Ek wil begin met n gebeurtenis voordat ek by die lering van die Seun van die mens kom.
Gen 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
Gen 6:6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
Daar was n tydperk dat God sy rug op die mens gekeer het vir 400 jaar in die tydperk het God Hom self glad nie geopenbaar nie. Maar as n Vader en ook in God se geaartheid kon Hy daarmee nie voort gaan nie, en uiteiendelik het Sy liefde vir die mens Hom gedring om n plan te maak om die sondige mens te red. Daarom het God Sy voorneme bekend gemaak in n vergadering en die vraag gevra.
Christus verduidelik.
Isa 6:8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
In God se reddings plan vir die mens vra Hy wie sal ek stuur en wie sal vir ons gaan, toe antwoord Christus hier is ek stuur my hierdie is n parrelle verborgenheid.
Christus getuig van Hom self.
Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
Hy neem die stuur my weg en se Ek kom om U wil te doen o God. Hy is nou nog Christus en nog nie Jesus nie.
Hy verklaar verder.
Pro 8:22 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
Pro 8:23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.
Pro 8:24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;
Pro 8:25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;
Pro 8:26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.
Pro 8:27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;
Pro 8:28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;
Pro 8:29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het—
Pro 8:30 toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
Pro 8:31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
Christus as God se seun se stuur My en die belofte.
Psa 2:7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
Reg of verkeerd my verklaring. Gegenereer U het my herskep om my in die moederskoot in die liggaam van Maria my moeder te plaas.
Luk 1:30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
Luk 1:31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
Verder
Psa 2:8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
Psa 2:9 U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
Ek kom om U wil Te doen o God. Die liggaam wat God vir Christus voorberei het is die liggaam wat genoem word Jesus Christus.
Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Ons is geheilig deur die wil van Christus om te kom stuur my ek kom om die wil van God tedoen. In hierdie tydperk was hy Christus en nog nie Jesus nie. Eers na Sy geboorte as Jesus het hy die Seun van die mens geword.
Goed kom ons begin.
Sy benamings is Christus, Jesus Christus, Seun van God. Seun van die mens. Eienaardig nerens in die woord het Hy ooit na Hom self verwys as Jesus nie. Maar altyd as die Seun van die mens. Die benaming van Seun van die mens verskyn 85 keer in die nuwe testament en een keer in die ou testament die getal waarde van Seuns van God is 14 die getal 85 = 13 +1 = 14 wat dit in die woord bevestig Seun van God en slegs een keer in die ou testament.
Dan 7:13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
Dan 7:14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Jesus het ook nooit na Homself op enige plek of deur Sy hele bediening na Homself verwys as Jesus nie, maar altyd na Homself as Die Seun van die mens. Kom ons kyk na n paar plekke waar hy oor Homself praat.
Joh 12:34 Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
Mat 13:37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
Mat 20:28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.
Mat 20:18 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel Nou.
Wat ek in hierdie leerstuk wil doen is om tewys dat ons redding gedoen is deur Jesus Christus as n gewone mens dit is en was die enigste manier hoe God sy plan in werking kon stel vir die redding van die mens.
Nou gaan ek julle bietjie skok luister mooi.
Hoe erg en vreeslik die kruisiging was dit was die bloed versoening en afhandeling van die wet en sonde die afhandeling van die oue en die begin van n nuwe. Maar die eiendelike redding van die mens het in die tuin van Getseman’e plaas gevind. Dit bring ons by die redding deur die Seun van die mens en die benaming Seun van Die mens.
Mar 14:32 Toe kom hulle in ‘n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid.
Mar 14:33 En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.
Mar 14:34 En Hy sê vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak.
Mar 14:35 En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan.
Mar 14:37 En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie?
Joh 12:27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
Met ander woorde vir hierdie uur het ek in die wereld gekom. Nerens anders was hy benoud en onsteld nie en het Hy sy dissipels saam gebring en gevra, help My bid saam met my ek is benoud tot die dood toe. Ek is ontsteld en bedroef waak saam met my. Julle sien hier is die openbaring die revelation hier is iets anders aan die gang in die tuin van Getsemane.
