En Die Sewe Seels
Daar is Vier perde, Vier Winde, Vier Diere, Vier Engele.
Rev 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Rev 6:3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Rev 6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.
Rev 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
Rev 6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
Rev 6:7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
Rev 6:8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Wilde Diere van die aarde (despote, diktators, moordenaars)
Die vyfde seel.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Rev 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Rev 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Die sesde seel.
Rev 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
Rev 6:13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
Rev 6:14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
Rev 6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
Rev 6:17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Die Sewe seels.
Rev 5:1 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.
Rev 5:2 En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?
Rev 5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.
Rev 5:7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;
Rev 5:9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
Waarvoor die Perde ruiters los gemaak word. Hierdie is nie regte perde en ruiters nie, elke seel verteenwoordig n ruiter en sy perd en bring God se oordele tussen die nasies oor die hele wereld alle gebeure op aarde nou word deur n ruiter veroorsaak B.V. opstande, oorlog, wereld ekonomie in een storting ,hongersnoot, aardbewings, oorstromings, natuur elemente los gemaak ens. Die perde ruiters word los gemaak in die eiendtyd, hulle is nou alreeds los gemaak as n skadubeeld, en bring die wereld in beroering hulle kruis die wereld heen en weer. Ons is nou in die tyd van smarte en die weder oprigting van alle dinge.
Mat 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
Mat 24:8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
En uiteiendelik die laaste oordele van God op aarde in die verdrukking. Vir die vestiging van God en Christus se koningkryk op aarde. Die eerste seel word oop gemaak.
Die wit perde ruiter.
Rev 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Het n boog wat gesag beteken en nie pyle nie voer slegs geestelik oorlog, nie deur krag of geweld nie maar deur my gees. Die koms van die Manseuns n kooperatiewe liggaam van 144000 begin hulle bediening word as die seel oop gemaak word. Hierdie wit perd word nie deur Christus gery nie , maar deur die Man Seuns, die eiendtyd predekers gedurende die verdrukking, Christus ry n ander wit perd.
Die wit perd ruiter het niks tedoen met die antichris nie.
Wit is n hemelse kleur en staan vir vrede geregtigheid.
Rev 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
Die koms van die manseuns.
Mat 24:34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
Die Man Seuns word gebore uit die vrou bekleed met die son. Openb 12:5 Die Man Seuns is eerste, voor die verdrukking, het n boog. En n kroon is aan hulle gegee, en hulle het uit gegaan as oorwinnaars en om te oorwin. Die Man Seuns is eerste. En is volwasse in die geestelike liggaam en staan in die volle beeld van Christus en dra ook sy naam Jesus op die voorhoof., gebruik nie pyle nie, maar voer n geestelik oorlog en oorwin. En lewer hulle getuienis, aan die bruid en die liggaam van Christus en beskerm haar in die woestyn, waar hulle haar onderhou in die eerste drie en n halwe jaar gedurende die verdrukking. Die verskyning van die Manseuns kondig die oopmaak van die seels aan. Lees die verborgenheid van die Manseun Dawid en die manseun Jesus die 144000 eiendtyd verseelde predekers. wat geroep is en vir God en Christus en uit die aarde gekoop is, hulle is die eerste vrugte vir God en die Lam
Die tweede seel.
Die vuurrooi perd.
Die Antichris.
Rev 6:3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Rev 6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.
Hierdie perde ruiter neem die vrede op aarde weg, met wereld se gevolge, natuur verwoestings, opstande teen regerings, onluste, terorisme, verdeeldheid in regerings, oorlog, massa betogings, staatsgrepe, aardbewings orkane tsoenamies, siklone, vulkane, pessiektes, vlugtelinge die dood van baie mense (en n swaard is aan hom gegee). Die vrede is weg en die wereld wat ons eens geken het. Die vier winde het die groot see in beroering gebring (Die nasies van die wereld) deur die ruiter op sy vuurrooi perd en die ander ruiters. Elkeen van die vier winde (perde ruiters) wat die groot see in beroering gebring het, het laat elke dier koninkryk oorlog begin met mekaar die vrede is deur hom weggeneem, en hy begin n wereld heerskappy, met skrikwekende gevolge. Die vierde dier sal deur die vier winde presies optree soos die vorige drie koningkryke, Mede en Perse Griekeland en die Romeinse ryk en net soos die eerste drie diere is daar Oorlog, dood en verwoesting en die vrede van die aarde is weggeneem.
