Rev 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur,
Rev 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees,
Isa 28:9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
Isa 28:10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.
Sleutel 1
Dit wat was sal weer wees.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Ecc 1:10 Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
Hierdie is n baie belangrike sleutel om die boek Openbaring te verstaan. Wat gewees het sal weer wees, alles wat met die eerste dissipels gebeur het, die vervolging, en die uit storting van die Heiligegees, die predeking en getuienis van die evangelie hulle vlug na die woestyn, die wildernis dit alles sal weer net so gebeur in die eiendtyd. Die geboorte en koms van die Manseuns. Openb 12:1 Die uitstorting van die vroee en laat reens (Heiligegees) op n groter skaal as ooit vantevore , bo natuurlike kragte en wonderwerke in die sewe jaar van
verdrukking. Die kerk sal niks vry spring nie, alles wat bepaal is sal weer net so gebeur. Wat gewees het sal daar weer wees. Die lewe van die Apostels hulle vervolging en die van die eerste dissipels hulle berowing van eiendom en burgerskap is n skaduwee van dit wat aankom is.
Sleutel Twee
Isa 9:8 (9:7) Die HERE stuur ‘n woord in Jakob, en dit val in Israel;
God het n manier om van die ou testament te spring tot in ons tyd, hy doen dit menige keer deur die profete. Hy stuur n profetiese woord in die ou testament (Jakop) en dit val in die geestelike Israel. n Profesie vir die ou Israel, maar terselfde tyd vir die geestelike Israel , die liggaam van Christus. Die profeet Jesaja is ook n baie belangrike profeet vir die liggaam van Christus, hy profeteer die volgende.
Isa 65:1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
Vir ‘n nasie wat hom nie geken of gesoek het nie die heidene het Christus gese hier is ek.
Hy profeteer.
Jes 9:6 (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors spring God van Jesaja se tyd tot by die Romeinse se ryk. Met die geboorte van Christus.
Luk 2:11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
Jes 40:3 ‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God.
God spring van Jesaja af tot by Johannes die doper.
Mat 3:1 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa.
Mat 3:2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Vir die kerk.
Isa 43:21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
Isa 32:18 En my volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
Hierdie profesie spring van Jesaja tot in die eiendtyd.
Isa 4:3 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, dié sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem—
Gedurende die verdrukking die wat van die kerk Sion oorgebly en gespaar is, en die wat oorgebly en gespaar is in Jerusalem Israel, sal heilig genoem word almal wie se naam in die boek van die lewe geskrywe is.
Isa 4:4 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.
Die onreinheid van die kerk Sion afgewas het, en die bloedskulde van Jerusalem Israel weggespoel is deur die verdrukking en uitdelging deur die nasies die oorlog van Armaggedon die bloedskuld.
Hierdie is die bloedskuld wat nog vereffen sal word.
Mat 27:25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
Hierdie bloedskuld is al vereffen sewentig jaar na Christus deur Titus die Romein. Die ou kerk gedurende Jesus se bediening het dit alreeds betaal.
Luk 11:50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
Luk 11:51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
Jesaja profeteer hier vir die kerk wat sal gebeur gedurende die verdrukking.
Isa 4:5 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ‘n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees.
Isa 4:6 En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.
Hierdie profesie kom nog hulp van God aan die kerk in die wildenis gedurende die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking. Jesja spring van sy tyd vir die kerk se eientyd.
Jeremia profeteer
Jer 31:15 So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.
Ragel is die moeder van die twaalf stamme van Israel, en haar klein kinders word dood gemaak.
Mat 2:16 Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.
Hier spring God van Jeremia se tyd, na die geboorte van Christus toe. En ‘n geklaag en bitter geween, omdat Herodes al die seuntjies laat dood maak het. Ragel is die moeder van Israel, en dit is haar seuntjies wat dood gemaak word, daarom n bitter geween baie jare later toe sy en haar eie seuns nie meer geleef het nie, maar hulle afstammelinge in Jesus se tyd. Toe al die seuntjies dood gemaak was.Haar klein kinders.
Jer 30:24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Die verstiging van die Koningkryk deur Sy toorngloed oor die nasies. Die oordeel en redding in die verdrukking.
Sleutel twee is dan: Deur profesie spring God van die ou testament, deur die profete tot in ons tyd, die nuwe testament testament en eiendtyd gebeure. Wat ons moet verstaan is dat openbaring kennis op die selfde manier gebeur hier n bietjie daar n bietjie kennis gaan van skrif tot skrif .wat jy verstaan in Openbaring mag dalk reg lyk maar daar mag n heeltemal ander waarheid wees.
Jesus praat met die Apostels en se die volgende
Joh 16:16 ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.
