Gesag Oor Demone

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Luk 10:17  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Luk 10:20  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

Deu 18:10  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,

Deu 18:11  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

Deu 18:12  Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel;

1Ti 4:1Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

1Ti 4:2  deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,

2Co 11:13  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

2Co 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

2Co 11:15  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Luk 13:11  En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.

Luk 13:12  En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.

Luk 13:13  En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.

2Co 11:13  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

2Co 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

2Co 11:15  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Luk 8:28  En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God?

Ek bid U, moet my nie pynig nie—

Luk 8:29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.

Luk 8:30  Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio—want baie duiwels het in hom ingevaar.

Luk 8:31  En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie.

Luk 8:32  En daar het ‘n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.

Luk 8:33  Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.

Luk 8:34  En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.

Luk 8:35  Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.

Num 21:8  Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang en sit dit op ‘n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.

Num 21:9  Toe het Moses ‘n koperslang gemaak en dit op ‘n paal gesit: en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.

Gen 3:1Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

Gen 3:2  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,

Gen 3:3  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.

Gen 3:4  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

Gen 3:5  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Ecc 10:11  As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie. 

Dit verwys na demone en nie werklike skerpioene en slange nie

SLANG DEMONE.

Wellus gierigheid, woede en biterheid, leuens alkohlisme n verslaafde,  egbreek, onheilig wees, kruppel, blind, doof en stom eptolepsie word veroorsaak deur slang demone.

Lust greed and anger bitterness lying, alcoholism, idolatry, and uncleaness, crippled, blind, dumb, deaf, epileptic.

SKERPION DEMONE.

VREES, DEPRESSIE, PARANOIS, BEKOMMERNIS, ANGSTIG, SELFMOORD, SKULDGEVOEL VERORDELING, DIEMANTIA, ALSHEIMERS, SELFSIGTIG .

FEAR, DEPRESSION, PARANOIA, WORRY, ANXIETY, SUICIDE, GUILT, CONDEMNATION, DEMENTIA, ALSHEIMERS, EMOSIAN

Mat 4:24  En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.

Mat 8:16  En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,

Mat 12:28  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Mat 12:43  En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.

Mat 12:44  Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.

Mat 12:45  Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

Mat 18:34  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

Mat 18:35  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.

1Ti 1:20  onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

Mar 1:31  Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.

Mar 1:32  En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.

Mar 1:33  En die hele stad het by die deur saamgekom.

Mar 1:34  En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

Mar 3:14  En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek

Mar 3:15  en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.

Mar 6:13  En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Luk 4:41  En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.

Luk 9:49  En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.

1Co 10:21  Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

1Co 10:21  Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

Rom 3:13  Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.

Act 16:16  En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.

Col 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Rev 12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

Rev 20:2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy  het  hom gebind duisend jaar lank,

Rev 20:3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.

Rev 20:7  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 

Rev 20:8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 

Rev 20:9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 

Rev 20:10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

Hulle wil die geliefde stad die hemelse Jerusalem inneem en oorvat die woonplek van die heiliges. Die oorlog van Aramegeddon is die oorlog tussen Christus en die antichris ,en die oorlog van Gog en Magogis die oorlog tussen God en Satan sy eiende sal met vuur wees.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty v Vuuren M. S 

Leave a comment