1Th 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Die skadubeeld van die vuurrooi perd beweeg vandag van land tot land as voorbeeld van dit wat kom net verskriklik erger. Die Antichris bring die dood en verwoesting in die sewe jaar van die verdrukking
Die derde seel.
Die swart perd.
Rev 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
Rev 6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
Hierdie perde ruiter bring, hongersnoot , en n wereld resessie, die ineenstorting van die wereld ekonomie, verminderde geld waarde, bankrotskap van maatskappye, werkloosheid, n Rantsoen koring en drie rantsoene gars vir n penning, prys stygings in die wereld, kos pryse skiet die hoogte in. Klimaat verandering bring groot skades, droogtes, en oorstromings en voedsel skaarste, hongersnoot, Het n skaal in sy hand en die nasies (volke) word ekonomies geweeg. Bring swaartye oor die wereld.
Kan jy nou verstaan hoekom God die manseuns gekoop en uitverkies het om die kerk te beskerm en te onder hou en die liggaam van Christus na veiligheid geneem na die plek wat God voorberei waar sy versorg word en gereinig word sonder rimpel sonder vlek en met die vroee en laat reen verseel word.
Daarom vlug en klim op die vliegtuie wat God sal voorsien. En die vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee om haar tevat na die plek wat God voorberei het
Aanders as jy nie vlug nie beland jy in die oordele van God en die dood kom van die vervolging.
Isa 24:2 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.
Klimaat verandering.
Isa 24:3 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.
Isa 24:4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
Isa 24:5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
Isa 24:6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Isa 24:7 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
Isa 24:8 Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!
Isa 24:9 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Isa 24:10 Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
Isa 24:11 Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.
Klimaat verandering, global warming.
2Ti 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
Die vierde seel,
Die vaalperd.
Rev 6:8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde. Die perde ruiter, is die dood self, en volg die vorige twee perde ruiters en besit mag om met oorlog dood te maak, en laat mense sterf deur hongersnoot , en pessiektes, oor n vierde deel van die aarde, die mense wat nie gesterf het deur die toedoen van die ander perde ruiters nie. En die mense word ook dood gemaak deur die wilde diere van die aarde. Deur Diktators despote, moordenaars, heersers. Hierdie perde ruiter volg op alles soenamies, aardbewings ,hongersnoot, pes siektes waar mense sterf. Die dood is n werklikheid en volg jou soos jou skaduwee.
Die vier perde word saam los gemaak, en kondig die aanbreek van die eiendtyd aan en dit wat hulle veroorsaak bring die groot see in beroering, M. A. W. Bring die wereld in beroering. En dwing die Federation Of Earth op die voorgrond om besluite namens die wereld te maak. Die dier se koningkryk het in plek gekom het dan neem die dier sy koningskap oor die wereld en hy sal oorlog voer en baie mense dood maak. Die Dier neem oor deur n verbond met baie (Nasies) in n Een Wereld Regering. Die Vier perde hardloop saam en al die gebeure, Bring die Dier tot by die verbond M.A.W. die verbond met al die nasies. Wat die begin van die verdrukking aankondig, n verbond vir sewe jaar.
Dan 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.
Hier is die verbond wat die Antichris (Die dier) sluit met baie vir sewe jaar (Een Week een dag een jaar) The Constitution for the federation of earth; Article XVII, Section B, calls for inplementing the World Constitution; in stages Section C, I says:
Hier is die Verbond (Let Op)
The first operative stage of World Government under this World Constitution shall be implemented when the World Constitution is ratified by a sufficient number of nations and/or people.
Dat alle nasies die Nuwe Wereld konstitusie aanvaar in n een Wereld Regering. Die verbond van die Dier met baie vir sewe jaar.
Die vyfde seel.
Die Manseuns se getuienis is op n eiende en hulle word dood gemaak.
Rev 12:1 En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;
Rev 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Rev 12:3 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
Rev 12:4 En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
Rev 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.
Die kerk word uit die gevaar geneem.