Joh 16:17 Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?
Dan kom Hy met hierdie vreemde anwoord.
Joh 16:20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.
Hy spreek van die verdrukking deur die werelden dan.
Joh 16:21 ‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens in die wêreld gebore is.
Die engelse vertaling is beter.
Joh 16:21 A women when she is in travail hath sorrow, because her hour has come, but when she is delivered of the child, she remembereth no more the anguish, for the joy that a man is born in the world.
Joh 16:22 And ye therefore now have sorrow, but i will see you again, and your heart shall rejoice , and your joy no one taketh away from you
Jesus verkondig aan die Apostels n gebeurtenis in sy tyd wat eers n werklikheid word in die eientyd en vervul word net voor die begin van die verdrukking wanneer hierdie vrou geboorte gee aan die manseun in die eientyd.
Rev 12:1 En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;
Rev 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
Hierdie is die selfde vrou van wie Hy gepraat het , met die Apostels. wat vervul word in die eientyd.
Sleutel Drie
Die ou testament is die letter—En die nuwe testament is geestelik. Die ou verbond (test) is die fisiese gebeure B.V. Israel was in slawerny in Egipte fisies. In die nuwe verbond (testament ) was ons in slawerny in die wereld (Egipte) todat ons net soos Moses, deur Christus uit die wereld uit gelei is uit sonde en ons red (Geestelik). Met vergifnis van ons sonde. In die ou verbond word die hele volk gedoop in die Rooi see, toe hulle daar deur trek. In die nuwe verbond (test) word ons gedoop in die doodbad van die wedergeboorte; waaruit ons geestelik op staan in n nuwe skepsel. Gedoop in water. (Alles Geestelik) Die Jode het na die doop deur die rooi see die wildernis, woestyn in gegaan. Die liggaam van Christus, kerk Sy dissipels, gaan ook geestelik in die woestyn van hulle lewe in waar hulle God se wonders aanskou, en leer om God te ken en deur die Heiligegees gelei word. Waar versoekings en beproewings ons leer wat dit is om met God te wandel, en om te oorwin in ons daaglikse lewe.
Ons word ook na ons vuurdoop in die eientyd gebring en vlug na die wildernis.
Die Jode, die natuurlike Israel; het die manna ontvang (Brood) uit die hemel wat hulle elke dag moes optel in die woestyn. Die geestelike Israel (kerk) ontvang die brood van die lewe (Christus uit die hemel) Geestelik elke dag, wat die woord is waarvan ons ook lewe. n Wolk kolom het die Jode bedek bedags fisies. Ook bedek is ons verborge in Christus verborge in God geestelik. Die vuurkolom het hulle verlig snags Letterlik en ons word verlig deur die Heiligegees geestelik. Moses het water uit die rots laat kom fisies; geestelik is Christus die rots Die Water van die lewe vir ons. Ook vir die geestelike kerk sal hierdie gebeur in die wildernis.
Isa 4:5 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ‘n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees.
Feitlik alles wat ons aanbetref in die nuwe testament is geestelik.
Joh 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle self nie
Joh 6:60 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
Joh 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
Hulle het dit leterlik verstaan daar was n verborgenheid in dit wat Hy gese het. Ons doen dit geestelik met die nagmaal.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Die vlees letter maak dood, maar die gees gee lewe. Die letter in die ou testement het dood gemaak, in die nuwe testament, ons wat wedergebore is uit gees lewe.
2Co 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
1Co 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Alles wat in die ou testament gebeur het is leterlik, dit sal weer gebeur in die nuwe testament geestelik.
Sleutel drie is dan – Die ou testament is die letter, en die nuwe testament is geestelik.
Sleutel vier
Die ou testament is (die letter) wat bestaan uit n enkel stamvader, wat in ons tyd in die boek Openbaring en in die nuwe Testament n kooperatiewe liggaam is. B.V. Christus was die enkel saad in die ou Testament, in die nuwe Testament is ons n kooperatiewe liggaam sy gemeente. Wat Christene genoem word. Baie belangrik daar is niks in die nuwe Testament en in Openbaring wat nie n kooperatiewe liggaam is nie.
1Co 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
Belangrik die vaders in die ou testament se saad is n kooperatiewe liggaam in die nuwe testament. Wanneer God in die eindtyd praat van sekere geestelike karakters B.V. Manseun, Die Antichris, Seun van die verderf, Twee getuies, Die Hoer van Babilon het God die manier om kooperatiewe liggame van hierdie mense te noem by die name van hulle geestelike of vleeslike vaders. B.V B. God het Jakop se naam verander en Israel genoem en het voort gegaan en ook die geestelike geslag die liggaam van Christus. Die Geestelike Israel te noem in die nuwe testament (n Kooperatiewe liggaam). Individue word gebruik in die ou testament as tekens vir kooperatiewe liggame wat hulle later volg in ons tyd. In die nuwe testament. Abraham het ons vader van die geloof geword, eers as n enkel persoon in die ou testament, en sy saad is n kooperatiewe liggaam in die nuwe testament.