Die belangrikheid van die twee tuine Eden en Getseman’e.
Dit wat die Here in die tuin van Getse’man’e deur gemaak het begryp ons nie altyd nie. Dit was n stryd n oorlog teen Satan wat Jesus wou verhinder om sy verlossing vir die mens te bewerk stellig, die versoekings in die woestyn was niks in vergelyking met waardeur Hy in Getsemane geworstel het nie, dit was Satan se eientpoging om God se plan vir die mens te verongeluk. Vir Jesus as Seun van God was dit maklik in die woestyn maar hy kon ons verlossing nie as Seun van God bewerkstellig nie, Hy moes dit as Seun van die mens doen om die mens weer te kon red, Hy moes as n gewone mens dit bewerkstellig, niks anders as ek en jy nie , die Godheid en mens wees in een liggaam moes as mens oorwin om vir ons vergifnis by God te verkry. Dit was nie oor die kruis wat Jesus oor gewroeg of benoudwas nie, HY het geweet wat daar by die kruis vir Hom wag dat Hy gekruisig sou word en gedood sou word. Dit was sy vrees dat hy as n gewone mens die Seun van die mens in die tuin van Getsemane dalk kon faal. Hy moes net soos die mens wees. Adam wat sy keuse gemaak het in die versoeking wat die geestelike verwerp het en die natuurlike verkies het, die vlees met die verganklikheid waaruit Hy geskep is uit die stof van die aarde, waarin die mens verval het, in die selfde mens wees moes Hy ons weer herstel. Hy moes as n gewone mens ons weer terug bring na God. As seun van die mens en nie as Seun van God nie.
Bly by my ons gaan dit nog baie beter verstaan.
Kom ons kyk eers na die versoeking in die woestyn. In die versoeking in die woestyn kon Hy optree as die Seun van God, die satan wou hom in sy Godheid toets en probeur dat Hy daarin sal reageer en optree wat Hy nie kon doen nie en ook nie gedoen het nie en as Seun van God was Hy versoek in die woestyn met as U die Seun van God is se vir hierdie klippe om brood te word, As u die Seun van God is spring hier van die tempel se dak af HY kon die Satan slegs met skrif weerstaan. Sonder om Sy Godheid tegebruik.
Wat ons moet verstaan is dat daar twee versoekings was een as Seun van God en die ander versoeking as Seun van die mens. Hier is die openbaring alles wat gese of gedoen is in die tuin van Eden mag gebruik word in God se reddings plan vir die mens, niks anders mag gebruik word nie, dit sal die reddings plan laat faal en n dispuit veroorsaak in die redding van die mens. Adam het die mens laat val, in sy verhouding met God in sonde en in die dood in Siel gees en liggaam hy het ons laat val in volle ongeregtigheid.
In hierdie woorde van Jesus is n openbaring. Daarom se Jesus vir Johannes die doper –
Mat 3:15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
Om ons in die tuin van Getseman’e weer in volle geregtigheid te herstel in verhouding met God, Geregtigheid in siel geregtigheid in Gees en geregtigheid in die liggaam aldrie aspekte waarin die mens verval het. Maar kom ons kyk eers na die versoeking in die woestyn.
Die versoeking as Seun van God.
Waar Hy skrif kon gebruik of die woorde van God wat ook deur die Satan gebruik is in die tuin van Eden in die versoeking van Adam en Eva enige woorde van God is skrif met anderwoorde slegs God se woord. Wat ek hier probeur verduidelik is dat slegs dit wat in die versoeking gebruik is deur die Satan en deur Eva, nou deur die Seun van God gebruik kan Word, daarom het Hy die woorde van God gebruik (skrif) Die satan gebruik skrif of God se woorde.
Gen 3:1. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Jy sien dit wat God gese het is gebruik in die tuin. Jesus doen die selfde in die versoeking in die woestyn. Die satan wil he Hy moet buite daardie gebeure optree.
Luk 4:3 Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.
Luk 4:4 Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.
