit verduidelik.
Die tempel is nou die volk van God waarin Hy woon.
Rev 11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.
Die geestelike tempel van God sal twee en veertig maande lank vervolg.
Die geestelike heilige stad die liggaam van Christus word vir twee en veertig maande in die verdrukking vertrap en moet nie getel word nie, want daar sal n groot afval kom.
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God.
Drie en n halwe jaar.
Die voorhof is die vlees ,die siel is die heiligeplek en die gees is die allerheiligste plek.
Die voorhof nie meet nie, dit is ongelukkig waar die meeste van God se kinders aanbid in die voorhof en hulle is n ontelbare groot skare, waarvan sommige sal verkoel en ander sal afval. Daarom word hulle nie getel nie en hulle sal die heilige stad die liggaam van Christus twee en veertig maande lank vertrap. Vir drie en n halwe jaar.
Rev 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie
Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Mat 24:10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
Dan 7:21 Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,
Dan 7:22 totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.
Dan 7:25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.
In sy hand oorgegee word vir drie en n halwe jaar 42 maande. Die Heilige stad is nog steeds hier op aarde en word vertrap (Daar bestaan nie n wegraping nie) Die Heilige stad Jerusalem word vertrap voor Christus se koms. In die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking. Die Antichris sal die heilige stad die gemeente vertrap vir drie en n halwe jaar. M.A.W. in die verdrukking word die bruid en kerk van Christus verdruk,vir drie en n halwe jaar, sy word aan die heidene oor gegee, wat die Antichris se liggaam is (Die aard bewoners).
Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Rev 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
My liewe broer en suster daar bestaan nie n gebeurtenis soos die wegraping nie. Lees die wegraping versus die verdrukking; wat ek nie nou gaan behandel nie.
Die regte Heilige stad Jerusalem daal neer.
Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal.
Rev 21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
Rev 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
Let op die tabernakel is by ons, daar is nie n tempel meer nie.
Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Rev 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
Die nuwe stad die Heilige Jerusalem plaas God op n hoe en verhewe berg en kan van ver gesien word. Ons as die burgers van die heiligestad daal daarin saam neer.
Rev 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
Rev 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Die bruilof en huwelik met die bruid het klaar plaas gevind. Die koningin bewoon nou die troon en die maagde is haar diens knegte.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Rev 21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
Rev 21:12 En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
Rev 21:13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
Rev 21:14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
Die ou en nuwe kerk word in die stad weerspieel.
Rev 21:15 En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
Rev 21:16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
Rev 21:17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.
Rev 21:18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
Rev 21:19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes.
Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
Rev 21:20 die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.
Rev 21:21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
Rev 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
Rev 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Rev 21:24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
Die nasies wat oorgebly het na die oorlog van Aramagedon.
Rev 21:25 En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;
Rev 21:26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
Rev 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Slegs die wat Christus aan geneem het.
Rev 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Elk steen fondament van die stad het n betekenis., ek verduidelik in engels.
1 eerste fondament; jaspis ;connects you to the spiritual world.
2 tweede fondament saffier; is a seeker after spiritual truth, associated with love and purity.
3 derde fondament ; chalcedoon; promotes brotherhood, assimilate new ideas and helps acceptance of new situations, enhancing listening skills and communecation, promotes clear and precise thought, encourages kindness, and willingness to learn new things, bestow streng and persistence.
4 vierde fondament smarag; is of inspiration and infinite patience, and successful love brings loyalty and unity and unconditional love.
5 vyfde fondament sardoniks; bringing lasting happiness and stability and purifies
6 sesde fondament sardius;?
7 sewende fondament;chrisoliet ?
8 agste fondament; beril teaches you how to do only that which you need to do, it aids in tuning into guidance as to what you should be doing, representing purity of being.
9 negende fondament topaas; promotes truth and forgiveness, sheds light on the path, brings about a trust in the universe that enables you to be, recharged spiritually, strenghen faith, consious attunement to the highest forces in the universe, it reminds you of your divine origins.
10 tiende fondament; christopraas; imparts a sense of being a part of the divine whole, induces deep meditative states promotes love of truth.
11 elfde fondament; hiasint; imparts self respect, eliminating feelings of guilt and inferiority and encourages service, supports in seeking new challenges.
12 twaalfde fondament; ametis; is extremely powerful and protective with high vibration, transmitting energy into love one of the most spiritual stones promoting love for the divine, giving insight into its true nature, and encourages selflessness and spiritual wisdom. It dispels anger rage fear and anxiety sadness and grief, support coming to terms with loss.
Die heilige stad Jerusalem.
Rev 22:1 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
Rev 22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
Daar sal geen siektes meer wees onder die nasies nie die blare van die boom genees alle siektes en sy vrugte skenk lewe aan die wat in die stad woon.
Rev 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.
Die 288000 manseuns vorm die nuwe wereld regering as konings oor die nasies, en sal van uit die ou Jerusalem regeer.
Rev 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
Rev 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid
Rev 22:6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.
Rev 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.
Rev 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
Rev 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
Rev 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Die boom se vrugte verskaf die ewige lewe.
Rev 22:15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
Die manseuns sal die nasies met n ystersepter regeer.
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer
Rev 22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Rev 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Rev 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
My broer en suster gaan u deel wees van hierdie wonderlike belofte. Die stad wat God vir ons voor berei het, Die Heilige Jerusalem.
Gal 4:26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Die bruid van Christus.
Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Rev 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Son 6:8 Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.
Son 6:9 Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:
Son 6:3 Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne—hy wat herder is onder die lelies.
Die uitverkore koningin van Christus.
Son 6:13 Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.
Daar is slegs sestig koninginne en nie almal is deel van die bruid nie en die bruid sal ook saam met Christus in die nuwe stad Jerusalem regeer, die bruid is bekleed met fyn rein linne terwyl die gaste bekleed is met wit klere.
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Rev 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
Rev 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Rev 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
God het my die bruid gewys toe ek sestien jaar ou was. Ek het geslaap toe ek wakker gemaak was, ek het opgestaan en na die deur van die buite kamer waar ek geslaap het geloop en hom oopgemaak. Toe ek buite toe opgekyk in die hemel, sien ek die vrou sy was asemrowend mooi. Haar gelyke bestaan nie op aarde in die vlees nie. Ek sal haar probeer beskryf, haar hare was soos goud soos die strale van n sons ondergang, sy het lang hare gehad, haar oe was groot en blou soos die blou van die see, soos die steen jaspis, haar oogwimpers was lank en swart, het boontoe op gekrul, dit het haar mooi groot oe vertoon haar wenkbroue was swart en het geglans , haar lippe was volmaak en was natuurlik rooi soos n granaat, haar gelaat was soos die maan as hy vol is. As sy haar oe geknip het, dan het jou hart amper gaan staan, sy het af na my gekyk met daardie blou oe en geglimlag . Sy is die mooiste wese wat ek nog ooit gesien het, ek het in die kamer terug gehardloop en vir haar deur n gleuf van die deur geloer, sy het na my bly kyk asof die deur nie bestaan nie ek was verstom, toe is sy weg, sy is in alle opsigte volmaak. Sy is verby beeldskoon. Ek het nie geweet wie sy was nie, eers baie later in my lewe het ek besef dit is die bruid die vrou van Christus . So verskriklik, ver-skriklik, mooi. Onbeskryflik mooi. As ek my oe toe maak dan sien ek haar nog steeds, n goddelike wese.
Ek maak klaar.
Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Rev 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Rev 21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
Rev 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Ja kom Here Jesus.
Amen
Soos altyd liefde in Christus
u broer Shorty van Vuuren. M. S.