Geboorte van die 144000 manseuns n kooperatiewe liggaam lewer hulle getuienis en onderhou die vrou en beskerm haar in die verdrukking totdat hulle dood gemaak word. Die vrou die liggaam van Christus die kerk.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Rev 11:8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Rev 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Broeders n kooperatiewe liggaam van ManSeuns. Die Manseuns wat die vrou (die liggaam van Christus, en die bruid) onderhou in die woestyn, en haar onderrig van Christus haar bruidegom en haar die bruid onderig in haar getuienis. Die Man Seuns is onder die altaar waar hulle wag totdat die 144000 uit die twaalf stamme van Israel ook gedood is hulle almal voltalig is 288000 dood gemaak is. Lees die twee getuies wat ek nie nou gaan behandel nie.
Die sesde seel,
Die son en maan.
Rev 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
Let op die seste seel kondig die eiende aan net soos die sewende trompet en die sewende skaal. Dit kondig die wederkoms van Christus aan, Die duisternis op aarde gaan deur die lig verdryf word (Christus) die lig van die wereld wanneer hy verskyn.
Act 2:20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Isa 24:23 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
Kom ons begin.
Die vier winde.
Dan 7:1 In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.
Dan 7:2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;
Hierdie is n baie belangrike gebeurtenis: Die vier winde, het die nasies in beroering gebring. Groot see (water) verteenwoordig nasies volke stamme en talle, Groot see beteken die nasies is in beroering bring deur wereld gebeurtenise, natuur rampe, Wereld oproere, verwoestings, terrorisme, pessiektes, hongersnoot en oorlog tussen nasies.
Dan 7:3 en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.
Die vier diere.
Uit die nasies het vier diere te voorskyn gekom.
Dan 7:4 Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is.
Dan 7:5 En kyk, ‘n ander dier, ‘n tweede, het gelyk soos ‘n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis.
Derde dier.
Dan 7:6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n ander een soos ‘n luiperd, en dit het vier vlerke van ‘n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.
Hierdie drie diere was alreeds.
Die vierde dier.
Dan 7:7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.
Dan 7:8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek.
Hy ontwortel drie ander godsdienste.
Hierdie horing is die valse profeet die laaste Pous.
Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
Rev 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
Rev 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Die laaste pous moontlik n valse christen moslem
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters (see) wat jy gesien het, is volke en menigtes en nasies en tale.
Die Vierde dier (In die eiendtyd) Se onstaan begin uit die Verenigde Nasies Van Die Wereld, wat sal verander na n Een Wereld Regering. Ek maak dit makliker om te verstaan. Die eiendtyd dier wat uit die nasies te voorskyn gekom het ; Uit die see; ( water) Die Verenigde Nasies Van Die Wereld. The United Nations Of The World) En die ander horinkie, THE UNITED RELIGIONS OF THE WORLD. Die nuwe wereld godsdiens word saam die vierde dier. Die vierde dier is die Antichris,en sy koninkryk,is besig om nou in die wereld gevestig te word.Dit bestaan eers uit die Verenigde Nasies Van Die Wereld. Uit volke stamme tale en nasies wat uit die see gekom het die Verenigde nasies. Die hele wereld word in n een regering in gebring.
Dan 7:12 Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur.
Dit bestaan nou alreeds en word voltooi net voor die verdrukking, Die ander diere (Is al die nasies van nou). Alle nasies word die heerskappy ontneem en die hele wereld word uiteiendelik deur die (Antichris) regeer. WAT BEGIN WORD deur n verbond wat sal onstaan op sy tyd en uur vir sewe jaar. Lees die werkstuk die wegraping versus die verdrukking waar ek dit verduidelik. Wie kry nog n verlenging van lewe. Die nasies wat oorbly na die verdrukking. EN IN DIE DUISEND JARIGE VREDE TYDPERK INGAAN. Al die nasies van die wereld wat oorbly na die verdrukking se plae, se heerskappy word hulle ook ontneem , wanneer die duisend jarige vrederyk begin. Die Man Seuns THE FIRST FRUITS regeer dan die nasies, (In Die Wereld in God se Koningkryk.) en n verlenging van lewe is aan die volke gegee, totdat die duisend jaar ten eiende loop, Dan word die Satan los gemaak en sal al die nasies weer verlei, en hulle sal deur God in die laaste oorlog,van Gog En Maggog almal gedood word.
Rev 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
Rev 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
Rev 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
In hierdie oorlog is Christus nie betrokke nie, dit is God se oorlog teen die Satan. Dan is dit die eiende van die wereld en gaan ons na die Nuwe Aarde en n nuwe hemel.
Isa 24:19 Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.