Rom 4:11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van (almal) wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
Let op almal n kooperatiewe liggaam deur geloof in die nuwe testament.
Rom 4:16 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal (geestelik)
Rom 4:17 soos geskrywe is: Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
Ons is dus almal nasate van Vader Abraham uit die geloof. (Enkel saad) n Kooperatiewe liggaam deur die geloof en is ons Geestelik die kooperatiewe liggaam van Christus. Uit geloof, die selfde geloof wat Abraham gehad het. Nageslag n kooperatiewe liggaam. In die nuwe testament en in openbaring.
Isa 7:14 Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.
Isa 8:18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het—tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.
Die kinders n kooperatiewe liggaam wat tot tekens en sinnebeelde is wat tot by ons kom in die eiendtyd. In die Nuwe testament. Hulle word genoem Manseuns of Manchild the sons of God en is 144000 gebore uit die vrou en 144000 kom uit die twaalf geslagte van israel.
Daar is twee geslagte in Die boek Openbaring.
Jer 33:25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,
Jer 33:26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Daar is die geslag van Jakop en die geslag van Dawid in die boek Openbaring.
Die geslag van Jakop Openbaring 7
Rev 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
Hulle is ook huidiglik die sand nageslag van Abraham.
Die geslag van Dawid uit die mense die heidenne Openbaring 14
Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Die berg Sion is n geestelike berg wat jy nie met hande kan aanraak nie.
Rev 14:3 En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is.
Rev 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Hulle is die ster geslag van Abraham en sal nie oor die geslag van Jakop regeer nie ,hulle sal saam regeer met Christus.
Sleutel vier is dan Die ou testament is die letter wat bestaan uit n enkele Stam vader, wat in ons tyd n kooperatiewe liggaam is.
Sleutel vyf
Karakters in hulle tyd ,verteenwoordig kooperatiewe liggame in die end tyd B.V.
Gen 9:1 En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
Gen 9:18 En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.
Gen 9:19 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
Uit die saad van een seun n kooperatiewe liggaam van baie (mense) n volk, nasies stamme en tale. Soos die kerk uit die saad van Christus n volk is vir God. Uit Christus n kooperatiewe liggaam Christene. Uiteiendelik word die nasies die liggaam van die Antichris sy mense.
Sleutel ses

Baie belangrik!
Die Evangelies verteenwoordig die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking en Die boek Handelinge die laaste drie en n halwe jaar, alles sal weer net so gebeur soos met hulle behalwe op n baie groter skaal in n kooperatiewe liggaam regoor die wereld in die nasies. Ons sal weer vir Jesus sien in die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking net soos die tyd van die evangelies. En in die laaste drie en n halwe jaar getuig die kerk soos in handelinge.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Sleutel ses is dan – Vaders in die evangelies, en Handelinge Wat wereld kooperatiewe liggame in die eiendtyd is.
Dit is die ses sleutels wat die Here my gegee het om die boek Openbaring te verstaan. My liewe broer en suster vriend; Hierdie is die sleutels as jy die boek Openbaring wil verstaan wat Christus my geleer het.
Rev 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
Rev 1:11 Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
Met anderwoorde na die liggaam van Christus, die sewe gemeentes na die Kerk toe.
Opsomming
Sleutel 1 -Dit wat was sal weer wees, en dit wat gebeur het sal weer gebeur.
Sleutel 2 -God spring menigdekeer deur profesie in die ou testament deur die profete tot in ons tyd tot vervulling in die nuwe testament.
Sleutel 3 – Die ou testament is die letter—-en die nuwe testament is geestelik.
Sleutel 4 – Die ou testament is die letter wat bestaan uit n enkel stam vader wat in ons tyd in die nuwe testament n kooperatiewe liggaam is.
Sleutel 5 -Karakters in hulle tyd verteenwoordig kooperatiewe liggame in ons tyd.
Sleutel 6 -Vaders in die Evangelies en Handelinge wat wereld kooperatiewe liggame in die eiendtyd vervulling is.
Ek sluit af wat is Openbaring kennis dan.
Isa 28:9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
Isa 28:10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.
Dit is die reel om Openbaring teverstaan van die een vers na n ander van die een hoofstuk na die ander totdat die hele verborgenheid geopenbaar is.
Rev 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die eiende.
Rev 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Rev 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Rev 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren. M.S.