Luk 4:11 en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
Luk 4:12 En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
Jesus kan niks anders doen of spreek nie behalwe dit wat God gese het. Hy kan ook nie Sy mag as Seun van God in die versoeking gebruik teen die Satan nie, as Hy sou is die reddings plan van God tot niet Satan het geen bonatuurlike mag gebruik in die versoeking in die tuin van Eden nie alles wat daar gebeur het slegs dit is wat Hy mag gebruik.
Wat ek met hierdie leerstuk wil bereik is dat as Jesus as mens kan oorwin dan is daar vir ons ook niks ontmoontlik nie. AS mens het Adam ons laat val AS mens moet Jesus ons weer red dit is die enigste aanvaarbare manier vir God niks anders nie. Daarom die indentiteit Seun van die mens. Let op die Satan spreek Hom aan as die Seun van God en nie as Seun van die mens nie.
Ek verduidelik net weer.
In die val van die mens deur Adam het die Satan gese.
Gen 3:1 En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Die woorde wat God gebruik het is hier gebruik en gespreek. Die punt is wat God ookal gese het mag gebruik word is geregverdig omdat wat God gese het in die tuin van Eden, Sy woorde was in die versoeking as Seun van God doen hy ook die selfde daar staan geskrywe. Ongeag wat en waaroor God spreek.
Die twee tuine Eden en Getseman’e. Die val van die mens deur Adam was in die tuin van Eden. Die reding van die mens is ook in n tuin die keer in die tuin van Getsemane. Daar is n indentiese paralel getrek tussen die twee tuine. Dit is nou n ander oorlog wat verskil van die versoeking in die woestyn, die Satan begin God se plan snap, en besef dat God die mens weer wil red en terug bring. Daarom nou in die persoonlikheid as Seun van die mens. Ek verduidelik later meer.
Wat het in die tuin van Getseman’e gebeur.
Maar nou in die tuin van Getsemane het die konfrontasie tussen satan en die Seun van die Mens begin, en het die satan alreeds by Judas Iscariot begin. Hierdie is my eie verklaring van wat daar kon gebeur het, die oorlog in die siel gees en vleeslike liggaam van die Seun moes iets verskriklik gewees het, die gevalle mens in die hele wereld se toestand in siel gees en vleeslike liggaam moes nou in geheel weer tot God versoen word. Hy moes die swakheid van die mens, sy sondige geaartheid, sy sataniese natuur moes Hy weer herstel in verhouding met God.
Die moontlikheid van Satan se aanval kon ook die volgende gewees het. JY het nie nodig om hierdeur tegaan nie, ek sal jou alles gee hierdie selfde mense gaan jou doodmaak, hulle gaan jou verwerp. Jy gaan baie onder hulle ly alles vir niks. Satan se hele aanslag was om Jesus te verhinder om die mens se verlosser te word, en as Hy dit nie as gewone mens kon reg kry nie was alles tevergeefs, en kon Hy ons nie red nie. Die wroeging in Getsemane was nie as Seun van God nie, maar as Seun van die mens en was om een rede, om sy roeping as verlosser van die mens en wereld te vervul. Dit is eers as ons dit verstaan wat dit Hom gekos het en waardeur HY gegaan het om ons kinders van God temaak in Getsemane verstaan ons Sy wroeging. Dit het Sy wil bewys om die mens te red in die tuin van getseman’e en om later finaal te triomfeer aan die kruis, die kruis se gevolg het Hy geweet die dood sou wees, tog nou as gevolg van die Seun van Die mens se lyding en oorwinning as mens gee Hy elke mens die geleentheid om met God te versoen en het God sy Seun se versoening aanvaar.
Dit is hierdie oorwinning wat die mens weer met God versoen het. Hy het die Satan en sy demone in die tuin van getseman’e gekonfronteer die verskriklike stryd en angs daar moes Hy alleen deur gaan daar was niemand wat kon help nie, en Hy moes dit as n gewone mens doen, n mens net soos ons waar deur ons ook soms gaan en moet oorwin. Daarom word HY die Seun van die mens genoem, ( en ontvang HY ook Koningskap as Seun van die mens.)