Isa 24:20 Die aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en weer soos ‘n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.
Al die lande en volke huidiglik in die wereld is in die een liggaam opgeneem naamlik. Die Verenigde Nasies Van Die wereld en is nou die begin en oprigting van die vierde wereld koningkryk met die dier die antichris Apollion die demoon uit die afgrond as koning oor hierdie vierde wereld koningkryk van nou wat sal bestaan uit al die nasies uit die groot see en genoem sal word THE FEDERATION OF EARTH in n een wereld regering wat Christus met die plae en oorlog van Armageddon sal vernietig op die laaste dag gedurende die verdrukking.
Die werklike Antichris.
Rev 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Hierdie is n gevalle engel en nie n mens nie
Aan Daniel word die gesigte van die eiendtyd geopenbaar.
Dan 7:16 Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:
Dan 7:17 Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan;
Dan 7:19 Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koperkloue, wat verslind,vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het.
Hierdie Koninkryk is verskillend, omdat dit n een hele wereld koningkryk is, en n kooperatiewe liggaam is van al die nasies, wat saam regee in n regeringr en nie n enkel koningkryk met n koning soos die vorige drie nie. n Demokratiese ongeregtige goddelose wereld koninkryk van Satan THE FEDERATION OF EARTH. En sy Tien Konings, (presidente) Die tien Horings van die eiendtyd. En sy een wereld godsdiens, Die United Religions Of The World, die nuwe wereld godsdiens die een horing wat groot dinge spreek.
Dan 7:20 en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.
Die drie wat geval het is godsdienste wat nie die een wereld godsdiens aanvaar het nie
Die christendom en die Jodse geloof en n valse godsdiens.
Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings ( presidente) wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier die werklike antichris die dier uit die afgrond Apollion (Apollo)
Dan 7:24 En die tien horings—uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ‘n ander een sal ná hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.
Die wat die valse profeet nie aanvaar nie sal neer gewerp word. Die verdrukking begin. Die een horing wat op gekom het. Die Vals profeet,Die laaste Pous in die verdrukking en leier van die The United Religions Of The World is hierdie horing. Die United Religions of the world…Die dier uit die aarde. Die onsetende gruwel wanneer die christendom deel word van die vals Profeet.
Mat 24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees,
oplet—
VLUG EN VLUG VINNIG. klim op die vliegtuig wat jou sal neem na die plek wat God voorberei het
Rev 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.
Rev 12:14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.
KLIM OP DIE VLIEGTUIE WAT DIE WERELD BESKIKBAAR SAL MAAK EN VLUG.
Dan 7:21 Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,
Rev 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
Rev 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
Rev 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Die Verenigde gelowe van die wereld. Die ander een wat sal opstaan, wat nou op gestaan het en alreeds bestaan Die United Religions Of The World. Het opgestaan en is gestig in die jaar 2000 deur die pous John Paul. Die laaste pous in die verdrukking sal egter verskillend wees van die voriges. En is die leier in die verdrukking van die nuwe wereld godsdiens,TheUnited Religions Of The World.
Die laaste pous moontlik n valse christen moslem
Dan 7:25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.
Met anderwoorde in die laaste drie en n halwe jaar, in die verdrukking.
Dan 7:26 Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.
Hierdie is n hemelse gereg
Met die oorlog van Armageddon, en met God se oordele, wat deur die perde ruiters begin sal word oor die hele wereld sodra as die Manseuns The first fruits’ se bediening begin. Die drie vorige dier koninkryke wat al bestaan het en die eerste drie winde wat die groot see in beroering gebring het is verby.
Die eerste dier.
Dan 8:1 In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, ‘n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het. God openbaar aan Daniel die eiendtyd deur gesigte.
Dan 8:2 Ek het naamlik in die gesig gesien—terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.
Terwyl Daniel in sy bed is verkeer sy geestelike liggaam in die provinsie Elam by die Ulai rivier
Dan 8:3 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan ‘n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom.
Dan 8:4 Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.
Dan 8:8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.
Dan 8:9 En uit een van dié het ‘n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.
Dit het gekom tot by Israel
Al die diere ; Nasies van sy tyd. Koninkryke kon nie voor hom stand hou nie. Die gesig word aan Daniel geopenbaar sodat hy dit kan verstaan,die vier diere wat uit die see gekom het word verduidelik.
Dan 7:16 Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:
Dan 7:17 Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan;
Die Eerse Dier.
Dan 8:20 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.
Die Tweede Dier
Dan 8:5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar ‘n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het ‘n aansienlike horing tussen sy oë gehad.
Dan 8:6 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.
Dan 8:7 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.
Dan 8:21 En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.
Alexzander die Grote.
Die Derde Dier; Begin van die Romeinse Ryk, die vier horings.
Dan 8:8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na dievier windstreke van die hemel.
Na die afsterwe van Alexzander die Grote , het sy vier Generaals. Die vier Horings, sy koningkryk onder hulle verdeel, na die vier windstreke van die hemel, beteken hulle het oor die hele wereld regeer.
Uit Die tweede Dier. Alexzander se vier generaals. Die vier Horings uit een die begin van Die Roemeinse ryk.
Dan 8:22 En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het—vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.
Dan 8:9 En uit een van dié het ‘n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.
Met Alexzander se afsterwe is sy koningkryk onder sy vier generaals verdeel. En uit een van die onstaan die Roemeinse ryk en word die grootste Koningkryk.
Die derde dier.
Die koms van die Romeinse Ryk.
Dan 8:9 En uit een van dié het ‘n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.
Tot by die Pragtige land tot by, Israel en die stad Jerusalem,Waar Pontuis Pilates regeer het in Jesus se tyd oor Israel in die Romeinse Ryk. Vandag is die saad van die Romeinse ryk, in die Verenigde Nasies. En die United Religions sit saam met die vierde dier as sy spreek buis vir vrede in die wereld in die Verenigde nasies wat ook genoem word The peace summit.
Die vierde dier.
Die een sataniese wereld regering en een wereld godsdiens genoem. The Federation Of Earth and The United Religions Of The World en al die volke as die kooperatiewe liggaam van die Antichris. Soos wat ons die liggaam van Christus is.
Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Rev 13:1 En ek het op die sand van die see gaan staan. En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
Hierdie is n bose Godlosse wereld heerskappy wat God laster. Die sewe koppe is die sewe presidente van die G SEWE NASIES. En die tien Horings is die eiendtyd uitvoerende presidente (konings) van die een wereld regering. Die wereld is in tien dele opgedeel en elke een sal oor een tiende deel regeer. Die tweede dier in die een wereld regering die Pouse die valse profeet.
Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
Rev 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
Dan 8:10 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap
Christene sal die merk van die dier aanvaar en hulle sitplek in hemelse plekke verloor as sterre wat weer terug keer aarde toe en weer die aardse burgerskap opneem as deel van die antichris. Die United Religions Of The World sal die wereld godsdiens word. Sterre verteenwoordig , christene wat hulle sitplek in die hemel in Christus verloor het, en wat afvallig geword het en hulle plek verloor het. Het deel van die nuwe wereld godsdiens geword en saam aanbid. Al die wereld godsdienste in een liggaam het so groot geword.
Dan 8:11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.
Hierdie dier het so groot geword The United Religions Of The World dat dit die vors van die leer, naamlik Christus se voordurende offer hom ontneem word. (Word af geskaf, verbied). Sy bloed versoening die predeking van redding in sy naam, gestop word en mee weggedoen word, en strafbaar is met die dood, en sy Heilige woning. Naamlik, sy volk, sy liggaam (die kerk) die bruid, neergewerp word. Verdruk en gedood word in die ver-drukking deur die valse profeet.
Dan 8:12 En ‘n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.
Die versoen offer van Jesus word afgeskaf die ware Godsdiens word verbied. Die Christendom, aanvaar die Verenigde godsdienste Van Die Wereld en aanbid saam.
Dan 8:13 Toe hoor ek ‘n heilige spreek; en ‘n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur—van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid—sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?
Die leer is die liggaam van Christus sy kerk.
Dan 8:14 En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.
Ek verduidelik dit in die wegraping versus die verdrukking.
Dan 8:16 En ek het ‘n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!
Dan 8:19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.
Die Vierde dier se koms en die inwerkstelling van die een wereld regering.
Dan 8:23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
Eers as die goddelose van ons wereld nou die maat volgemaak het, kom die Vierde dier. Wat nou alreeds bestaan. Eers die Verenigde Nasies Van Die Wereld. Dan met n koning uit die afgrond n demoon Apollion wat ook oor die Romeinse ryk geheers het en aanbid was as Apollo.