Dit het die Satan n uur gevat in die versoeking in die paradys om die mens te laat val e n dit sal Jesus n uur neem om ons tered in die tuin van Getseman’e. Die eerste oorwinning in die tuin van Getsemane. Twintig minute se oorlog tussen duisternis en lig tussen redding vir die mens en versoening of mislukking.
Mat 26:36 Toe kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.
Mat 26:37 En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedéüs Johannes en Jakobus saam en begin bedroef en benoud word.
Vir die eerste keer neem hy dissipels saam met Hom Hy is benoud en bedroef. Nou kan ons sy stryd as Seun van die mens begin verstaan as Hy se;
Joh 12:27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
Vir hierdir uur het ek in die wereld gekom. Hoe op aarde mis die kerk dit vir hierdie uur het ek gekom.
Mat 26:38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
Mat 26:39 En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
Hy wil hier uit kom as dit kan, maar ek kom om u wil te doen o God laat hom bid maar soos u wil Hy plaas hierdie oomblik in God se wil.
Mat 26:40 En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
Hy is nou alleen geen hulp van Bo of enige iemand nie gaan Hy dit maak. Nee die dissipels mag jou nie help nie geen hulp in die redding nie daarom laat God n diepe slaap op hulle val. As hulle so help sal die satan n dispuit verklaar, daar was geen hulp vir Adam of Eva in die tuin nie. Die eerste twintig minute in die tuin die herstel in geregtigheid en redding van die mens se siel. Weer terug nog twintig minute se oorlog vir die tweede oorwinning. Al gewonder hoekom hy drie maal terug keer.
Mat 26:42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
Mat 26:43 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.
HY is amper daar kon die aanvalle van die Satan en sy demone mag weerstaan hierdie oorlog is onbeskryflik die Satan het skielik besef dat hy sy Heerskappy gaan verloor oor die mens en die wereld ek kan Hom sien skree vir sy demone keer Hom Keer Hom Ons gaan alles verloor nou vir die eerste keer sien hy God se reddings plan vir die mens, die wereld en die mens word uit sy hande geneem hy gaan alles verloor. Die herstel in geregtigheid van die gees van die mens in sy verhouding met God. Hy gaan weer terug. Nog net twintig minute dan is dit verby dit is nou of nooit.
Mat 26:44 En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
Luk 22:44 En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
Luk 22:42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!
Jesus was half vrees bevange die stryd en aanval was bokant ons begrip alles was nou op die spel die totalle verlosings plan van God vir die mens was nou in die weegskaal as Hy hierdie toets so faal is alles verby. Die Satan se aanval was medeloos hierdie oomblik sou die oorwinning vir hom wees en die mensdom verlore. Jesus se oorwinning was in hierdie woorde Vader nogtans nie my wil nie maar U wil.
Isa 59:16 En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.
Luk 22:45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
Daar is geen hulp van enige iemand nie as die dissipels sou help kon dit die reddings plan verongeluk. Hy het dit gedoen die onmoontlike reg gekry die verlore mens weer versoen en herstel in die vlees en in verhouding met God. Die vervalle mens is weer herstel halleluja ons is weer terug Hy het ons gered en versoen met God. Tenvolle weer herstel in die vlees in geregtigheid. And I love Him so.
Hierdie was God se plan Adam laat die mens val en bring die skeiding tussen die mens en God. Die tweede Adam die mens bring ons weer terug en herstel ons weer in God. Deur n mens verloor weer deur n mens vir God terug gekry en herstel. Hy was drie keer in hierdie verskriklike oorlog om alle geregtigheid te herstel en te vervul. Om die mens in al drie departemente van sy mens wees te red, terug tebring in alle geregtigheid in die gees alle geregtigheid in die siel en alle geregtigheid in die vlees. Om die mens weer volkome voor God te plaas. Drie keer in die oorlog vir hierdie uur het hy in die wereld gekom.