Rev 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Hierdie is n gevalle engel
Dan 8:24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
Die vierde dier Apollion die Antichris met n Koop-eratiewe liggaam, Die verenigte nasies van die wereld word die krag en regering van die Dier. Met n wereld vredes weermag. Die dier wat uit die see uitgekom het, wat bestaan uit volke en nasies. Wat ook die volk van God sy heiliges sal vervolg. Sal sterk word, deur n kooperatiewe liggaam van nasies wat nou gevestig word wat sy regering sal wees in die nuwe wereld orde en vierde koningkryk. The Federation Of Earth en The United Religions Of The World kan ge google word die grondwet van die Federation Of Earth is die mees dinamiese konstutiese wat jy kan kry tensy jy van beter weet.
In die eiendtyd, die verdrukking een week = sewe jaar.
Die vierde dier Apollo wat die hele wereld sal regeer deur Die Verenigde Nasies Van Die Wereld. Sluit n verbond met al die nasies vir sewe jaar vir n een wereld regering, The Federation Of Earth met n wereld I.D. op die hand of voorhoof.
Dan 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou. en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde, en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.
Dan sal die gereg ook begin. Om die vierde dier te oordeel.
Dan 7:26 Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.
Dan 7:9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Dan 7:10 ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.
Die besluit van die gereg. Wat gebeur met hierdie vierde Dier.
Rev 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
Rev 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Dan 7:11 Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.
Sy liggaam aan verbranding oorgegee is die Vatikaanstad, die stad van die laaste Pous die valse profeet. En die United Religions Of The World, gedood en sy liggaam die Hoer van Babilon (Die rooms katolieke kerk) en goddelosse en Apostate christene, vals godsdienste se dissipels gedood is en kerke en tempels aan die verbranding deur vuur oorgegee is, kerke is nie meer nodig in die duisend jarige vrederyk nie. Babilon die groot stad verbrand is. Lees die hoer van babilon waar ek dit meer verduidelik. Die groot afval van christene in die verdrukking.
Rev 6:13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
Baie Christene wat hulle hemelse plek saam met Christus verloor, in die verdrukking, en die merk van die Dier aanvaar. Sterre verteenwoordig engele, en ook gelowiges.
2Th 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom.
Lees die Verborgenheid van die Seun van die Verderf. Wat ek nie nou gaan behandel nie.
Die vier engele.
Van die eiendtyd, bring ook God se oordele oor die wereld.
Rev 7:1 En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
Rev 7:2 En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig.
Die eerste vier engele hou die vier winde vas hierdie vier engele beskadig die aarde en see. En aan die ander vier engele is gese.
Rev 7:3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
Rev 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
Israel kom eers tot bekering in die verdrukking feitlik op die eiende
Hierdie is Jode , n deel van die oorblyfsel, die stomp waaroor Jesaja geprofeteer het . Dit gebeur in die verdrukking.
Rom 9:27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word Jode wat Christus aan neem.
Die uitwerking van geen wind wat waai nie, geen reen nie , geen beweging van golwe nie, droogte en hongersnoot, ongelooflike hoe temperature, die natuur sterf, en die see lewe, die aarde verwelk.
Isa 24:4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
Isa 24:5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
Isa 24:6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Isa 24:7 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
Isa 24:8 Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!
Isa 24:9 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Isa 24:10 Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
Isa 24:11 Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.
Isa 24:12 Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan.
Isa 24:1 Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners
Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.
Isa 24:3 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.
Isa 24:17 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o bewoner van die aarde!
Bewoner van die aarde word so genoem omdat hulle God en Christus haat en verwerp, is nie wedergebore as n hemelse burger van bo af nie en behoort aan die aarde.
Isa 24:18 En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.
Rev 16:18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
Rev 9:13 En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,
Rev 9:14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
Rev 9:15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak.
In die oorlog van Armagedon.
Die wederkoms van Christus en ons vereniging met Hom gebeur net voor die oorlog wanneer ons soos Noag veilig is in die ark saam met Christus . Hierdie ander vier engele,maak n derde van die mense dood. Die vier perde ruiters, sluit aan by die oordele en plae. En het alles begin en God se raadsbesluit uitgevoer, alles is verby.
Rev 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Rev 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
Rev 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
Rev 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Amen
Altyd in liefde, u broer in Christus
Shorty van Vuuren. M.S. In Christus.