Wanneer die keuse aan my gestel word om Jesus aan teneem gaan ek vir n klein oomblik deur hierdie stryd in my gemoed en moet ek n keuse maak, en kies, baie kan dan nie die stryd oorwin nie, en maak dan nie n keuse nie en bly verlore. Jesus het nooit na Hom self verwys as Jesus nie ,maar altyd as die Seun van die mens. Sommige skrifte waarna Hy Homself verwys as seun van die mens.
Mat 17:12 maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.
As Seun van die mens en nie as Seun van God nie.
Mat 17:22 En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense;
Mat 17:23 en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.
Mat 20:18 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel
Mat 20:19 en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.
Mar 9:31 Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.
Mar 9:32 En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.
Mar 10:33 Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene;
Mar 10:34 en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
Luk 9:22 En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
Luk 24:7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
Luk 24:8 En hulle het sy woorde onthou.
As Seun van die mens n gewonne mens die redding van die gevalle mensdom bewerk stellig. Toe die Heiligegees hierdie openbaring na my toe gebring het dit my sienning oor Jesus heeltemal verander ek het Hom liewer gekry Hom bewonder en was verstom hoe het hy dit reg gekry Hy is eerlik waar waardig om alles te ontvang die koningskap die heerskappy en uiteiendelik word alles in Hom in een Hoof verenig. Aan my is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Die versoening en verlossing van Die Seun van die mens.
Col 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
Die Satan en al sy duistere magte het die oorlog verloor. God het die Seun van die mens se versoening aanvaar as gewone mens het Hy ons nou gered. Die redding van die mens was af gehandel in die tuin van Getseman’e. Die kruis was die finalle triomf vir die Seun van God, dit was nie net n bewys dat Hy getriomfeer het nie , maar dat hy getriomfeer het om die mens te verlos as Die Seun van die mens die gevolg van die seun se lyding het elke mens n weg van toegang verkry tot in die teenwoordigheid van God. Adam het as mens alles verloor en sonde en die dood gebring. Jesus het as die seun van die mens die sonde oorwin en vir ons lewe en versoening gegee. Die volkome oorwinning was as n gewone mens om ons met God te kon versoen. Adam as mens het in die tuin van Eden die skeiding en die dood gebring . Jesus as mens het in die tuin van getsemane die versoening en die lewe terug gebring.
Mat 26:45 Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.
Mat 26:46 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
Mat 26:47 En terwyl Hy nog spreek, daar kom Judas, een van die twaalf, en saam met hom ‘n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk.
Mat 26:48 En sy verraaier het vir hulle ‘n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!
Mat 26:49 En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, Rabbi! en hy het Hom gesoen.
Al wat nou nog oorbly is die kruisiging wat die oue tot nuut sal maak en die nuwe in sal bring. Sy bloed versoening
Die kruisiging.
Jesus was nooit bang vir die kruisiging nie HY het geweet dit sal gebeur het ook nooit hulp gevra vir die kruisiging nie ook geen skrif gebruik of probeur daaruit kom nie.
Mat 27:31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
Mat 27:35 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
Hy het nou vir ons die weg voorberei.
Heb 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,
Jesus Christus het nou sy liggaam gegee as offer vir die sondes en ons ongeregtighede HY het ons sonde op Hom geneem.
Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.
Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus.
Daarom het Hy ons ook mede erfgename gemaak van God se koninkryk en het ons deur sy bloed vergifnis en toegang.
Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.
Act 13:38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
Act 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
Sy liefde vir die mens kan ons dit ooit begryp.
Eph 3:18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,
Eph 3:19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
Daar is dan niks wat ons kan skei van die liefde van Christus nie.
Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Heb 2:10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
Heb 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—
Heb 2:18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
1Pe 4:1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
Die redings plan van God deur Jesus die seun van die mens in die tuin van Getsemane , en Jesus die seun van God deur die kruis.
Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
Heb 12:3 Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.
Ek sluit af.
Rev 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
Ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat ons lief gehad het. Nou dat ons dit beter verstaan waar deur Hy gegaan het kan jy nie anders as om Hom nog liewer te kry nie. Jesus die Seun van God en ook die Seun van die mens.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.